How much do you love Jesus?

2018-01-31
Matthew 13:46 NKJV

In one of the most unique corporate take-overs ever, Stanley Tam legally transferred 51 percent of the shares of his company to God. He started United States Plastic Corporation with thirty-seven dollars in capital. When he gave his business back to God, annual revenues were less than two hundred thousand dollars. But Stanley believed God would bless his business, and he wanted to honor God from the get-go. At that point, most of us would have been patting ourselves on the back. Not Stanley. He felt convicted for keeping 49 percent to himself. After reading the parable of the merchant who sold everything to obtain the pearl of great price, he made a decision to divest himself of all his shares. He said, “A man can eat only one meal at a time, wear only one suit of clothes at a time, drive only one car at a time. All this I have. Isn’t that enough?” So on January 15, 1955, every share of stock was transferred to God, and Stanley became a salaried employee of the company he started. Before he was through, Stanley gave away more than 120 million dollars to the cause of Christ. If you want to measure the depth of your love for Christ, look at your calendar and your credit card statement. They don’t lie. How you spend your time and money are the two best barometers of your true priorities. Is Christ your pearl of great price? He wants to be. He deserves to be.

Soul food: Num 8-10; Matt 11:10-19; Ps 107:10-16; Prov 3:19-20

Hoe lief het jy vir Jesus?


Matteus 13:46 NLV

In een van die mees unieke korporatiewe oornames ooit, het Stanley Tam wetlik 51 persent van sy maatskappy se aandele aan God oorgedra. Hy het die United States Plastic Corporation met sewe-en-dertig dollars begin. Teen die tyd wat hy sy besigheid aan God terugeggee het, was die maatskappy se jaarlikse inkomste minder as tweehonderd duisend dollars. Stanley het egter geglo dat God sy besigheid sou seën en hy wou God uit die staanspoor eer. Op daardie punt sou die meeste van ons onsself op die skouer geklop het. Nie Stanley nie. Hy het skuldig gevoel omdat hy 49 persent van die maatskappy vir homself gehou het. Nadat hy die gelykenis van die pêrelhandelaar wat alles verkoop het om die kosbare pêrel aan te skaf, gelees het, het hy die besluit gemaak om van al sy aandele ontslae te raak. Hy het gesê, “‘n Man kan net een maaltyd op ‘n slag eet, net een pak klere op ‘n slag dra en net een kar op ‘n slag ry. Dit alles het ek. Is dit nie genoeg nie?” Dus, op 15 Januarie 1955, het hy alle aandele aan God oorgedra en het Stanley ‘n gewone salaristrekker van die maatskappy wat hy gestig het, geword. Voor hy klaar was, het Stanley meer as 120 miljoen dollars vir Christus se saak weggegee. As jy die diepte van jou liefde vir Christus wil meet, kyk na jou kalender en jou kredietkaart se staat. Hulle lieg nie. Hoe jy jou tyd en jou geld spandeer, is die twee beste maatstawwe van jou ware prioriteite. Is Christus jou kosbare pêrel? Hy wil dit wees. Hy verdien om dit te wees.

Sielskos: Num 8-10; Matt 11:10-19; Ps 107:10-16; Spr 3:19-20

Hou aan bid!

2018-01-30
Kolossense 4:2 NLV

In 1964 het kommunistiese Simba rebelle die dorp Bunia in Zaïre ingeneem. Hulle het baie inwoners gearresteer en tereggestel. ‘n Pastoor met die naam van Zebedayo Idu was een van hulle slagoffers. Hulle het hom ter dood veroordeel en hom vir die nag in die tronk gegooi. Die volgende oggend is hy en ‘n groot aantal gevangenes na ‘n publieke plek vir hulle teregstelling geneem. Sonder enige verduideliking, het een van die rebelle die gevangenes beveel om in ‘n lyn te staan en begin tel – ‘een, twee, een, twee, een, twee.’ Al die gevangenes wat ‘een’ genommer is is voor die vuurpeleton staangemaak terwyl diegene wat ‘twee’ genommer is na die tronk toe teruggevat is. Pastoor Idu was een van die wat gespaar is. Terug in die tronkselle, kon die gevangenes die klank van geweerskote hoor. Die pastoor het hierdie dramatiese oomblik gebruik om die verhaal van Jesus met die ander gevangenes te deel. Agt van die gevangenes het daardie dag hulle lewens vir Christus gegee. Net toe pastoor Idu klaar was om die Goeie Nuus met hulle te deel, het ‘n opgewonde boodskapper met ‘n vrylatingsbevel vir hom daar aangekom. Die pastoor is per ongeluk gearresteer en was vry om te gaan. Hy het vir die ander gevangenes totsiens gesê en hom na sy huis langs die kapel gehaas. Daar het hy ‘n groep gelowiges aangetref wat besig was om vir sy vrylating te bid. Toe hulle die antwoord op hul gebede deur die deur sien stap, het hulle gebedsdiens in ‘n lofprysingsdiens verander. Dieselfde God wat die gebede van die kerk in Jerusalem in die Nuwe Testament aangehoor het en Petrus van teregstelling gered het, het die gebede uit Zaïre gehoor en hulle pastoor gered (sien Handelinge 12:5). God luister steeds, hou dus aan bid!

Sielskos: Num 7; Matt 11:1-9; Ps 107:1-9; Spr 3:13-18

Keep praying!


Colossians 4:2 NLT

In 1964, Communist Simba rebels besieged the town of Bunia in Zaire. They arrested and executed many citizens. A pastor by the name of Zebedayo Idu was one of their victims. They sentenced him to death before a firing squad and placed him in jail for the night. The next morning he and a large number of prisoners were herded onto a truck and driven to a public place for execution. With no explanation, the official told the prisoners to “line up and number off – one, two, one, two, one, two.” The “ones” were placed in front of the firing squad, and the “twos” were taken back to the prison. Pastor Idu was among those who were spared. Back in their jail cells, the prisoners could hear the sound of gunfire. The pastor took advantage of the dramatic moment to share the story of Jesus and the hope of heaven. Eight of the prisoners gave their lives to Christ that day. About the time Pastor Idu finished sharing, an excited messenger came to the door with a release order. The pastor had been arrested by mistake and was free to leave. He said goodbye to the prisoners and hurried to his home next to the chapel. There he discovered a crowd of believers who were praying for his release. When they saw the answer to their prayers walk through the door, their prayer service turned into a praise service. The same God who heard the prayers of the New Testament church in Jerusalem and saved Peter from execution, heard prayers from Zaire and delivered their pastor (See Acts 12:5). And God is still listening, so keep praying!

Soul food: Num 7; Matt 11:1-9; Ps 107:1-9; Prov 3:13-18

Loof God elke dag

2018-01-29
Openbaring 4:11 NLV

‘n Christelike boer het sy perd geleer om te stop en te loop. Wanneer hy wou hê dat die perd moes begin loop, het hy, ‘Prys die Here,’ gesê. Wanneer hy die perd wou laat stop, sou hy, ‘Halleluja,’ skree. Alles het goed gegaan tot een dag toe ‘n donderslag die perd laat skrik het en hy teen volle spoed weggetrek het. Toe die boer besef dat hy beheer oor die perd verloor het, het hy paniekerig geraak en die bevele vergeet wat hy die perd geleer het. Voor hulle het ‘n krans skielik opgedoem. Desperaat het die boer elke godsdienstige woord wat hy nog ooit gehoor het, geskree. ‘Amen! Jesus red! Waardig! Heilig!’ Niks het gewerk nie. Net toe die perd amper op die afgrond is, het die boer ‘Halleluja!’ geskree. Die perd het daar op die kant van die afgrond tot stilstand gekom. Verlig het die boer die sweet van sy voorkop afgevee en gesê, ‘Sjoe, prys die Here!’ Op ‘n ernstiger noot, dis nie net Sondae in die kerk wat ons God moet loof nie. ‘Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die naam van die Here geprys word’ (Psalm 113:3 NLV). Dit beteken dat jou eerste woorde in die oggend en jou laaste woorde in die aand, lofprysing tot God moet wees. ‘Hoekom moet ek God elke dag loof?’ vra jy. Omdat Hy waardig is om jou lof te ontvang. ‘U is waardig, Here ons God, om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang…’ Woorde van liefde en waardering wat hardop gespreek word bring mense nader aan mekaar en skep intimiteit. Wil jy nader aan God beweeg? Begin om Hom meer te loof.

Sielskos: Num 4:34-6:27; Matt 10:32-42; Ps 104:24-35; Spr 3:11-12