Wat die Bybel ons oor geld leer (1)

2025-03-31
Haggai 2:8 NLV

God besit alles. As jy daaroor twyfel, lees hierdie Skrifgedeeltes: ‘Die silwer en die goud behoort aan My, sê die magtige Here.’ ‘Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe’ (Psalm 24:1 NLV). ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het…’ (Jakobus 1:17 NLV). ‘Rykdom en eer kom van U alleen, want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk’ (1 Kronieke 29:12 NLV).

Wat beteken hierdie Skrifgedeeltes? Dit beteken dat die bankrekening, die aandeleportefeulje of die titelakte van die eiendom dalk in jou naam mag wees, maar dat God dit alles besit. Jy vra: ‘Wat is my rol dan?’ Jy is die administrateur van God se boedel en die eksekuteur van sy testament. Kan ‘n administrateur met iemand se boedel maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om dit namens iemand anders te bestuur. Kan die eksekuteur met iemand se laaste testament maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om die instruksies wat in daardie testament gegee word, te volg.

As jy die instruksies van God se testament vir jou lewe wil weet, kan jy dit in sy Woord vind. Hoe meer God egter aan jou toevertrou, hoe meer vereis Hy van jou. Jesus het gesê: ‘…Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog soveel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is’ (Lukas 12:48 NLV).

Sielskos: Lev 8-10; Luk 20:34-40; Ps 72:12-20; Spr 9:7-9

What the Bible teaches us about money (1)


Haggai 2:8 NKJV

God owns everything. If you doubt that, read these Scriptures: “‘The silver is Mine, and the gold is Mine,’ says the Lord of hosts.” “The earth is the Lord’s, and all its fullness, the world and those who dwell therein” (Psalm 24:1 NKJV). “Every good gift and every perfect gift is from above, and comes down from the Father” (James 1:17 NKJV). “Both riches and honour come from You, and You reign over all. In Your hand is power and might; in Your hand it is to make great and to give strength to all” (1 Chronicles 29:12 NKJV).

What do these Scriptures mean? They mean that the bank account, the stock portfolio, or the title deed to the property may be held in your name, but God owns it all. You say, “Then what am I?” You are the administrator of God’s estate, and the executor of His will. Can an administrator do as he or she chooses with someone’s estate? No, they are required to manage it on behalf of someone else. Can the executor do as he or she chooses with someone’s last will and testament? No, they are required to follow the instructions given in that will.

And if you want to know the terms of God’s will for your life, they’re found in His Word. And the more God entrusts to you, the more He requires of you. Jesus said, “Everyone to whom much is given, from him much will be required; and to whom much has been committed, of him they will ask the more” (Luke 12:48 NKJV).

Soul food: Lev 8-10; Luke 20:34-40; Ps 72:12-20; Prov 9:7-9

Maak jy jou kinders alleen groot?

2025-03-30
Psalm 30:6 NLV

Een huwelikskenner sê dat ‘n enkelma hom ‘n verhaal gestuur het wat die eensaamheid en stres wat enkelouers ervaar, help verduidelik het. Sy het gesê sy het een dag by haar venster uitgekyk hoe die reën val en ‘n voëltjie met haar kroos kuikens in ‘n nes gesien sit het. Terwyl die reën uitgesak het, het die moedervoël haar tjirpende kuikentjies met haar uitgestrekte vlerke bedek. Toe begin die hael val. In plaas daarvan om haar kop veilig in die nes te steek, het die voëltjie haar kop opwaarts gelig en die houe geneem om haar kleintjies te beskerm. Al die kuikens het dit veilig deur die storm gemaak. Dis ‘n grafiese illustrasie van die gevare van enkelouerskap!

Die verantwoordelikheid om kinders alleen groot te maak is onverbiddelik en vereis dat ‘n ma of pa ‘n bestaan maak, kook, skoonmaak, toesig hou oor huiswerk, vir siek kinders sorg, ensovoorts. Buiten hierdie daaglikse pligte moet hulle ook uitvind hoe om in hul eie persoonlike en geestelike behoeftes te voorsien. In konteks gesien is dit dalk een van die moeilikste opdragte op aarde. Enkelouers, hetsy ma’s of pa’s, het ons volgehoue ondersteuning en gebede nodig.

Aan diegene wat die houe namens hul kinders vat, wees verseker dat beter dae op pad is. Die storm waarin jy jou bevind sal nie vir ewig duur nie. ‘n Pragtige reënboog sal binnekort verskyn. Wanneer die werk afgehandel is en ‘n kroos gesonde voëltjies groot is, sal daar lieflike voordele vir die ouers wat nie wegvlieg nie, wees. God se Woord beloof: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.’

Sielskos: 1 Kor 9:24-27; Num 6:1-8; Spr 25:28

Are you raising children alone?


Psalm 30:5 NLT

One marriage expert says a single mother sent him a story that helped explain the loneliness and stress faced by those raising children alone. She said she was looking out her window one drizzly day and saw a mother robin and her brood of chicks perched in a nest. As the rain poured down, the mother bird covered her chirping little chicks beneath her extended wings. Then the hail began to fall. Instead of tucking her head safely in the nest, the mother robin raised her head upward and took the blows to protect her young. All of the chicks made it safely through the storm. What a graphic illustration of the perils of single parenting!

The responsibility of raising kids alone is unrelenting, requiring a mom or dad to earn a living, cook, clean, supervise homework, take care of sick kids, and so on. Beyond these day-to-day duties, they must figure out how to meet their own personal and spiritual needs. Taken in context, this may be one of the toughest assignments on earth. Single parents, whether mothers or fathers, need our continued support and prayers.

To those who are taking the blows on behalf of their children, be assured that there are better days coming. The storm you’re in won’t last forever. A beautiful rainbow will soon appear. When the job has been completed and a brood of healthy little birds has been raised, there will be sweet benefits for the parents who don’t fly away. God’s Word promises, “Weeping may last through the night, but joy comes with the morning.”

Soul food: 1 Cor 9:24-27; Num 6:1-8; Prov 25:28

Soek God

2025-03-29
Jeremia 29:13 NLV

God gee ons opdrag om Hom te soek, maar dis nie asof Hy vir ons wegkruip nie. Wanneer ons God soek, maak ons ‘n besluit wat nodig is om ons in die geestelike ryk te bring. Sommige vlakke van seën word nooit ontvang tensy daar ywerig na hulle gesoek word nie. Dis jou soeke na God wat Hom beweeg om te reageer. ‘As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, daadwerklik beloon’ (Hebreërs 11:6 NLV).

Daar is geen handleiding wat ons stap vir stap vertel wat die regte manier is om die Here te soek nie. Sommige mense soek Hom stilweg, met trane wat oor ‘n moeë gesig loop. Ander soek Hom terwyl hulle op die strand stap en na die golwende gety staar. Sommige mense hef hulle hande op en loof Hom met liefdevolle uitdrukkings van aanbidding. Daar is nie reëls nie, jy moet Hom net met jou hele hart soek.

Wat beteken dit om God heelhartig te soek? Dit beteken dat jy Hom jou volle aandag gee deur afleidings uit die weg te ruim, sodat jy op Hom kan fokus. Verbeel jouself jy laat val ‘n kontaklens of ‘n kosbare steen uit ‘n ring en sê: ‘Ag, ek sal dit later soek.’ Nee, die waarde wat jy op iets plaas bepaal die intensiteit waarmee jy daarna soek. Wanneer jy bid: ‘Here, ek het U nodig; ek gaan dit nie sonder U maak nie,’ bid jy heelhartig. God beantwoord sulke gebede: ‘As julle met alles in julle na My soek, sal julle by My uitkom…’ (Jeremia 29:13 DB).

Sielskos: Lev 5-7; Luk 20:27-33; Ps 72:1-11; Spr 9:1-6