Not out, but through

2017-07-31
Isaiah 43:2 NKJV

Before God changes our circumstances, He often uses our circumstances to change us. Yes, He has promised to deliver us from our troubles, but not necessarily on our schedule or in the way we think. God wants to do more than just deliver us; He wants to develop us into the likeness of His Son and into the fullness of our God-given potential. Notice how often the word through is used in Scripture. To get to the Promised Land, Israel had to go through the Red Sea, through the wilderness, and through the Jordan River. Think about these two Scriptures: “As they pass through the Valley of Baca [brokenness, loss, grief, and weeping] they make it a spring…they go from strength to strength” (Psalm 84:5-7 NKJV). “When you pass through the waters, I will be with you; and through the rivers, they shall not overflow you. When you walk through the fire, you shall not be burned” (Isaiah 43:2 NKJV). God doesn’t work in minutes, hours, and days; He works in seasons. The refiner knows how long the ore must stay in the fire to produce gold. The potter knows how long the clay must stay on the wheel to become a thing of value, beauty, and usefulness. Trust God; He knows what He’s doing. Be patient; while God is working for you, He’s working in you. When you get through this experience, you’ll look back and thank Him for the things He has taught you.

Soul food: Ezra 9-10; Mark 1:1-8; Ps 78:32-39; Prov 20:1-3

Nie uit nie, maar deur


Jesaja 43:2 NLV

Voordat God ons omstandighede verander, gebruik Hy dikwels ons omstandighede om ons te verander. Ja, Hy het belowe om ons probleme op te los, maar nie noodwending op ons skedule of op die manier wat ons verwag nie. God wil ons nie net uit ons omstandighede red nie, Hy wil ons ook ontwikkel om meer soos sy Seun te wees en ons Godgegewe potensiaal ten volle te bereik. Let op hoe baie die woord deur in die Skrif gebruik word. Om by die Beloofde Land uit te kom, moes Israel deur die Rooi See, die woestyn en die Jordaanrivier beweeg. Dink aan hierdie twee Skrifgedeeltes: ‘Gaan hulle deur ‘n droë vallei, word dit omskep in ‘n fonteinedal… Hulle kragte sal vermeerder…’ (Psalm 84:7-8 NLV). ‘Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie…’ (Jesaja 43:2 NLV). God werk nie in minute, ure en dae nie; Hy werk in seisoene. Die suiweraar weet hoe lank die erts in die vuur moet bly om goud te produseer. Die pottebakker weet hoe lank die klei op die wiel moet bly om ‘n item van waarde, skoonheid en bruikbaarheid te word. Vertrou op God; Hy weet wat Hy doen. Wees geduldig; terwyl God vir jou werk, werk Hy ook in jou. Wanneer jy deur hierdie ervaring is, sal jy terugkyk en Hom bedank vir die dinge wat Hy jou geleer het.

Sielskos: Esra 9-10; Mark 1:1-8; Ps 78:32-39; Spr 20:1-3

Sharing your life with someone

2017-07-30
1 Corinthians 7:33 NLT

When four-year-old Sarah attended her first wedding, she had lots of questions. At the reception her mom explained there were two cakes – a groom’s cake and a bride’s cake. “What’s the matter, Mom?” Sarah asked. “Haven’t they learned to share yet?” Seriously, the Bible says, “A married man has to think about his…wife…a married woman has to think about…her husband” (vv. 33-34 NLT). If you devote more time to your career than your relationship, there’s a good chance it won’t last. That’s why 50 percent of marriages end in divorce. Understand this: When you marry someone, you marry everything they are and everything they’ve been through. It’s a package deal! And if you ask God, He will give you the wisdom and grace to enable both you and your spouse to “grow in grace.” It may not happen right away. As Shakespeare said, “What wound did ever heal but by degrees?” It takes time for even a small cut to heal. But if you let Him, God will give you the oil of compassion and the wine of love to pour into your spouse’s wounds. Never become so available at work that you’re unavailable at home. Your first calling is to your family. Your priorities should start there, then spread to your vocation and other pursuits. In effect, Paul is saying, “I release those who are married from the level of consecration I expect from those who are single, so they’ll be able to spend time working on their relationship” (vv. 32-35 paraphrase). You say, “But I need to spend time with God.” You’re called to love the Lord – and your spouse!

Soul food: Gen 14:18-20; Ps 110; Heb 5:5-11

Om jou lewe met iemand te deel


1 Korintiërs 7:33 NLV

Toe die vierjarige Sannie haar eerste troue bywoon, het sy baie vrae gehad. By die onthaal het haar ma verduidelik dat daar twee koeke is – een vir die bruidegom en een vir die bruid. ‘Maar Mamma’, het sy verstom gevra, ‘het hulle dan nog nie geleer om te deel nie?’ Die Bybel sê, ‘Maar die getroude man is begaan… oor hoe hy sy vrou kan gelukkig maak… Die getroude vrou is… begaan, oor hoe sy haar man kan gelukkig maak’ (verse 33-34 NLV). As jy meer tyd aan jou loopbaan as aan jou verhouding spandeer, is daar ‘n goeie kans dat dit nie gaan hou nie. Wanneer jy met iemand trou, trou jy met alles wat hulle is en met alles wat hulle al deurgemaak het. As jy vir God vra, sal Hy vir jou die wysheid en genade gee om julle altwee toe te rus om in genade te groei. Dit mag dalk nie dadelik gebeur nie. Soos Shakespeare tereg gesê het, ‘What wound did ever heal but by degrees?’ Dit neem tyd vir selfs ‘n klein snytjie om gesond te word. As jy Hom egter toelaat, sal God vir jou die olie van barmhartigheid en die wyn van liefde gee om oor jou eggenoot se wonde te giet. Moet nooit so beskikbaar by die werk word dat jy onbereikbaar by die huis word nie. Jou eerste roeping is tot jou familie. Jou prioriteite moet daar begin en dan na jou loopbaan en ander belange uitbrei. Paulus sê in effek dat getroude mense van die vlak van toewyding wat van enkellopendes verwag word, vrygestel word, sodat hulle tyd het om aan hulle verhouding te werk (sien verse 32-35). Jy sê, ‘Maar ek moet tyd met God spandeer.’ Jy is geroepe om die Here lief te hê – en jou eggenote!

Sielskos: Gen 14:18-20; Ps 110; Heb 5:5-11

Net Jesus kan jou siel bevredig

2017-07-29
Johannes 4:14 NLV

Daar is ‘n ou liedjie wat lui, ‘Looking for love in all the wrong places.’ Dit was waar van die vrou wat Jesus by die put in Samaria ontmoet het. Hier is haar verhaal: 1) Sy het godsdiens probeer, maar dit het haar nie bevredig nie. Sy het vir Jesus gesê, ‘Ons voorouers het op hierdie berg aanbid, maar julle sê die plek waar ‘n mens moet aanbid, is in Jerusalem’ (vers 20 NLV). Sy het dus kennis van godsdiens gehad, maar dit het nie die begeertes van haar hart gestil nie. Is dit ook jou ervaring? 2) Sy het menslike verhoudings probeer, maar dit het haar gefaal. Jesus het vir haar gesê, ‘Want jy het reeds vyf mans gehad en die een wat jy nou het, is eintlik nie jou man nie…’ (vers 18 NLV). Het dit met jou ook gebeur? Die verhouding wat jy die meeste nodig het – is met Jesus. 3) Sy het Jesus probeer en Hy het haar siel bevredig. Toe Jesus vir haar sê, ‘Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word…’ het sy geantwoord, ‘…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word [nie]…’ (verse 14-15 NLV). Godsdiens sonder ‘n persoonlike verhouding met God, sal jou onbevredig en onvervuld laat. Dis soos om soutwater te drink – hoe meer jy drink, hoe dorser word jy. Godsdiens sonder ‘n verhouding met God is soos ‘n fopspeen wat troos, maar wat geen voedingswaarde aan die baba verskaf nie. Miskien is jy deur Christene teleurgestel en deur die kerk seergemaak. As dit die geval is, is die woord vir jou vandag: Moenie opgee op godsdiens totdat jy Jesus probeer het nie, want slegs Hy kan jou siel bevredig.

Sielskos: Esra 6-8; Mat 28:11-20; Ps 78:17-31; Spr 19:27-29