Hou op kla oor jou ouers

2018-08-22
Spreuke 23:22 NLV

Jy leer nie hoe om ‘n ouer te wees by ‘n skool of kollege nie, jy leer dit soos jy aangaan. Jy maak baie foute, sommige wat jou laat ineenkrimp wanneer jy daarop terugkyk. Deur dit alles is jy egter lief vir jou kinders en wil jy net die beste vir hulle hê. Wat is die punt wat ons probeer maak? As jou ouers jou gefaal het, het jy heel waarskynlik wonde wat gesond gemaak moet word. God sê gelukkig vir ons, ‘…Ek is die Here wat julle gesond sal hou’ (Eksodus 15:26 NLV). Moenie in die gat van selfbejammering verval omdat jy die idee het dat jy uit ‘n ‘disfunksionele familie’ kom nie. Sommige families is beter as ander, maar almal van hulle het areas van disfunksie. Kyk terug en oorweeg jou ouers se omstandighede en die uitdagings wat hulle gehad het toe hulle jou grootgemaak het en miskien sal jy hulle foute met ‘n bietjie meer deernis kan sien. Hulle is mense, net soos jy; hulle maak foute, net soos jy. Niemand is perfek nie. Deur deernis aan hulle te bewys, sal dit vir jou makliker maak om deernis met jouself te hê wanneer jy foute met jou eie kinders maak. En – hierdie is belangrik – wanneer jou kinders sien dat jy genadig teenoor jou ouers optree, sal hulle ook makliker genade teenoor jou bewys. As jy dus nodig het om jou ouers te vergewe, doen dit vandag en beweeg aan. Moenie dit aanhou ophaal nie. Sal jy daarvan hou dat God jou aanhoudend aan al die sondes waarvoor Hy jou vergewe het herinner? Nie? Probeer dan om dieselfde genade en deernis te bewys. Bid ook vir hulle, want wanneer jy vir iemand bid is dit moeilik om oor hulle te kla!

Sielskos: 2 Kro 12-15; Luk 15:11-32; Ps 119:97-104; Spr 21:24-27

Wees sterk. Wees veerkragtig.

2018-08-21
Jesaja 54:2 NLV

Die Golden Gate brug in San Francisco kan tot 6 meter in enige rigting van sy middelpunt af beweeg. Al die parte, insluitende die sement ryvlak, staalrelings en dwarsbalke is aan mekaar gekonnekteer deur ‘n enorme kabelsisteem wat aan twee groot torings vasgemaak is, wat op hulle beurt weer aan ‘n rotsfondasie onder die Stille Oseaan vasgemaak is. Daar is twee Bybelse waarhede wat ons hieruit kan leer: 1) Jy moet sterk wees. Paulus skryf: ‘…As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly… Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie… Daar is ‘n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin… Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak, julle nie ‘n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie… Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees’ (Efesiërs 6:10-15 DB). 2) Jy moet veerkragtig wees! Die Golden Gate brug het al dekades van aardbewings oorleef omdat dit ontwerp is om te kan wieg. Dit is buigbaar en veerkragtig – soos jy ook moet wees. Paulus het geskryf: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (2 Korintiërs 4:8-9 NLV).

Sielskos: 2 Kro 8-11; Luk 15:1-10; Ps 119:89-96; Spr 21:20-23

Staan op vir Jesus

2018-08-20
Filippense 1:20 NLV

Meer as die helfte van alle Christene lewe nou in die Derde Wêreld, dikwels in anti-Christen omgewings. Meer Chinese neem deel aan Sondag lofprysing as al die Christene in Wes-Europa. Lebanon is 39 persent Christelik, Soedan, 5 persent; Egipte, omtrent 10 persent. Baie van hierdie mense lofprys die Here op eie risiko. Jy mag dalk een van hulle wees. Jy is dalk die enigste Christen by jou universiteit in Irak, of jy is ‘n Arabiese vrou wat gebede in stilte offer, of ‘n Messiaanse Jood wat in Jerusalem woon. Miskien lewe jy in ‘n samelewing met vryheid van geloof, maar binne ‘n gemeenskap van geestelike verdrukking. Familielede spot dalk jou geloof. Universiteitsprofessors verkleineer jou beginsels. Klasmaats lag vir jou besluite. Kollegas oefen druk op jou uit om jou integriteit te kompromiseer. As dit is waar jy jouself bevind, staan vir Jesus op! Paulus het hierdie woorde uit sy tronksel geskryf: ‘…ek weet dat deur julle voorbidding en die hulp van die Gees van Jesus Christus alles op my vrylating sal uitloop. Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is om te lewe, ‘n lewe vír Christus, en om te sterf selfs nog beter!’ (verse19-21 NLV). Soos die gesang lui: ‘Stand up, stand up for Jesus, ye soldiers of the cross. Lift high His royal banner, it must not suffer loss. From victory unto victory, His armies shall He lead. Till every foe is vanquished, and Christ is Lord indeed.’ Staan vandag vir Jesus op!

Sielskos: 2 Kro 5-7; Luk 14:25-35; Ps 119:81-88; Spr 21:17-19

Leer by die jong, ryk leier (2)

2018-08-19
Lukas 18:21 NLV

Die jong, ryk leier mag dalk as een van die mees godsdienstigste mense in die Skrif gesien word. Hy het al die gebooie nagekom. Jy kan egter niks verkeerd doen nie en steeds niks reg doen nie. Om geregtig te wees beteken, by definisie, om iets reg te doen. Ons het die betekenis daarvan egter verander as om niks verkeerd te doen nie. Ons fikseer op sondige dade: Moenie dit doen nie, moenie dat doen nie – dan doen jy goed. Dis egter jou sonde van dit wat jy nie doen nie – wat jy moes, kon of sou gedoen het – wat jou hemelse Vader se hart breek. As jy ‘n ouer is, sal jy dit verstaan. Jy is lief daarvoor wanneer jou kinders nie iets verkeerds doen nie, maar jy is liewer daarvoor wanneer hulle iets reg doen. Jy is gered om te dien! Paulus sê God het, ‘…ons só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe’ (Efesiërs 2:10 NLV). God het ‘n persoonlike plan vir jou lewe, genaamd ‘Sy Wil.’ Jy kan egter nie net niks verkeerd doen nie, jy moet ook iets reg doen. Jy kan nie net die reëls volg nie, jy is geroep om Jesus te volg. As jy jammer voel vir die jong, ryk leier, moet dit nie wees oor dit wat Jesus vir hom gevra het om op te offer nie, maar omdat hy die geleentheid om Jesus te volg, laat verbygaan het. Verbeel jouself jy sê nee vir ‘n drie-jaar internskap met jou Skepper! Wat Jesus hom gevra het om op te offer, was niks in vergelyking met wat Jesus hom aangebied het nie. Ongelukkig het hy nee gesê. Jy kan egter ja sê en begin om die wonderlikste lewe moontlik te lei.

Sielskos: Joh 4:4-26; Joh 7:37-41; Eks 17:1-7; Jes 35:1-7

Leer by die jong, ryk leier (1)

2018-08-18
Lukas 18:22 NLV

Lukas skryf: ‘Iemand uit die geledere van die geestelike leiers het aan Jesus gevra: ‘Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërf?’ Jesus het gereageer: ‘…Jy ken mos die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuienis aflê nie, en eer jou vader en jou moeder.’ Hy het geantwoord: ‘Al hierdie dinge het ek nagekom van kleins af.’ Toe Jesus dit hoor, het Hy vir die man gesê: ‘Tog is daar een ding wat by jou kortkom: Verkoop alles wat jy besit en gaan deel die opbrengs aan die armes uit, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan hierheen en word my dissipel.’ Toe hy dit hoor, het die man baie afgehaal gevoel, want hy was skatryk’ (verse 18-23 NLV). Hierdie man het ontdek dat ‘n klomp godsdienstige reëls nie die leegheid in jou siel kan vul nie; net ‘n verhouding met Christus kan dit doen. Tweedens het hy ontdek dat hy nie net ‘n rykdom besit het nie, maar dat sy rykdom hom besit het en hom daarvan weerhou het om Christus te volg. Hy het soveel potensiaal gehad. Hy kon sy hulpbronne, sy netwerk en sy energie vir God se koninkryk gebruik het, maar hy wou dit alles vir homself gehou het. Hierdie jong, ryk leier sou uiteindelik ‘n ou, ryk leier word. Tot die dag van sy dood sou hy Jesus se woorde onthou het: ‘…Kom… hierheen en word my dissipel…’ Jesus maak dieselfde aanbod aan jou. As jy nee sê, sal jy dit aan die einde van jou lewe berou. As jy ja sê, sal jy met vreugde en vlakke van seën wat jy nooit gedink het moontlik is nie, beloon word.

Sielskos: 2 Kro 1-4; Luk 14:15-24; Ps 119:73-80; Spr 21:14-16

Jy is onomkeerbaar in Christus geseën

2018-08-17
Numeri 23:20 NLV

Die Israeliete het die Beloofde Land verower en dit een stad en dorp op ‘n slag in besit geneem. Soos hulle Moab genader het, het een van die Moabitiese prinse genaamd Balak ‘n profeet met die naam Bileam gehuur om ‘n vloek oor die naderende Israelietiese nasie uit te spreek. Hulle het op ‘n berg gestaan wat oor Israel se kamp uitgekyk het en Balak het verwag dat vloeke uit Bileam se mond sou stroom. Daar het egter net seëninge uitgekom. Toe Balak vir Bileam bevraagteken, het hy geantwoord, ‘Ek het die opdrag gekry om te seën. Hy het geseën en ek kan dit nie omdraai nie. Hy het vir Jakob nie teëspoed in gedagte nie. Hy het nie moeilikheid in die vooruitsig vir Israel nie. Die Here sy God is by hom…’ (verse 20-21 NLV). Was dit omdat daar geen ongeregtigheid of boosheid tussen die Israeliete was nie? Nee. God het egter gekies om dit nie te sien nie, net soos Hy kies om nie jou foute en mislukkings raak te sien nie. Hy kies om jou ‘in Christus’ te sien, wie perfek is en wie se versoenende bloed al jou sondes, van die nuwe geboorte tot die nuwe Jerusalem, bedek. Wanneer die Israeliete elke aand kamp opgeslaan het, het hulle tente die vorm van ‘n groot kruis aangeneem, met die tente van agt van die stamme wat vertikaal geplaas is en vier stamme se tente wat horisontaal geplaas is. Dis hoe die Hemelse Vader jou as verloste kind sien. Hy kyk na jou – deur die kruis. Omdat die bloed van Jesus reeds vir elke sonde wat jy ooit sal pleeg betaal het, sien God jou as aanvaarbaar, geregtig en volmaak. Die woord vir jou vandag is dus: Omdat God jou in Christus sien, is jy onomkeerbaar geseënd.

Sielskos: 1 Kro 26:20-29:30; Luk 14:1-14; Ps 119:65-72; Spr 21:10-13