‘Baie meer’ of ‘baie minder’ (2)

2025-05-31
Matteus 7:11 NLV

Probeer jou die oorvloedigheid wat God vir jou voorberei het, indink (sien 1 Korintiërs 2:9). Besluit dan dat die taal van jou hart die ‘baie meer’ van geloof gaan wees en nie die ‘baie minder’ van ongeloof nie. Let die volgende op:

1) Jou verlossing oortref jou sonde. Maak nie saak hoe sondig jou verlede is nie, ‘…die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles!’ (Romeine 5:15 NLV). Wees bly! Jy is ‘baie meer’ vergewe.

2) Christus wat in jou lewe, red jou voortdurend. As Hy in jou bly, werk sy verlossing aktief in jou. ‘Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie!’ (Romeine 5:10 NLV).

3) Die Heilige Gees sal oorvloedig in jou wees. ‘As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra’ (Lukas 11:13 NLV).

4) Jy kan in oorwinning deur Jesus lewe. ‘…almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer’ (Romeine 5:17 NLV). Jy kan deur God se genade ‘baie meer’ in oorwinning wandel.

5) Alles wat jy nodig het, sal Hy voorsien. ‘As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!’ (Matteus 7:11 NLV).

As jy ‘n ‘baie meer’ mentaliteit ontwikkel, sal jy begin om die ‘goeie dinge’ wat God voorsien, te geniet.

Sielskos: Op 15-18; Mark 11:1-11; Ps 124; Spr 12:26

“Much more” or “much less” (2)


Matthew 7:11 KJV

Try to imagine the abundance God has prepared for you (See 1 Corinthians 2:9). Then decide that the language of your heart will be the “much more” of faith, not the “much less” of unbelief. Observe:

(1) Your salvation supersedes your sin. No matter how sinful your history, “if through the offence of one many be dead, much more the grace of God… which is by…J esus Christ, hath abounded unto many” (Romans 5:15 KJV). Rejoice! You’re “much more” forgiven.

(2) Christ’s life in you continuously saves you. If He lives in you, His salvation remains actively at work in you. “If, when we were enemies, we were reconciled to God by the death of his Son, much more, being reconciled, we shall be saved by his life” (Romans 5:10 KJV).

(3) The Holy Spirit will be in you abundantly. “If ye then, being evil, know how to give good gifts unto your children: how much more shall your heavenly Father give the Holy Spirit to them that ask him?” (Luke 11:13 KJV). He gives the Spirit “much more” to His children.

(4) You can triumph in life through Jesus. “Much more they which receive abundance of grace and of the gift of righteousness shall reign in life by one, Jesus Christ” (Romans 5:17 KJV). By God’s grace, you can walk in “much more” victory.

(5) All you need, He will provide. “If ye then, being evil, know how to give good gifts unto your children, how much more shall your Father… give good things to them that ask him?” (Matthew 7:11 KJV).

As you develop a “much more” mentality, you will begin to enjoy the “good things” God provides.

Soul food: Rev 15-18; Mark 11:1-11; Ps 124; Prov 12:26

‘Baie meer’ of ‘baie minder’ (1)

2025-05-30
Romeine 5:20 NLV

Die volgende uitdrukking word dwarsdeur die Skrif gebruik om God se voorsiening aan ons te beskryf: ‘baie meer.’ Dit verseker ons dat daar geen behoefte is wat nie deur sy oorvloedige hulpbronne vervul kan word nie. Ons neiging is egter om ons behoeftes met ‘n houding van ‘baie minder’ te benader. Dit neem aan dat God nie aan hulle kan voldoen nie of onwillig is om aan hulle te voldoen. Nee, God wil hê dat ons ‘n ‘baie meer’ houding moet inneem. Baie minder is die taal van sigbare dinge; dit laat toe dat omstandighede en gebrek ons lewens beheers. Baie meer is die taal van onsigbare dinge; dit nooi ons uit om in die versekering van God se oorvloedigheid te lewe.

‘n Treffende illustrasie van hierdie beginsel kan in 2 Kronieke 32 gevind word. Koning Sanherib van Assirië se leër het gedreig om Israel uit te wis. Nadat hy hulle vertel het wat hy aan die mense van ander lande gedoen het, het hy bygevoeg: ‘…Hoeveel minder is die kans dat julle God julle uit my mag sal red!’ (vers 15 NLV). Koning Hiskia het egter sy geloof op God se hulpbronne gevestig en die Israeliete as volg bemoedig: ‘…Moenie bang wees vir die koning van Assirië of sy magtige leër nie, want daar is ‘n baie groter mag aan ons kant! Hy het dalk ‘n groot leër, maar hulle is maar net mense. Die Here ons God is by ons en Hy sal vir ons veg!..’ (verse 7-8 NLV).

Dis tyd dat jy ‘n ‘baie meer’ mentaliteit in jou lewe ontwikkel want God kan ‘…oneindig meer doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV).

Sielskos: Op 10-14; Mark 10:35-52; Ps 4; Spr 12:25

“Much more” or “much less” (1)


Romans 5:20 KJV

Here is an expression used throughout Scripture to describe God’s provision for us: “much more.” It assures us there is no need we will ever face that can’t be met through His abundant resources. Our tendency is to approach our needs with an attitude of “much less.” It assumes that God is unable or unwilling to meet them. No, God wants us to adopt a “much more” attitude. Much less is the language of visible things; it allows circumstances and lack to govern our lives. Much more is the language of unseen things; it invites us to live in the assurance of God’s abundance.

There is an inspiring illustration of this principle in 2 Chronicles 32. The Assyrian King Sennacherib’s forces were threatening Israel with annihilation. After he told them to look around and see what he had done to the people of other lands, he added, “How much less shall your God deliver you out of mine hand?” (v. 15). But instead, King Hezekiah fixed his eye of faith on God’s resources and encouraged the Israelites: “Be not afraid… for the king of Assyria, nor for all the [visible] multitude that is with him: for there be more [invisible] with us than with him: with him is an arm of flesh; but with us is the Lord our God” (vv. 7-8).

Although the Assyrians had a vastly superior army, verse eight says God’s people “rested themselves” (stopped worrying), believing the hand of God was much more effective than the arm of the flesh! And it’s time you developed a “much more” mentality in your life because our God is “able to do exceeding abundantly above all that we ask or think” (Ephesians 3:20 KJV).

Soul food: Rev 10-14; Mark 10:35-52; Ps 4; Prov 12:25

‘n Bediening van trane

2025-05-29
Psalm 126:6 NLV

As jy maklik huil, kan dit wees dat God vir jou ‘n bediening van trane gegee het. Wat is dit? Die skrywer Liz Curtis Higgs verduidelik: ‘Ek huil maklik en dikwels. Gelukkige trane, hartseer trane, trane oor ‘n advertensie – enige plek en enige tyd. Ek huil by die kerk. Wanneer ek ‘n wonderlike waarheid of ‘n heerlike lied wat in lofprysing opgehef word hoor, wanneer ek ‘n nuwe gelowige na vore sien kom of ‘n ou gelowige die Skrif sien lees, word ek so deur God se teenwoordigheid oorweldig dat trane oor my wange stroom. Ek het al daarmee vrede gemaak, maar baie vroue skaam hulle oor hul huilerigheid.

‘n Dierbare vrou in Missouri het gedink dat haar trane ‘n struikelblok is om God te dien. Sy het verduidelik: ‘Ek wil mense wat seer het help, maar sodra ek hulle stories hoor, begin ek huil.’ Ek het haar ‘n groot drukkie gegee en gesê: ‘Jy het ‘n bediening van trane! Die Bybel sê: ‘…As hulle hartseer is, deel dit met hulle’ (Romeine 12:15 NLV), en ‘…om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het’ (2 Korintiërs 1:4 NLV). Jou trane maak nie seer nie, dit help!’ God kan enigiets wat ons aan Hom oorgee, gebruik. Lag en trane. Vreugde en hartseer. Oorwinnings en foute. Sterkpunte en swakpunte. Ons dien ander die beste wanneer ons ons ware self aanbied. Wanneer ons nie wag totdat ons op die regte plek is of ons trane opgedroog het nie, maar in die oomblik, trane en al.’

Eendag gaan God ‘…elke traan van [ons] oë afvee…’ (Openbaring 21:4 NLV). Tot dan, is ons trane egter so kosbaar vir Hom dat Hy dit, soos duur wyn en kosbare parfuum, in ‘n bottel bewaar (sien Psalm 56:9).

Sielskos: Luk 24:50-53; Hand 1:1-11; Ef 4:7-10