Nie uit nie, maar deur
2017-07-31Jesaja 43:2 NLV
Voordat God ons omstandighede verander, gebruik Hy dikwels ons omstandighede om ons te verander. Ja, Hy het belowe om ons probleme op te los, maar nie noodwending op ons skedule of op die manier wat ons verwag nie. God wil ons nie net uit ons omstandighede red nie, Hy wil ons ook ontwikkel om meer soos sy Seun te wees en ons Godgegewe potensiaal ten volle te bereik. Let op hoe baie die woord deur in die Skrif gebruik word. Om by die Beloofde Land uit te kom, moes Israel deur die Rooi See, die woestyn en die Jordaanrivier beweeg. Dink aan hierdie twee Skrifgedeeltes: ‘Gaan hulle deur ‘n droĆ« vallei, word dit omskep in ‘n fonteinedal… Hulle kragte sal vermeerder…’ (Psalm 84:7-8 NLV). ‘Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie…’ (Jesaja 43:2 NLV). God werk nie in minute, ure en dae nie; Hy werk in seisoene. Die suiweraar weet hoe lank die erts in die vuur moet bly om goud te produseer. Die pottebakker weet hoe lank die klei op die wiel moet bly om ‘n item van waarde, skoonheid en bruikbaarheid te word. Vertrou op God; Hy weet wat Hy doen. Wees geduldig; terwyl God vir jou werk, werk Hy ook in jou. Wanneer jy deur hierdie ervaring is, sal jy terugkyk en Hom bedank vir die dinge wat Hy jou geleer het.
Sielskos: Esra 9-10; Mark 1:1-8; Ps 78:32-39; Spr 20:1-3