2018-05-31
Acts 27:20 NIV
There are times when God seems inaccessible. When you pray, you feel abandoned in your present circumstances. And not just abandoned, but terrified and even hopeless. Paul understood that feeling. He’d longed for an opportunity to preach in Rome, and was on his way there when a hurricane destroyed his ship. Paul not only foresaw the loss of the ship, its crew and cargo, but “our own lives also” (v. 10 NIV). He tried to warn the crew of the impending tragedy, but his words were disregarded by those in charge. In short, Paul and 276 others were placed in a life-threatening position by the willful disregard of others, and there was nothing he could do about it. Feeling a sense of despair, he and his believing companions declared, “We finally gave up all hope of being saved!” Then after fourteen days lost at sea – when the hurricane was fiercest – God sent an angel. “Do not be afraid, Paul…God has graciously given you the lives of all who sail with you” (v. 24 NIV). When it looked like Paul’s consuming desire to preach in Rome would be thwarted, God faithfully piloted them through the storm to the exact destination He’d planned for them. Paul would go to Rome and declare God’s Word before Caesar! Are you caught in a storm? Whatever trial you’re facing today, know this one thing: You can trust God to carry you through it. He determines “the end from the beginning” (Isaiah 46:10), so you will come out of this stronger and wiser.
Soul food: Lam 1:1-3:39; Mark 12:28-44; Ps 108; Prov 13:24-25
Handelinge 27:20 NLV
Daar is tye wat dit voel of God ontoeganklik is. Wanneer jy in jou huidige omstandighede bid, voel jy verlate. Nie net verlate nie, maar vreesbevange en selfs hopeloos. Paulus het daardie gevoel verstaan. Hy het gesmag na ‘n geleentheid om in Rome te gaan preek en was onderweg daarheen toe ‘n orkaan sy skip vernietig het. Paulus het voorsien dat nie net die skip en die vrag verlore sou gaan nie, maar dat hulle ook hulle lewens sou verloor (sien vers 10). Hy het die bemanning van die dreigende tragedie probeer waarsku, maar sy woorde is deur die mense in beheer verontagsaam. In kort, is Paulus en 276 ander mense in ‘n lewensgevaarlike posisie geplaas en daar was niks wat hy daaraan kon doen nie. Hy en sy gelowige metgeselle het wanhopig gevoel en verklaar, ‘Uiteindelik is alle hoop laat vaar dat ons gered sou word.’ Na veertien dae wat hulle op see verlore was – toe die orkaan op sy ergste gewoed het – het God ‘n engel gestuur. ‘…Hou op bang wees, Paulus… om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is’ (vers 24 NLV). Toe dit lyk asof Paulus se verterende begeerte om in Rome te gaan preek gedwarsboom sou word, het God hulle getrou deur die storm gestuur na die presiese bestemming wat Hy vir hulle in gedagte gehad het. Paulus sou na Rome gaan en God se Woord voor Caesar verklaar! Is jy in ‘n storm vasgevang? Watter toets jy ook al vandag voor te staan kom, weet hierdie een ding: Jy kan God vertrou om jou daardeur te dra. Hy maak ‘…die einde bekend vanaf die begin…’ (Jesaja 46:10 NLV), dus sal jy sterkter en wyser hier deur kom.
Sielskos: Klaag 1:1-3:39; Mark 12:28-44; Ps 108; Spr 13:24-25
2018-05-30
Hebrews 6:1 NLT
We all get the same 168 hours in our week. But if the only time you devote to your spiritual growth is the time you spend in church on Sunday morning, you’ll never move beyond spiritual infancy. Think about it. An infant can’t feed itself; it chooses candy over carrots; it constantly falls down and has to be picked up; it keeps wandering off and getting into trouble; it’s basically self-centered and needs to be disciplined and trained. Are you getting the picture? The new birth is exciting, but it’s supposed to be your launching pad, not your crib. The Bible says, “Let us stop going over the basic teachings about Christ again and again. Let us go on instead and become mature in our understanding.” Note the words “Let us.” That means it’s up to you! At some point you’ve got to say to yourself, “Starting today I’m going to do what it takes to grow up spiritually and discover God’s plan for my life.” One day at the end of World War I, General Louis Lyautey asked his gardener to plant a particular type of tree on his estate. The gardener informed him that the tree, being unusually slow to grow, would take nearly a century to reach maturity. “In that case,” the general replied, “there’s no time to lose. Plant it this afternoon!” Here’s a fail-safe plan for growing into spiritual maturity: “They delight in the law of the Lord, meditating on it day and night. They are like trees planted along the riverbank, bearing fruit each season. Their leaves never wither, and they prosper in all they do” (Psalm 1:2-3 NLT).
Soul food: Gal 4-6; Mark 12:13-27; Ps 101; Prov 13:20-23
Hebreërs 6:1 NLV
Ons almal kry dieselfde 168 ure per week. As die enigste tyd wat jy aan jou geestelike groei spandeer egter die tyd is wat jy in die kerk op ‘n Sondagoggend is, sal jy nooit verder as geestelike kinderskoene beweeg nie. Dink daaroor. ‘n Baba kan nie homself voed nie; hy verkies lekkers bo wortels; val gereeld en moet opgetel word; kruip rond en kom in die moeilikeid; hy is basies self-gesentreerd en moet gedissiplineer en opgelei word. Kry jy die prentjie? Die wedergeboorte is opwindend, maar dit moet jou wegspringplek wees, nie jou wiegie nie. Die Bybel sê, ‘Kom ons hou op om oor en oor te konsentreer op die basiese aspekte van Christenskap. Kom ons gaan verder en word geestelik volwasse…’ Dit hang van jou af! Op ‘n sekere punt moet jy vir jouself sê, ‘Van vandag af gaan ek doen wat nodig is om geestelik te groei en God se plan vir my lewe te ontdek.’ Een dag aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog, het generaal Louis Lyautey sy tuinier gevra om ‘n spesifieke soort boom op sy landgoed te plant. Die tuinier het hom ingelig dat die boom besonder stadig groei en dat dit amper ‘n eeu sou neem om volwassenheid te bereik. ‘In daardie geval,’ het die generaal geantwoord, ‘is daar geen tyd om te verspeel nie. Plant hom sommer vanmiddag nog!’ Hier is ‘n rotsvaste plan om tot geestelike volwassenheid te groei: ‘Gelukkig is die mense wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink. Hulle is soos bome geplant langs ‘n rivier, wat vrugte dra op die regte tyd. Hulle blare verwelk nie; in alles wat hulle doen, is hulle voorspoedig’ (Psalm 1:1-3 NLV).
Sielskos: Gal 4-6; Mark 12:13-27; Ps 101; Spr 13:20-23
2018-05-29
Handelinge 1:3 NLV
Bewyse van Christus se opstanding is deegliker as enige ander feit in die geskiedenis ondersoek! Dit is deur sommige van die grootste geleerdes in die wêreld geweeg en oorweeg, onder andere deur Simon Greenleaf, ‘n gesiene professor wat van 1833 tot 1848 by Harvard se regskool gedoseer het. Hy het gehelp om Harvard se regskool bekend te maak en word gesien as een van die grootste gesaghebbendes rakende wetlike bewyse in die wêreldsgeskiedenis. Toe Greenleaf die opstanding begin ondersoek het, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat dit ‘n realiteit is, dat dit ‘n historiese gebeurtenis was en dat enigiemand wat die bewyse eerlik ondersoek, ook daarvan oortuig sal wees. Dit was ook dan die geval met dr Frank Morison, ‘n Britse prokureur/ingenieur wat ‘n boek wou skryf wat die idee van die opstanding van Christus sou verwerp. Hy het toe ‘n boek geskryf – maar dit was nie die boek wat hy bedoel het om te skryf nie! Soos hy die bewyse ondersoek het, het hierdie skeptiese prokureur dit so oorweldigend gevind dat hy geforseer was om dit te aanvaar en het hy ‘n gelowige geword. Die boek wat hy geskryf het, Who Moved the Stone, gee gedetailleerde bewyse van die opstanding. Die eerste hoofstuk van die boek is getiteld The Book That Refused to Be Written. ‘n Generaal in die Amerikaanse burgeroorlog, die prokureur Lew Wallace, het ook besluit om ‘n boek te skryf wat die goddelikheid van Christus en die opstanding sou verwerp, maar op die ou einde het hy dit in sy beroemde boek, Ben-Hur, wat as die ‘invloedrykste boek van die negentiende eeu’ beskryf is, verdedig. Christus het opgestaan! Jou verloste geliefdes sal ook opstaan en jy sal die ewigheid saam met hulle in God se teenwoordigheid deurbring.
Sielskos: Gal 1-3; Mark 12:1-12; Ps 128; Spr 13:17-19