Hoe lief het jy vir Jesus?
2018-01-31Matteus 13:46 NLV
In een van die mees unieke korporatiewe oornames ooit, het Stanley Tam wetlik 51 persent van sy maatskappy se aandele aan God oorgedra. Hy het die United States Plastic Corporation met sewe-en-dertig dollars begin. Teen die tyd wat hy sy besigheid aan God terugeggee het, was die maatskappy se jaarlikse inkomste minder as tweehonderd duisend dollars. Stanley het egter geglo dat God sy besigheid sou seën en hy wou God uit die staanspoor eer. Op daardie punt sou die meeste van ons onsself op die skouer geklop het. Nie Stanley nie. Hy het skuldig gevoel omdat hy 49 persent van die maatskappy vir homself gehou het. Nadat hy die gelykenis van die pêrelhandelaar wat alles verkoop het om die kosbare pêrel aan te skaf, gelees het, het hy die besluit gemaak om van al sy aandele ontslae te raak. Hy het gesê, “‘n Man kan net een maaltyd op ‘n slag eet, net een pak klere op ‘n slag dra en net een kar op ‘n slag ry. Dit alles het ek. Is dit nie genoeg nie?” Dus, op 15 Januarie 1955, het hy alle aandele aan God oorgedra en het Stanley ‘n gewone salaristrekker van die maatskappy wat hy gestig het, geword. Voor hy klaar was, het Stanley meer as 120 miljoen dollars vir Christus se saak weggegee. As jy die diepte van jou liefde vir Christus wil meet, kyk na jou kalender en jou kredietkaart se staat. Hulle lieg nie. Hoe jy jou tyd en jou geld spandeer, is die twee beste maatstawwe van jou ware prioriteite. Is Christus jou kosbare pêrel? Hy wil dit wees. Hy verdien om dit te wees.
Sielskos: Num 8-10; Matt 11:10-19; Ps 107:10-16; Spr 3:19-20