2024-09-30
2 Corinthians 3:5 NKJV
In the Bible, when God calls someone to do something, you will notice they don’t jump up and say, “No problem, I’m ready.” In story after story, they tell God why they can’t do it. Consider the following list of people. Moses: “I have never been eloquent… I am slow of speech and tongue” (Exodus 4:10 NIV). Gideon: “How can I save Israel? My clan is the weakest in Manasseh, and I am the least in my family” (Judges 6:15 NIV). Abraham: “Will a son be born to a man a hundred years old? (Genesis 17:17 NIV). Jeremiah: “Alas, Sovereign Lord… I am too young” (Jeremiah 1:6 NIV). Isaiah: “Woe to me!… For I am a man of unclean lips” (Isaiah 6:5 NIV). Esther: “All… know that for any man or woman who approaches the king…without being summoned the king has but one law: that they be put to death” (Esther 4:11 NIV). Rich young ruler: “He went away sad, because he had great wealth” (Matthew 19:22 NIV). Saul: “The Lord said, ‘See, he has hidden himself among the baggage'” (1 Samuel 10:22 NRSV). (This occurred when Samuel was proclaiming Saul as king, and the people couldn’t find him and asked the Lord where he was.)
What a list of excuses: too inarticulate, too weak, too old, too young, too sinful, too dangerous, too rich, too hesitant – yet God used every one of them to fulfill His purposes. And Paul tells us why: “Not that we are sufficient of ourselves to think of anything as being from ourselves, but our sufficiency is from God.” Today, depend on God.
Soul food: 1 Cor 10-11; Luke 24:13-24; Ps 68:1-18; Prov 25:13-16
2 Korintiërs 3:5 NLV
Wanneer God iemand in die Bybel roep om iets te doen, sal jy oplet dat hulle nie opspring en sê: ‘Geen probleem, ek is gereed,’ nie. Keer op keer vertel hulle vir God hoekom hulle dit nie kan doen nie. Kyk na die volgende lys mense. Moses: ‘…Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas’ (Eksodus 4:10 NLV). Gideon: ‘…hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid van my gesin’ (Rigters 6:15 NLV). Abraham: ‘…Hoe kan ek op 100 jaar pa word?..’ (Genesis 17:17 NLV). Jeremia: ‘…ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!’ (Jeremia 1:6 NLV). Jesaja: ‘…Ellende het my getref! Want ek is ‘n sondige mens…’ (Jesaja 6:5 NLV). Ester: ‘[Almal]… weet dat enige man of vrou wat na die koning toe gaan as hulle nie ontbied is nie, net daar doodgemaak word…’ (Ester 4:11 NLV). Die ryk jong man: ‘…hy [het] geskok weggegaan, want hy het baie besittings gehad’ (Matteus 19:22 NLV). Saul: ‘…Toe antwoord die Here: ‘Hy kruip weg agter die mense se reisgoed” (1 Samuel 10:22 NLV). (Dit het gebeur toe Samuel vir Saul as koning aangewys het, maar die mense hom nie kon kry nie en vir die Here gevra het waar hy is.)
Wat ‘n groot lys verskonings: praat te sleg, te swak, te oud, te jonk, te sondig, te gevaarlik, te ryk, te huiwerig – tog het God elkeen van hulle gebruik om sy doelwitte te vervul. Paulus sê vir ons hoekom: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’. Maak vandag op God staat.
Sielskos: 1 Kor 10-11; Luk 24:13-24; Ps 68:1-18; Spr 25:13-16
2024-09-29
Matteus 28:19-20 NLV
Die laaste ding wat Jesus vir sy dissipels gesê het voor Hy hemel toe opgevaar het, was die volgende: ‘Gaan dan, maak al die nasies my dissipels… Ek is vir altyd by julle…’ Wanneer God ons ‘n opdrag of ‘n instruksie gee, verg dit altyd sy betrokkenheid, sy krag, sy leiding en sy voorsiening. Sal Hy jou talente gebruik? Ja. Sal Hy ander mense gebruik om jou te help en jou te seën? Ja. Hy sal egter nooit toelaat dat jy meer op enigiemand anders as op Hom staatmaak nie. Toe Jesus sy dissipels uitgestuur het om die wêreld te gaan verander, was daar twee merkwaardige uitdagings.
Eerstens, was daar net elf dissipels oor. Dwarsdeur die Evangelies herinner die getal twaalf lesers daaraan dat die dissipels gekies is om ‘n voorstelling van die verloste twaalf stamme van Israel te wees. Twaalf is die getal van volledigheid, heelheid en gereedheid. Dit gaan egter nie net daaroor dat hulle die verkeerde getal gehad het nie. Na Christus se opstanding lees ons: ‘Die elf dissipels het toe na Galilea gegaan, na die berg soos Jesus hulle beveel het. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, alhoewel party van hulle nog getwyfel het’ (verse 16-17 NLV).
Hulle het nie genoeg dissipels gehad nie en die wat hulle gehad het, het nie genoeg geglo nie. Tog het God hulle kragtig gebruik. Inderdaad, die beskuldiging wat deur hul vyande teen hulle gemaak is, het begin met een van hul grootste komplimente: ‘…Dít is die mense wat die hele wêreld om beroering bring. En nou is hulle hier in ons stad’ (Handelinge 17:6 NLV). Die sleutel tot sukses lê dus nie in jou vermoë nie, maar in God se vermoë om deur jou te werk. Dis hoekom jy elke dag in afhanklikheid van God moet leef.
Sielskos: Heb 11:7; Gen 6:9-22; Gen 8:18-22; Matt 24:36-41
Matthew 28:19-20 NKJV
The last thing Jesus said to His disciples before returning to heaven was this: “Go therefore and make disciples of all the nations… I am with you always.” When God gives you an instruction or an assignment, it will always require His involvement, His strength, His guidance, and His provision. Will He use your talents? Yes. Will He use others to assist and bless you? Yes. But He will never allow you to depend on anyone more than Him. Back at the point when Jesus sends His disciples off to change the world, there are two remarkable challenges.
One, there are now only eleven disciples. Throughout the Gospels, the number twelve reminds readers that the disciples have been selected to be a representation of the redeemed, restarted twelve tribes of Israel. Twelve is the number of completeness, wholeness, and readiness. Now they don’t have sufficient players. But it’s not merely that they have the wrong number. Following Christ’s resurrection, we read: “The eleven disciples went away into Galilee, to the mountain which Jesus had appointed for them. When they saw Him, they worshiped Him; but some doubted” (vv. 16-17 NKJV). They already have a quantity dilemma; now they have a quality dilemma.
They don’t have enough disciples, and even those don’t believe enough. Yet God used them mightily. Indeed, the accusation leveled against them by their enemies started with one of their greatest compliments: “These who have turned the world upside down have come here too” (Acts 17:6 NKJV). So, the key to success is not in your ability but in God’s ability to work through you. That’s why you must live each day in dependence on God.
Soul food: Heb 11:7; Gen 6:9-22; Gen 8:18-22; Matt 24:36-41
2024-09-28
Filippense 4:13 NLV
Paulus deel met ons die sleutel tot sy wonderlike sukses in die lewe: ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee.’ Daar is ‘n sindroom wat ‘failure to launch’ genoem word. Dit word deur mense wat onseker oor hulle toekoms voel, ervaar. Dit lyk of hulle nooit by die plek in die lewe uitkom waar hulle gereed voel nie, dus loop hulle geleenthede mis.
Die lewe sê: ‘Gereed of nie, hier kom ek.’ Die lewe se onvermydelikheid beteken egter nie dat voorbereiding onbenullig is nie; dis steeds belangrik. Om heeltemal gereed te voel, word egter oorskat. Ons word geroep om in geloof te lewe, want: ‘…ons leef deur te glo en nie deur te sien nie’ (2 Korintiërs 5:7 NLV).
Toe God die Israeliete na die Beloofde Land gebring het, het Hy vir hulle gesê om in die Jordaanrivier in te gaan; eers daarna het Hy die water geskei. As hulle eers vir bewyse gewag het, sou hulle nou nog op die oewer van die rivier gewag het. Geloof groei wanneer God sê gaan en jy ja sê. Die waarheid is dat jy nie weet wat jy kan vermag totdat jy dit doen nie. Om gereed te wees gebeur vinniger wanneer jy alreeds aan die beweeg is. As jy wag om te beweeg totdat jy heeltemal gereed is, sal jy wag tot jy doodgaan.
Jesus sê nie vir ons: ‘Gaan; jy is gereed,’ nie. Hy sê vir ons: ‘Gaan; Ek sal saam met jou gaan.’ Jy sal groei soos jy ‘gaan.’ Jy sal ontwikkel soos jy ‘doen.’ Hier is die sleutel: Die ding wat jou gereed vir alles maak, is Hy wat sy krag met jou deel. God het dit so ontwerp, omdat Hy wil hê dat jy op Hom moet staat maak.
Sielskos: 1 Kor 7-9; Luk 24:1-12; Ps 91; Spr 25:9-12