2024-10-31
Markus 12:30 NLV
Wat beteken dit om God met al jou krag lief te hê? ‘n Pastoor definieer dit as volg: ‘Dit beteken om geweldige hoeveelhede energie aan koninkryksake te bestee. Dit beteken bloed, sweet en trane. Dit beteken diensbaarheid en opoffering. Dit beteken goeie outydse harde werk. Hoe ons ons energie gebruik, openbaar ons ware prioriteite.’ Dit openbaar hoe baie ons iemand liefhet; in hierdie geval, God.
Die pastoor gaan voort: ‘Christenskap was nooit bedoel om ‘n selfstandige naamwoord te wees nie. Christenskap was altyd bedoel om ‘n werkwoord te wees. Ons moet gehoorsaam aan die vermanings van die Heilige Gees wees. Ons moet geleenthede aangryp om te dien. Aan die einde van die dag gaan God nie sê: ‘Goed gesê, goeie en getroue dienaar,’ nie, maar ‘Welgedaan, goeie en getroue dienaar.’ Niks is meer vervullend as om kalorieë vir ‘n koninkryksaak te verbrand nie. Enigiets minder as om al ons krag vir God se doeleindes te benut, is op sy beste vervelig en skynheilig op sy ergste.
So baie Christene is so verveeld en so gefrustreerd deur die gaping tussen hulle teologie en die werklikheid. Die manier om daardie gaping toe te maak en om weer daardie heilige stormloop van adrenalien te ervaar, is om ander te dien. Dit kan so eenvoudig wees soos om ‘n enkelma wat ‘n aand uit nodig het se kinders op te pas, of om in ‘n bediening in jou plaaslike kerk te dien, of om vrywilligerswerk by ‘n plaaslike ouetehuis te doen. Dit maak nie saak hoe groot of hoe klein nie, elke kalorie wat vir ‘n koninkryksaak verbrand word, verdien saamgestelde rente in die ewigheid. Dit sal die leegheid in jou siel met pure vreugde vul.’
Sielskos: Deut 18:9-14; Dan 2; Jes 47:5-15; Hand 16:16-34
Mark 12:30 NKJV
What does it mean to love God with all your strength? A pastor defines it: “It means expending tremendous amounts of energy for kingdom causes. It means blood, sweat, and tears. It means servanthood and sacrifice. It means good old-fashioned hard work. Energy may be the least appreciated dimension of love because it’s the least sentimental. And how we invest our energy reveals our true priorities.” It reveals how much we love someone; in this case, God.
The pastor continues: “Christianity was never intended to be a noun. And when we turn it into a noun, it becomes a turnoff. Christianity was always intended to be a verb. We’ve got to obey the promptings of the Holy Spirit. We’ve got to seize opportunities to serve… At the end of the day, God isn’t going to say, ‘Well said, good and faithful servant’… [but] ‘Well done, good and faithful servant.’ Nothing is more fulfilling than burning calories for a kingdom cause. Anything less than leveraging all our strength for God’s purposes is boring at best and hypocritical at worst.
So many Christians are so bored… so frustrated by the gap between their theology and reality. The way to close the gap, and the way to experience that holy rush of adrenaline again, is to break a sweat serving others. It can be as simple as babysitting for a single mom who needs a night out, serving in a ministry in your local church, or volunteering at a local nursing home. It doesn’t matter how big or how small, every calorie burned for a kingdom cause earns compound interest for eternity. And it’ll fill the emptiness in your soul with pure joy.”
Soul food: Deut 18:9-14; Dan 2; Isa 47:5-15; Acts 16:16-34
2024-10-30
Job 12:8 NLV
Die patriarg Job het geskryf: ‘Praat met die aarde. Dit sal julle onderrig…’ George Washington Carver word as een van die geskiedenis se grootste wetenskaplike denkers geag. Om en by die draai van die twintigste eeu het landbou in die suidelike state van Amerika swaar gekry. Die bolkalander was besig om katoengewasse te vernietig. Omdat die boere jaar na jaar katoen geplant het, was daar ook min voedingstowwe in die grond oor.
Dit was George Washington Carver wat die idee van wisselbou begin het. Hy het die boere aangemoedig om grondbone te plant, wat hulle toe gedoen het. Die plan het die grond weer laat herstel, maar die boere was ontsteld omdat daar nie ‘n mark vir grondbone was nie. Toe hulle by Carver daaroor kla, het hy gedoen wat hy altyd gedoen het – hy het gebid; hy het gereeld vieruur in die oggend opgestaan, deur die woud gaan stap en God gevra om die geheimenisse van die natuur aan hom te openbaar. Een van sy gunsteling Skrifgedeeltes was: ‘Praat met die aarde. Dit sal julle onderrig…’ Carver het letterlik vir God gevra om die natuur se geheime aan hom bekend te maak en God het dit gedoen.
Gevolglik het Carver meer as driehonderd gebruike vir grondbone ontdek. Of dalk meer akkuraat, die Here het meer as driehonderd gebruike daarvoor geopenbaar. Dit het alles van skeerroom tot gom tot skoonheidsmiddels tot seep tot souse tot insekdoder tot linoleum tot houtvernis tot kunsmis, behels. Carver het gesê: ‘Ek hou daarvan om aan die natuur as ‘n draadlose telegraafstasies waardeur God elke dag, elke uur en elke oomblik van ons lewe met ons praat, te dink.’ Vandag sal God op baie verskillende maniere met jou praat; jy moet net sensitief daarvoor wees en luister.
Sielskos: Jes 26-29; Joh 7:1-13; Ps 114; Spr 28:1-4
Job 12:8 NIV
The patriarch Job wrote to “speak to the earth, and it will teach you.” George Washington Carver is considered one of history’s greatest scientific minds. Around the turn of the twentieth century, agriculture in the southern states of America was suffering. The boll weevil was destroying cotton crops. And the soil was being emptied of nutrients because farmers planted cotton year after year.
It was George Washington Carver who pioneered the idea of crop rotation. He urged farmers to plant peanuts, and they did. The plan revived the soil, but farmers were upset because there was no market for peanuts. Their plentiful peanut crops decayed in warehouses. When they grumbled to Carver, he did what he had always done – he prayed; he regularly got up at 4:00 a.m., walked across the woods, and asked God to disclose the mysteries of nature to him. One of his favourite Scriptures was “speak to the earth, and it will teach you.” Carver literally asked God to reveal the secrets of nature, and God did.
As a result, Carver discovered more than three hundred uses for the peanut. Or perhaps more accurately, the Lord revealed more than three hundred uses. They comprised everything from shaving cream to glue to cosmetics to soap to sauces to insecticide to linoleum to wood stains and to fertilizer. Carver said, “I love to think of nature as wireless telegraph stations through which God speaks to us every day, every hour, and every moment of our lives.” Today God will speak to you in many different ways; you just have to be sensitive and listen.
Soul food: Isa 26-29; John 7:1-13; Ps 114; Prov 28:1-4
2024-10-29
Jesaja 43:4 NLV
Raai wie het gesê: ‘Jy is vir My kosbaar en belangrik’? God. Moet dus nie toelaat dat iemand jou anders vertel nie. Hoekom is dit so belangrik? Want om te verstaan wie jy as ‘n persoon is en opreg te glo dat jy liefde en aandag van ‘n ander persoon verdien, noodsaaklik is vir jou eiewaarde. Die vermoë om dit suksesvol en op ‘n bedagsame wyse oor te dra, is noodsaaklik vir enige gesonde, wedersyds bevredigende verhouding.
‘n Gevoel van eiewaarde is nie arrogansie nie. Dit help jou om grense te stel en waarborg dat dit nie saakmaak wie jy ontmoet nie, daardie grense nooit oorgesteek sal word nie. Dikwels wanneer ons in verhoudings gebruik voel, is dit omdat ons toegelaat het dat daardie grense oorskry word. Of erger nog, ons het nog nooit gedink oor waar die grense moet wees nie. Die manier om hierdie situasie te voorkom, is om duidelik te wees oor wie jy is en wat jy bereid is om in ‘n verhouding te doen. Om die waarheid oor ‘n ander persoon of jouself te ontken, sal met verloop van tyd op ‘n ramp afstuur.
Met ‘n stewige grondslag om te weet wie jy is en wat jy verteenwoordig, sal jy die dapperheid besit om die regte vrae te vra en die antwoorde te kan ondersoek. Jy sal inligting en bewyse bekom wat jou help om te besef wie ‘n persoon werklik is en of hulle by jou lewe inpas. Jy sal eerlik met jouself en ander oor wie jy is, jou behoeftes en die manier waarop jy jou lewe wil leef, wees. Buiten jou verhouding met God is daar geen ander belangriker verhouding as die een wat jy met jouself het nie. God sê: ‘Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is…’ Glo dit en lewe daarvolgens.
Sielskos: Jes 22-25; Joh 6:52-71; Ps 127; Spr 27:25-27