Die uitdaging om leiers te ontwikkel (3)

2025-08-31
2 Timoteus 2:2 NLV

‘n Leierskapskundige wat ‘n peiling gedoen het om uit te vind hoe mense leiers geword het, skryf: ‘Ek het mense gevra of hulle leiers geword het omdat (a) hulle ‘n leierskapsposisie gegee is; (b) daar ‘n krisis in die organisasie was; of (c) hulle gementor is. Meer as 80 persent het aangedui dat hulle leiers is omdat iemand hulle in leierskap gementor en deur die proses gelei het. As leiers is ons gewoonlik nie onseker oor die leierskapontwikkelingsproses of opleiding wat ons gee nie. Ons voel egter onseker wanneeer ons dit oorweeg om die leiers wat ons oplei, te laat gaan om self te begin lei.

Dis soortgelyk aan hoe ouers oor hul kinders voel. My kinders is al groot en het hul eie gesinne, maar toe hulle tieners was, was die moeilikste ding vir my en my vrou om hulle die vryheid te gee om hul eie pad te baan en hul eie besluite te neem. Dit is skrikwekkend, maar as jy hulle nie toelaat om hul vlerke te sprei nie, sal hulle nooit leer vlieg nie.

Soos ek ouer word, is my hooffunksie as spanleier om my span met leierskapseienskappe toe te rus en hindernisse uit hul pad te verwyder. Wanneer ek dit doen, word die kans al hoe groter dat hulle tot hul volle potensiaal sal ontwikkel.’

Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou…’ (Johannes 15:16 NLV). As jy blywende vrugte en resultate wil hê, moet jy die tyd neem om leiers te ontwikkel.

Sielskos: Jona 1:10-2:10; Matt 12:38-42

The challenge of developing leaders (3)


2 Timothy 2:2 NIV

A leadership expert who conducted a poll to find out how people came to be leaders writes: “I asked if they became leaders because (a) they were given a position; (b) there was a crisis in the organization; or (c) they had been mentored. More than 80 percent indicated that they were leaders because someone had mentored them in leadership – had taken them through the process… As leaders, if we feel any uncertainty or insecurity about the leadership development process, it is usually not related to the training we give. The uncertainty we feel comes when we contemplate releasing our leaders to lead.

It is not dissimilar to what parents feel with their kids. My children are grown and have families of their own, but when they were teenagers, the hardest thing for my wife and me was releasing them to go their own way and make their own decisions. It is scary, but if you don’t let them try out their wings, they will never learn to fly.

As I have grown older, I have come to think of myself as a lid lifter. That is my main function as a team leader. If I can lift the leadership lids for the members of my team, then I am doing my job. The more barriers I remove for my people, the more likely they are to rise up to their potential.”

Jesus told His disciples, “You did not choose Me, but I chose you and appointed you that you should go and bear fruit, and that your fruit should remain” (John 15:16 NKJV). If you want lasting fruit and enduring results – take the time to develop leaders.

Soul food: Jonah 1:10-2:10; Matt 12:38-42

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (2)

2025-08-30
2 Korintiërs 3:5 NLV

‘n Leierskapskundige skryf: ‘Dit verg sterk leiers aan die bopunt van die leer om die leiers wat vir hulle werk, volle deelnemers aan die organisasie se leierskapproses te laat wees. As middelvlak leiers hulle bevraagteken, neem sterk leiers dit nie persoonlik op nie. Wanneer die leiers onder hulle idees deel, kan hulle nie bekostig om bedreig te voel nie. Wanneer mense op ‘n laer vlak as hulle risiko’s wil neem, moet hulle bereid wees om hulle die ruimte te gee om te slaag of te misluk. Leierskap daag verouderde idees, ou maniere om dinge te doen en die status quo uit.

Die geheim vir die ontwikkeling van nuwe leiers is om hulle die ruimte te gee om nuwe maniere te vind om dinge te doen – maniere wat beter as joune is. Beweeg meer na die agtergrond wanneer jou leiers tot hul eie reg begin kom. Probeer die rol van wyse raadgewer en hoofbemoediger aanneem. Verwelkom die begeerte van jou beste leiers om die organisasie te vernuwe en te verbeter. ‘n Oorwinning vir die organisasie is immers ‘n oorwinning vir jou.

Watter rol speel jy dus in jou organisasie? Is jy ‘die kenner,’ of is jy meer ‘n raadgewer en voorstander? Vra jouself af: ‘Verskaf ek ‘n omgewing waar mense vrae kan vra, idees kan deel en risiko’s kan neem?’ As jou doel is om God se koninkryk te bou, kan jy die antwoord op hierdie vraag in God se Woord vind: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…’ (verse 5-6 NLV).

Sielskos: Eseg 22-23; Matt 22:23-33; Ps 142; Spr 19:21-23

The challenge of developing leaders (2)


2 Corinthians 3:6 NIV

In the Bible, you discover that leaders were most often trained “on the job.” A leadership expert writes: “It takes secure leaders at the top to let the leaders working for them be full participants in the organization’s leadership process. If [mid-level] leaders… question them, they don’t take it personally. When they share ideas, the leaders cannot afford to feel threatened. When people lower than they are… want to take risks, they need to be willing to give them room to succeed or fail. Leadership by its very nature challenges out-of-date ideas… old ways of doing things… [and] the status quo…

The secret to developing new leaders is to] remain secure and let them find new ways of doing things – ways that are better than yours. Instead of trying to be Mr. Answerman or Ms. Fix-it, when your leaders start coming into their own, move more into the background. Try taking on the role of wise counsellor and chief encourager. Welcome the desire of your best leaders to innovate and improve the organization. After all… a win for the organization is a win for you.

So what role are you playing in your organization? Are you ‘the expert,’ or are you more of an advisor and advocate? Ask yourself, ‘Am I providing an environment where people can ask questions, share ideas, and take risks?'” If your goal is to build God’s kingdom and not your own, you know that the answer to that question can be found in these words of Paul: “Not that we are competent in ourselves to claim anything for ourselves, but our competence comes from God. He has made us competent” (vv. 5-6 NIV).

Soul food: Eze 22-23; Matt 22:23-33; Ps 142; Pro 19:21-23

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (1)

2025-08-29
Romeine 12:8 NLV

Daar is ‘n tweevoudige uitdaging om leiers te ontwikkel. 1) Opkomende leiers wil baie keer leiding neem voordat hulle werklik gereed is. 2) Potensiële leiers kan slegs volwasse leiers word wanneer hulle toegelaat word om hul inisiatief te ontwikkel en uit te oefen. Hoe gebeur dit? Deur goeie tydsberekening!

Paulus skryf: ‘Moet nooit oorhaastig ‘n ouderling aanstel nie…’ (1 Timoteus 5:22 NLV). Weer skryf hy: “‘n Ouderling moet nie ‘n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ‘n val te bring” (1 Timoteus 3:6 NLV).

Hier is dus die uitdaging: As jy die tydsberekening deurjaag, omseil jy die groeiproses, maar as jy leiers terughou wanneer hulle gereed is om te beweeg, inhibeer jy hul groei. Iets wat jou kan help om die tydsberekening reg te kry, is om te identifiseer of jou mentaliteit een van gebrek of oorvloed is. As jy dink dat jy ‘n onvoldoende hoeveelheid hulpbronne en ‘n beperkte aantal geleenthede het, kan jy huiwer om jou leiers risiko’s te laat neem – omdat jy dalk glo die organisasie nie foute kan bekostig nie. As jy egter dink dat geleenthede onbeperk en God se hulpbronne hernubaar en oneindig is, sal jy meer geneig wees om risiko’s te neem.

Dink terug: Hoe het jy ‘n leier geword? Deur ondervinding en deur foute maak – nie waar nie? Dis hoe ander mense ook tot leiers ontwikkel! Die Pulitzer-prys-bekroonde skrywer Garry Wills het gesê: ‘Leiers gee insae oor waarheen hulle op pad is. ‘n Leier wat dit stil hou, bevind hom gou sonder volgelinge.’ Dit verg ‘n sterk leier om ander aan die proses te laat deelneem en te laat ontwikkel.

Sielskos: Eseg 20-21; Matt 22:15-22; Ps 111; Spr 19:18-20