In the storm with Jesus (1)

2024-08-31
Mark 4:35 NKJV

Growing in faith and getting to know Jesus intimately requires going through storms with Him. The disciples discovered this when Jesus said to them, “Let us cross over to the other side.” Next, we read: “A great windstorm arose, and the waves beat into the boat, so that it was already filling” (v. 37 NKJV). Their story has a happy ending. Jesus calmed the storm, and they said in amazement, “Who can this be, that even the wind and the sea obey Him!” (v. 41 NKJV).

There are life-changing truths Jesus taught and aspects of His character that you will never understand until you have been through a storm with Him. Sometimes when storms come, we assume they are the result of something we have done wrong or that we’re not in the will of God. The disciples were in the storm due to obedience, not disobedience. They hadn’t done anything wrong; they had done something right.

Understand this: Even if you love Jesus with all your heart, you will still face storms. As the disciples discovered, the storm can come when you’re closest to Jesus. He doesn’t promise that the storm won’t strike your boat but that the storm won’t sink it. He doesn’t promise smooth sailing, but He guarantees a safe landing. You will either face life’s troubles with fear or faith. How are they different? Fear concentrates on the storm; faith concentrates on the Saviour.

It may sound surprising, but we need storms. Jesus permits us to sail into them so that we will (1) consider His promises, (2) stay calm in His presence, and (3) have confidence in His power.

Soul food: 3 John; Jude; Luke 18:31-43; Ps 119:169-176

In die storm saam met Jesus (1)


Markus 4:35 NLV

Om in geloof te groei en Jesus intiem te leer ken, verg dat jy saam met Hom deur storms moet gaan. Die dissipels het dit ontdek toe Jesus vir hulle gesê het: ‘…Kom ons vaar oorkant toe.’ Ons lees verder: ‘Daar het ‘n hewige stormwind opgekom. Groot golwe het teen die boot gebreek, met die gevolg dat dit alreeds vol water begin word het’ (vers 37 NLV). Hulle verhaal het ‘n gelukkige einde gehad. Jesus het die storm laat bedaar en hulle het in verwondering gesê: ‘…Wie is Hy werklik? Selfs die wind en die see luister na Hom!’ (vers 41 NLV).

Daar is lewensveranderende waarhede wat Jesus jou leer en aspekte van sy karakter wat jy nooit sal verstaan nie, totdat jy ‘n storm saam met Hom meegemaak het. Soms wanneer die storms kom, aanvaar ons dat dit die resultaat is van iets wat ons verkeerd gedoen het, of dat ons nie in die wil van God is nie. Die dissipels was as gevolg van gehoorsaamheid, nie as gevolg van ongehoorsaamheid nie, in die storm.

Verstaan die volgende: Selfs al het jy Jesus met jou hele hart lief, sal jy steeds storms moet trotseer. Soos die dissipels ontdek het, kan die storm kom wanneer jy die naaste aan Jesus is. Hy het nie belowe dat die storm nie die boot sou tref nie, maar dat die storm dit nie sou sink nie. Jy sal die probleme van die lewe óf met vrees óf in geloof trotseer. Vrees konsentreer op die storm; geloof konsentreer op die Verlosser.

Dit klink dalk verbasend, maar ons het storms nodig. Jesus laat ons toe om hulle te trotseer sodat ons (1) sy beloftes sal glo, (2) kalm in sy teenwoordigheid sal bly, en (3) vertroue in sy krag sal hê.

Sielskos: 3 Joh; Judas; Luk 18:31-43; Ps 119:169-176

Wees altyd oopkop (2)

2024-08-30
Handelinge 17:11 NLV

Hier is ‘n verhaal van twee stede: 1) Tessalonika het die waarheid verwerp. ‘Soos dit Paulus se gewoonte was, het hy na die sinagogediens gegaan en op drie Sabbatdae na mekaar uit die Skrifte met die Jode geredeneer… ‘Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,’ het hy gesê, ‘Hý is die Messias.’… Die Jode was egter jaloers hieroor. Hulle het toe met die hulp van ‘n paar nikswerd leeglêers ‘n betoging begin en die stad in oproer gebring…’ (verse 2-3, 5 NLV).

2) Berea het die waarheid ontvang. ‘…Daar aangekom, het hulle [Paulus en Silas] na die Jode se sinagoge gegaan. Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika, en hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, sowel vooraanstaande vroue as mans’ (verse 10-12 NLV).

Dis nie net ‘n verhaal van twee stede nie, maar van twee ingesteldhede. ‘n Toe ingesteldheid sê: ‘Ek glo dat ek alles wat daar oor hierdie onderwerp te wete is, weet.’ ‘n Oop ingesteldheid sê: ‘Ek is dankbaar vir wat ek weet, maar ek glo dat daar meer te wete is.’ ‘n Woord van waarskuwing egter! Net omdat ‘n spreker iets sê, beteken nie jy moet dit sonder twyfel aanvaar nie. ‘n Leier wat daarna streef om God te eer sal nie aanstoot neem as jy dit wat hulle sê, bevraagteken nie. Die mense in Berea het Paulus se woorde, die skrywer van die helfte van die Nuwe Testament, ondersoek! Die woord vir jou vandag is dus – wees altyd oopkop.

Sielskos: 2 Kro 35-36; 2 Joh; Luk 18:18-30; Ps 119:161-168

Always be open-minded (2)


Acts 17:11 NKJV

Here is a tale of two cities: (1) Thessalonica rejected the truth. “Then Paul, as his custom was, went in to them, and for three Sabbaths reasoned with them from the Scriptures… saying, ‘This Jesus whom I preach to you is the Christ’ …But the Jews who were not persuaded, becoming envious, took some of the evil men from the marketplace, and gathering a mob, set all the city in an uproar” (vv. 2-3, 5 NKJV).

(2) Berea received the truth. “Paul…went into the synagogue of the Jews. These were more fair-minded than those in Thessalonica, in that they received the word with all readiness, and searched the Scriptures daily to find out whether these things were so. Therefore many of them believed, and also not a few of the Greeks, prominent women as well as men” (vv. 10-12 NKJV).

This is not just a tale of two cities but two mindsets. An open mindset and a closed mindset. A closed mindset says, “I believe I know all there is to know about this subject,” and an open mindset says, “I’m grateful for what I know, but I believe there is more to know.” But a word of caution! Just because a speaker says something doesn’t mean you should accept it without question. A leader who seeks to honor God won’t be offended when you question what they say. The Bereans “received the word with all readiness, and searched the Scriptures daily to find out whether these things were so.” Whose teachings were they checking out? Paul’s, the author of half the New Testament! So, the word for you today is – always be open-minded.

Soul food: 2 Chr 35-36; 2 John; Luke 18:18-30; Ps 119:161-168

Wees altyd oopkop (1)

2024-08-29
Spreuke 24:32 NLV

Koning Salomo word as een van die wysste mense wat nog ooit gelewe het, beskou. Hy het drie boeke in die Bybel geskryf en word gereeld aangehaal. Hy was ‘n lewenslange leerder en soeker na die waarheid. ‘Ek het nagedink oor wat ek gesien het. Ek het iets daaruit geleer.’ Let op die woorde: ‘Ek het daaroor nagegedink… Ek het iets daaruit geleer’. Dit behoort jou vaste gesindheid in die lewe te wees.

God se plan vir jou is om aan te hou leer, verander, groei en volwasse word totdat jy jou laaste asem uitblaas. Dit beteken dat jy altyd oopkop moet wees. Kyk na die Fariseërs. Hulle was 100 persent toegewyd aan hulle geloofstelsel. Hulle was ook die bes opgevoede mense in die samelewing. Tog het hulle Jesus en die waarheid wat Hy gedeel het om elke hoek en draai weerstaan. Hoekom? As gevolg van drie baie algemene redes: 1) Trots. ‘As wat Jesus sê reg is, beteken dit ons is verkeerd.’ 2) Sekuriteit. ‘As ons sy leerstellings aanvaar, wat gaan dan van ons reputasie en inkomste word? 3) Tradisie. ‘Ons glo en dink al vir generasies op hierdie manier.’

Kan jy sien hoe dit dalk op jou lewe van toepassing mag wees? Geestelike groei verg twee dinge: ‘n honger na die waarheid en die nederigheid om te erken dat jy nog baie het om te leer. Dit is twee kwaliteite wat God altyd sal eer: ‘Hy lei die nederiges op die regte weg, en vir dié wat beskeie is, leer Hy sy pad’ (Psalm 25:9 NLV). Wees dus altyd oopkop.

Sielskos: 2 Kro 32-34; Luk 18:1-17; Ps 119:145-160; Spr 22:14-16