Serving “Jesus-style”

2019-09-30
2 Corinthians 6:8 NLT

Kelli B. Trujillo writes: “‘I’m not your servant!’ I half-grunted, half-spoke to one of my kids as I got on my hands and knees to pick up pasta he’d decided to deposit on the floor…Then a thought struck me: I sure hope Jesus didn’t hear me say that! Unfortunately, this attitude towards servanthood extends beyond cleaning the floor. Most of the time, serving others just rubs me the wrong way. If it’s some extra-meaningful project where you can practically hear the soundtrack of inspirational, feel-good music…and experience a rush about how great you are…it’s not difficult. But what about the service Jesus talked about…that involves getting no credit…and waging a battle against your selfish impulses?” Harry E. Fosdick said, “No steam drives anything until it’s confined. No Niagara is turned into power until it’s tunneled. No life grows great until it’s focused, dedicated and disciplined.” Serving “Jesus-style” means saying, “I no longer live, but Christ lives in me” (Galatians 2:20 NIV). Paul was jailed, whipped, stoned, shipwrecked, and robbed, yet he said: “We serve God whether people honor…despise…slander…or praise us. We are honest, but they call us impostors. We are ignored, even though we are well known. We live close to death, but we are still alive. We have been beaten, but we have not been killed. Our hearts ache, but we always have joy. We are poor, but we give spiritual riches to others” (2 Corinthians 6:8-10 NLT). The Bible says Jesus “for the joy set before him endured the cross…and sat down at the right hand…of God” (Hebrews 12:2 NIV). And that same Spirit enables you to serve others by drawing on His strength.

Soul food: Num 29:1-6; Matt 24; Rev 11:15-19; 1 Cor 15:50-58

Dien soos Jesus


2 Korintiërs 6:8 DB

Kelli B. Trujillo skryf: “‘Ek is nie jou dienskneg nie!’ het ek my kind toegesnou toe ek op my hande en knieë gaan om die pasta wat hy op die vloer gegooi het, op te tel. Toe het ‘n gedagte my binnegeskiet: Ek hoop nie Jesus het my dit hoor sê nie! Ongelukkig strek hierdie houding teenoor diensbaarheid dikwels verder as die vloer se skoonmaak. Gewoonlik vryf dit my verkeerd op wanneer ek ander moet bedien. Wanneer dit ‘n betekenisvolle projek is waar jy omtrent die klankbaan van inspirerende musiek kan hoor, is dit nie so moeilik nie. Wat egter van die soort diens waarvan Jesus gepraat het – waar jy geen krediet kry nie en jy teen jou selfsugtige impulse moet baklei?” Om soos Jesus te dien, beteken dat jy sê: ‘Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my…’ (Galasiërs 2:20 NLV). Paulus was in die tronk gegooi, gestenig, die boot waarop hy was het gesink en hy is beroof en tog het hy gesê: ‘Ons weet hoe dit voel om deur ander geëer én beledig te word. Ons naam is al dikwels deur die modder gesleep. Ander kere weer is ons geprys en oorlaai met eer… Ons ken hartseer, maar ons is altyd vol vreugde. En armoede – ja, natuurlik weet ons ook wat dit is. Maar ons het al baie mense se lewe skatryk gemaak met die goeie nuus… Ons werk immers vir God aan wie alles behoort en wat ons oorlaai met sy goedheid’ (2 Korintiërs 6:8-10 DB). Die Bybel sê Jesus ‘…het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur… En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!’ (Hebreërs 12:2 NLV). Dieselfde Gees stel jou in staat om ander te dien deur krag uit Hom te put.

Sielskos: Num 29:1-6; Matt 24; Op 11:15-19; 1 Kor 15:50-58

Beskerm die ‘nuwe lote’

2019-09-29
Job 14:7 DB

Dit verg God se wysheid om ‘n maat te vind wat inpas by waar jy is en waarheen jy op pad is. As jy beskadigde materiaal kies, sal jy teleurstellende resultate kry. Wanneer ‘n familie uitmekaar breek, kan die wonde ‘n leeftyd hou, selfs al is die oorlog verby. Luister asseblief mooi: Moet nooit jou kinders as ammunisie gebruik om mekaar seer te maak nie! Ammunisie vernietig nie net die teiken nie, dit word ook in die proses vernietig. Jou monoloog van bitterheid mag dalk die waarheid wees, maar dit kan jou kind se vermoë om gesonde verhoudings van hul eie te bou, vernietig. As hulle immers nie ‘n ouer kan vertrou nie, wie kan hulle dan vertrou? Selfs al kan jy nie die verhouding red nie, red hulle. Job sê: ‘As ‘n boom afgekap word, is die kans goed dat daar weer nuwe lote en takke uit die stomp sal groei.”.’ Hoe wonderlik – nuwe takke wat uit ‘n dooie boom gebore word! Dis ons boodskap – daar is lewe na die dood! Hy is die God van tweede kanse en nuwe begin. Net omdat jou drome nie waar geword het nie, beteken dit nie dat jou kinders se drome nie waar sal word nie. As daar net een ding – ‘n gesonde, goed-aangepaste kind – uit jou verhouding voortkom, is jy steeds ‘n wenner. Jou kinders is jou visie. Hulle is die toekoms, gee hulle dus ekstra liefde en stabiliteit. Leer hulle wat God oor die lewe sê. Werk daaraan om hulle onthalwe. As die ‘nuwe lote’ saam met die boom verlore gaan, beteken dit dat al daardie jare gemors is. Beskerm dus die ‘nuwe lote.’

Sielskos: Eseg 37:1-14; Matt 27:50-53; 1 Tess 4:13-18

Protect the “new shoots”


Job 14:7 NIV

It takes God’s wisdom to find a mate who can fit where you are and go where you’re going. If you choose damaged material, you’ll get disappointing results. And when a family shatters, the wounds can last a lifetime even though the war is over. Please hear this: Never use your children as ammunition to hurt one another! Ammunition doesn’t just destroy the target, it also gets destroyed in the process. Your monologue of bitterness may be true, but it can destroy your child’s ability to build healthy relationships of their own. After all, if they can’t trust a parent, who can they trust? Even if you can’t save the relationship, save them. Job says, “There is hope for a tree: if it is cut down, it will sprout again, and its new shoots will not fail.” How wonderful – new shoots born out of a dead tree! That’s our message; there is life after death! He’s the God of second chances and new beginnings. Just because your dreams didn’t come true doesn’t mean your children’s dreams won’t. If the only thing that comes from your relationship is a healthy, well-adjusted child, you’re still a winner! Solomon says without a vision we perish (See Proverbs 29:18). And your children are your vision. They speak of your future, so give them extra love and stability. Teach them what God says about life. Work at it for their sakes. If the “new shoots” are lost along with the tree, all those years are wasted. So protect the “new shoots.”

Soul food: Ezek 37:1-14; Matt 27:50-53; 1 Thes 4:13-18

‘n Formule vir ‘n suksesvolle lewe

2019-09-28
1 Petrus 5:5-7 NLV

Iemand het geskerts: ‘Die probleem met sukses is dat die formule daarvoor dieselfde formule is as vir ‘n senu-ineenstorting.’ Die Bybel gee ons die regte formule vir ‘n suksesvolle lewe. Dit sluit drie areas in: outoriteit, houding en versekering. ‘…erken die gesag van die ouderlinge… Word daarom klein onder die kragtige hand van God… Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.’ Kom ons kyk na elk van hierdie drie areas: 1) Onderwerp jouself aan diegene wat wys is. Luister na hulle raad, word aanspreeklik, aanvaar teregwysing, aanvaar voorstelle, respekteer ervaring en volg ‘n waardige voorbeeld. Eers wanneer jy raad kan aanvaar, sal jy gekwalifiseerd wees om dit te kan gee. Eers wanneer jy leierskap respekteer en jouself daaraan onderwerp, sal jy gekwalifiseerd wees om ander te kan lei. 2) Word nederig. In die Skrif simboliseer die ‘hand’ van God twee dinge: sy dissipline en sy verlossing. Wanneer jy nederig voor Hom word, aanvaar jy dat sy dissipline goed is vir jou. Jy erken ook sy gewilligheid om op jou hulpkreet te antwoord en jou te red op enige manier wat Hy kies om dit te doen. 3) Werp jouself op God se genade en sorg. Moeilikheid en teleurstelling sal vir seker kom en wanneer dit gebeur, moet jy jouself in God se arms werp. Die situasie mag dalk vir jou te groot wees, maar dit is nooit te groot vir Hom nie. Beteken dit dat daar nie ‘n plek vir beplanning, doelwitte en harde werk is nie? Nee, dit beteken net dat jy gewillig is om dinge op God se manier te doen, wat altyd die beste is.

Sielskos: 1 Sam 27-31; Matt 28:11-20; Ps 63; Spr 22:17-23