2019-10-31
Hebrews 13:5 NLT
One morning, a businessman saw a fisherman lounging on his boat drinking coffee. “You’re back early,” he shouted. The sailor replied, “I’ve caught enough. I’m through for the day.” The businessman said, “Why not go out again? If you keep going out you can catch more fish and increase your income, buy a second boat, hire a crew, and become rich like me.” The man replied, “Why should I do that?” The businessman said, “So you’ll be free to do what you want and enjoy life.” Grinning, the fisherman said, “But that’s exactly what I’m doing right now!” The Bible says, “Be satisfied with what you have,” yet many of us base our self-worth on what we own or achieve. We only feel good about ourselves when we’re involved in certain relationships or live in certain neighbourhoods or reach certain goals. We tell ourselves, “When I earn more money, or make company president, or lose fifty pounds, etc., I’ll be okay.” So, what’s the basis of your self-worth today? If you’re not sure, ask yourself, “What can I not live without?” Is there somebody you’re afraid will leave you? A job you’re too involved in? Is there something you need to accomplish before you feel complete? It is both scriptural and wise to have goals for your life, but don’t undermine yourself by believing that you’re “less than” because you’ve achieved or acquired less than someone else. The Scriptures teach that when you make God’s purposes your number one priority, “He will…give you all you need…For it gives your Father great happiness to give you [the benefits of] the Kingdom” (Luke 12:31-32 TLB).
Soul food: Deut 18:9-18; Dan 2; Isa 47:5-15; Acts 16:16-34
Hebreërs 13:5 NLV
Een oggend het ‘n besigheidsman ‘n visserman op sy boot sien sit en koffie drink. ‘Jy’s vroeg terug,’ het hy geroep. Die visserman het geantwoord: ‘Ja, ek het genoeg gevang. Ek is klaar vir die dag.’ Die besigheidsman het gesê: ‘Hoekom gaan jy nie weer uit nie? As jy aanhou uitgaan sal jy meer vis kan vang, ‘n tweede boot kan koop, bemanningslede aanstel en ryk word soos ek.’ Die man het geantwoord: ‘Hoekom sal ek dit wil doen?’ Die besigheidsman het gesê: ‘Sodat jy vry kan wees om te doen wat jy wil en die lewe kan geniet.’ Met ‘n glimlag het die visserman geantwoord: ‘Maar dis presies wat ek op die oomblik doen!’ Die Bybel sê: ‘…Laat wat julle het, vir julle genoeg wees…’ en tog baseer so baie van ons self-waarde op dit wat ons besit of bereik. Ons voel net goed oor onsself wanneer ons in sekere verhoudings is of in sekere woonbuurte woon of sekere doelwitte bereik. Ons sê vir onsself: ‘Wanneer ek genoeg geld maak, of die president van die maatskappy word, of 10 kilogram verloor, ensovoorts, sal ek okay wees.’ Wat is vandag die basis van jou self-waarde? As jy nie seker is nie, vra jouself af: ‘Waar sonder kan ek nie lewe nie?’ Is daar iemand wat jy bang is jou sal los? ‘n Werk waarby jy te betrokke is? Dit is beide Skriftuurlik en wys om lewensdoelwitte te hê, maar moenie jouself ondermyn deur te glo dat jy ‘minder’ is omdat jy minder as iemand anders bereik of verkry het nie. Die Skrif leer ons dat wanneer jy God se doelwitte jou eerste prioriteit maak, ‘…sal [Hy} daagliks vir julle alles gee wat julle nodig het… Want dit maak julle Vader baie gelukkig om die koninkryk aan julle te gee’ (Lukas 12:31-32 NLV).
Sielskos: Deut 18:9-18; Dan 2; Jes 47:5-15; Hand 16:16-34
2019-10-30
Matteus 19:5 NLV
Ouers, lees hierdie brief: ‘Liewe Pa: Dankie vir al die kere wat ek op jou skoot kon sit sodat ek die rugbywedstryd kon sien en vir al die kere wat Pa vir my worsbroodjies gekoop het. Ek sal altyd die dag onthou wat Pa my deur die sneeu gedra het omdat ek so koud gekry het. Pa was ‘n wonderlike Pa vir my en ek sal Pa nooit vergeet nie. Ek en Susan het nou die dag gesels en gewonder hoe dit met Pa gaan. Vandat ons weggetrek het sien ons mekaar nie baie nie. Een van die dae gaan ons egter kom en Pa verras. Pas Pa op. Ek is lief vir Pa. Liefde, jou seun.’ Mooi brief, nè? Mooi, indien jy jouself voorberei het vir die tyd wanneer jou kinders jou nie meer so baie gaan nodig hê nie. Indien nie, kan jy gegrief voel teenoor diegene vir wie jy so baie opgeoffer het wanneer jy voel dat jy nie meer belangrik vir hulle is nie. God het jou kinders, met ‘n vervaldatum, vir jou geleen. Die digter Kahlil Gibran het gesê: ‘They come through you but not from you… You are the bows from which your children as living arrows are sent forth’ (sien Psalm 127:4). Ouerskap gaan nie oor eienaarskap nie, maar oor rentmeesterskap. Jou eerste opdrag is om liefde te voorsien wat hulle sekuriteit gee, wette te voorsien wat hulle wys maak, lig om in te wandel en ‘n lewenstyl wat hulle kan volg. Jou volgende opdrag is om hulle voor te berei om in die wêreld uit te gaan en die dinge wat jy hulle geleer het uit te oefen. Laat hulle dus vandag gaan, vier die belegging wat jy gemaak het, bid vir hulle en vra vir God: ‘Wat is volgende?’ Dis hoe God dit beplan het.
Sielskos: 1 Kro 3-5; Joh 8:1-20; Ps 6; Spr 25:1-7
Matthew 19:5 NIV
Parents, read this letter. “Dear Dad: Thanks for all the times you held me on your lap so I could see the ball game, and times you took me to the carnival and bought me hot dogs. I’ll always remember the day you carried me through the snow because I was so cold. You’ve been a great dad and I’ll never forget you. Suzie and I were talking the other day and wondering how you’re doing. Since we moved away we don’t get to see much of you. But one of these days we’re going to come and surprise you. Take care. I love you, your son.” Nice letter, eh? Nice, if you’ve prepared yourself for the time when you’re no longer needed to do what you’re doing today. If not, you can grow resentful toward those you sacrificed so much for and feel like you’re no longer important to them. God gave you your children on a lease, with an expiration date. Poet Kahlil Gibran said, “They come through you but not from you…You are the bows from which your children as living arrows are sent forth” (See Psalm 127:4). Parenthood isn’t about ownership, it’s about stewardship. Your first assignment is to provide love to make them secure, laws to make them wise, light to walk in, and a lifestyle to follow. Your next assignment is to prepare them to go out into the world and put into practice the things you’ve taught them. So release them, celebrate the investment you’ve made, pray for them, and ask God, “What’s next?” It’s the way God planned it.
Soul food: 1 Chr 3-5; John 8:1-20; Ps 6; Prov 25:1-7
2019-10-29
Psalm 1:2 NLV
Wanneer jy verby die punt kom waar jy net eenvoudig jou Bybel lees en die tyd neem om elke dag oor sy waarhede te mediteer, begin jy soos God dink. Petrus was so afhanklik van Jesus se woorde dat hy gesê het: ‘…Here, na wie toe sal ons teruggaan? U het die woorde wat ewige lewe gee’ (Johannes 6:68 NLV). Job het ook gesê: ‘…Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar’ (Job 23:12 NLV). Vraag: Wanneer laas het jy ‘n maaltyd misgeloop sodat jy tyd kon spandeer om oor die Skrif te mediteer? Terwyl jy oor God se Woord mediteer, ontwikkel jy ‘n gedagtepatroon wat jou in staat stel om bo jou vrese uit te styg. ‘Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het’ (Jesaja 55:11 NLV). Hoor jy? God se Woord sal God se doelwitte in jou lewe bereik! Dis hoekom Satan met jou sal veg oor die tyd wat jy neem om Bybelstudie te doen. Die waarheid is dat jy nie tyd kry nie, jy maak tyd! Die profeet Jesaja het gesê: ‘…Elke oggend spits ek my ore om verder by die Here te leer’ (Jesaja 50:4 DB). In ‘n wêreld wat dikwels van toewyding gestroop is, belowe God: ‘Ek sal nie op jou opgee nie. Ek sal aanhou werk aan jou totdat jy helder in jou persepsies, sterk in jou geloof en gebalanseerd in jou geestelike wandel is. Soos jy oor my voorskrifte mediteer, sal jy in ‘n nuwe rigting begin beweeg. Wanneer dit gebeur, sal jou lewe begin voorspoedig raak.’ Begin dus van vandag af oor God se Woord mediteer.
Sielskos: 1 Kro 1-2; Joh 7:45-53; Ps 9; Spr 24:30-34