2024-05-31
Matteus 21:24 NLV
Jesus het dikwels ‘n vraag met nog ‘n vraag beantwoord. Toe Hy gevra is of mense belasting moet betaal, het Hy ‘n muntstuk geneem en gesê: ‘…Wie se kop en titel is hierop afgedruk?’ Hulle het Jesus geantwoord: ‘Die keiser s’n.’ ‘Wel,’ het Hy gesê, ‘gee dan aan die keiser wat hom toekom. Maar gee aan God alles wat Hóm toekom…’ (Markus 12:16-17 NLV).
Dit kom voor asof ons bang is om vrae te vra en om hulle te beantwoord. God sal egter veel eerder ‘n opregte vraag wat uit nederigheid gebore is as ‘n oneerlike gebed wat uit trots gebore is, ontvang. As ons nie oor werklike probleme wat mense in die gesig staar praat nie, gaan ons ons profetiese stem verloor. Wanneer mense ons vra: ‘Wie is God? Wie is ek? Wat is die ware doel van my lewe?’ sal hulle nie met maklike antwoorde of clichés wat ons langs die pad opgetel het, tevrede wees nie. God word nie deur sulke vrae geïntimideer nie.
Soos die ouer van ‘n nuuskierige kleuter, lag God partykeer vir ons vrae. Hy verwelkom dit egter altyd. Die kerk behoort die veilige spasie te wees waar mense gevaarlike vrae kan vra. Ons maak onsself egter dikwels skuldig daaraan om vrae te beantwoord wat niemand eers vra nie. Ons is veronderstel om die status quo uit te daag, maar ons is dikwels besig om dit te verdedig.
Wat as ons ophou om antwoorde af te dwing en leer om nuuskierigheid in ons kerke aan te moedig? Dis ons nuuskierigheid oor God wat ‘n onblusbare begeerte om Hom te ken, aanwakker. Kom ons hou dus aan om vrae te vra en moedig ander aan om dieselfde te doen.
Sielskos: Klaag 1:1-3:39; Mark 12:28-44; Ps 108; Spr 13:24-25
Matthew 21:24 NKJV
Jesus often answered a question with a question. When asked about paying taxes, He took a coin and said, “‘Whose image and inscription is this?’ They said to Him, ‘Caesar’s.’ And Jesus answered… ‘Render to Caesar the things that are Caesar’s, and to God the things that are God’s.’ And they marveled at Him” (Mark 12:16-17 NKJV).
It seems we’re afraid of asking questions, and afraid of answering them. But God would much rather receive a genuine question born of humility than a disingenuous prayer born out of pride. We have to keep it real with God, and with one another. If we aren’t talking about real problems people are facing, we are going to lose our prophetic voice. When people ask us, “Who is God? Who am I? What is the true purpose of my life?” they won’t be satisfied with easy answers or clichés we have picked up along the way. God isn’t intimidated by those questions. He loves them.
Like the parent of a curious toddler, God occasionally laughs at our questions. But He always welcomes them. The church ought to be a safe place where people can ask dangerous questions. But all too often we’re guilty of answering questions no one is even asking. We ought to be challenging the status quo, but all too often we’re guilty of defending it.
But what if? What if we stopped force-feeding answers and learned to unleash the primal curiosity in our churches? It’s our curiosity regarding God that fuels an insatiable desire to know Him. So, let’s keep asking questions, and encourage others to do the same.
Soul food: Lam 1:1-3:39; Mark 12:28-44; Ps 108; Prov 13:24-25
2024-05-30
Judges 6:14 NIV
The Bible says: “When the angel of the Lord appeared to Gideon, he said, ‘The Lord is with you, mighty warrior.’ ‘Pardon me, my lord,’ Gideon replied, ‘but if the Lord is with us, why has all this happened to us?’… The Lord turned to him and said, ‘Go in the strength you have and save Israel out of Midian’s hand. Am I not sending you?’ ‘Pardon me, my lord,’ Gideon replied, ‘but how can I save Israel? My clan is the weakest in Manasseh, and I am the least in my family.’ The Lord answered, ‘I will be with you, and you will strike down all the Midianites, leaving none alive” (vv. 12-16 NIV).
Do you feel fearful and inadequate? Gideon was threshing wheat in a winepress (v. 11), afraid of the Midianites. Yet God called him a “mighty warrior.” God sees things in you that others don’t, that even you yourself don’t! Read these words carefully: “I am God, and there is none like Me, declaring the end from the beginning, and from ancient times things that are not yet done, saying, ‘My counsel shall stand, and I will do all My pleasure'” (Isaiah 46:9-10 NKJV).
God sees things in their completed state – including your ultimate victory. And today He is saying to you, “Go in the strength you have… Am I not sending you?” When God sends you, your success is guaranteed in spite of all the obstacles, the enemies, and all the limitations you are so aware of. If you’re unwilling to move until things “look better,” you won’t win. Start where you are and use what you have, then God will give you more.
Soul food: Gal 4-6; Mark 12:13-27; Ps 101; Prov 13:20-23
Rigters 6:14 NLV
Die Bybel sê: ‘Die Engel van die Here het toe aan hom verskyn. Hy het vir hom gesê: ‘Die Here is by jou, dapper man!’ ‘Meneer,’ het Gideon vir hom gesê, ‘as die Here wel by ons is, waarom gebeur al hierdie dinge met ons?’… Die Here het toe na Gideon toe gedraai en vir hom gesê: ‘Gaan met hierdie krag wat jy het en gaan bevry die Israeliete uit die mag van die Midianiete! Dis Ek wat jou stuur.’ Maar Gideon sê vir Hom: ‘Verskoon my, Meneer, maar hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid van my gesin.’ ‘Ek is dan saam met jou!’ het die Here vir hom gesê. ‘Jy sal al die Midianiete verslaan asof jy net teen een man veg’ (verse 12-16 NLV).
Voel jy vreesbevange en onbevoeg? Gideon was besig om op die vloer van ‘n parskuip koring uit te slaan, waar hy vir die Midianiete weggekruip het (sien vers 11 NLV). Tog het God hom ‘n ‘dapper man’ genoem. Lees die volgende woorde aandagtig deur: ‘Dink aan wat lank gelede gebeur het. Ek is God. Daar is geen ander nie… Ek maak die einde bekend vanaf die begin. Uit die verlede, dit wat nog moet gebeur. Wat Ek besluit, voer Ek uit. Wat Ek wil, doen Ek’ (Jesaja 46:9-10 NLV).
God sê vandag vir jou: ‘…Gaan met hierdie krag wat jy het… Dis Ek wat jou stuur’ Wanneer God jou stuur is jou sukses, ten spyte van al die struikelblokke, vyande en beperkings waarvan jy so bewus is, gewaarborg. As jy onwillig is om te beweeg totdat dinge beter daar uitsien, sal jy nie wen nie. Begin waar jy is en gebruik wat jy het, dan sal God vir jou meer gee.

2024-05-29
Matteus 6:31-33 NLV
‘n Opname is onder Amerikaners vyftig jaar en ouer geneem en die helfte van hulle het minder as dertig duisend dollar in hulle pensioenfonds gehad. Omdat ons almal langer lewe, beteken dit: a) baie mense gaan van die regering vir hul oorlewing afhanklik wees, en b) baie mense wat beplan het om af te tree, gaan moet aanhou werk. Dis ‘n wêreldwye probleem. Wat staan jou dus te doen?
1) Sny waar jy kan en spaar meer. ‘In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings… ‘n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het’ (Spreuke 21:20 NLV).
2) Kry ‘n finansiële raadgewer om jou te help assesseer hoe jou sake lyk en die vlak van inkomste en uitgawes wat jy waarskynlik tydens jou aftrede gaan hê, te bepaal. So kan jy ‘n plan wat by jou finansiële doelwitte pas, uitwerk. ‘In die huis van regverdiges is daar skatte. Wat die goddelose inbring, bring vir hom moeilikheid’ (Spreuke 15:6 NLV).
3) Eer God met jou finansies. ‘Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Hy sal jou opgaarplekke vol maak…’ (Spreuke 3:9-10 NLV). Om jou tiende te gee, bring God se seën mee!
4) Vertrou op God om vir jou te sorg. ‘Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as ‘n bonus byvoeg. Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie…’ (Matteus 6:31-34 NLV).
Sielskos: Gal 1-3; Mark 12:1-12; Ps 128; Spr 13:17-19