Is jy sleg behandel?

2019-05-31
Lukas 6:23 DB

Wanneer jy sleg behandel word, vra jouself altyd af: ‘Wat kan ek uit hierdie ervaring leer? Hoe reageer ek op ‘n Christelike manier? Is ek gewillig om my foute te erken? Hoe kan ek wyser word en soortgelyke ervarings in die toekoms beter hanteer?’ Wanneer alles gedoen en gesê is, is die sleutel tot ‘n misverstand vergifnis. Vergifnis beteken nie noodwending dat jy met die persoon wat jou mishandel het saamstem of ‘n nabye verhouding met hom wil hê nie. Dit beteken egter dat jy dit laat gaan. Moenie die handvatsel laat uitsteek wanneer jy die strydbyl begrawe nie! Met ander woorde, moenie net vergewe nie – kies om te vergeet! Paulus sê: ‘Soos ‘n atleet wat sy oë net op die wenpaal hou, so span ek alles in my in: ek wíl die prys aan die einde kry… So behoort volwasse Christene oor dinge te dink… laat ons nie nou die verkeerde pad vat nie. Laat ons op die regte pad bly’ (Filippense 3:14-16 DB). Hoe lyk die Christelike pad wat ons moet stap? Jesus sê vir ons: ‘Julle is gelukkig as ander mense julle haat, julle verstoot en julle sleg behandel. As hulle julle beledig en julle goeie naam onder hulle voete vertrap omdat julle my volgelinge is, moet julle baie bly wees. Spring dan op en dans rond van vreugde, want daar wag ‘n groot beloning op julle in God se nuwe wêreld. Wanneer mense julle slegsê, is julle in baie goeie geselskap: God se boodskappers is nog altyd so behandel’ (Lukas 6:22-23 DB). As jy op hierdie manier lewe, neem jy ook jou mag terug deur te weier dat die ander persoon jou bui en jou lewensuitkyk dikteer, en jy behou jou vreugde.

Sielskos: Op 10-14; Mark 10:35-52; Ps 4; Pro 12:25

Have you been treated badly?


Luke 6:23 TM

When you’ve been treated badly, always ask yourself, “What can I learn from this experience? How do I respond in a more Christlike manner? Am I willing to acknowledge my mistakes? How can I grow wiser and handle similar experiences better in the future?” When all is said and done, the answer to misunderstanding is forgiveness. Now, forgiveness doesn’t mean you necessarily agree with or want a close relationship with the person who mistreated you. But it does mean that you let it go. When you bury the hatchet, don’t leave the handle sticking up! In other words, don’t just forgive – choose to forget! Ralph Waldo Emerson said, “To be great is to be misunderstood.” And here’s an even better statement: “To be greater is to forgive the one who has treated you badly.” Paul refers to the Christian life as “the high calling of God” (Philippians 3:14). So take the high road! What does that road look like? Jesus tells us: “Count yourself blessed every time someone cuts you down or throws you out, every time someone smears or blackens your name to discredit me. What it means is…the truth is too close for comfort and that that person is uncomfortable…be glad when that happens…all heaven applauds. And know that you are in good company; my…witnesses have always been treated like this” (vv. 22-23 TM). By living this way, you also take back your power by refusing to let another person dictate your mood and your outlook, and you keep your joy.

Soul food: Rev 10-14; Mark 10:35-52; Ps 4; Pro 12:25

Hard work and integrity

2019-05-30
Proverbs 12:11 NLT

In The Finishing Touch, author Chuck Swindoll tells about a man he met who made a great impression on him: “With a grin and a twinkle, he whipped out his hand. It was a hand you could strike a match on, toughened by decades of rugged toil. ‘You look like a man who enjoys life. What do you do for a living?’ I asked. ‘Me? Well, I’m a farmer from back in the Midwest.’ Swindoll asked him, ‘What did you do last week?’ He said, ‘Last week I finished harvesting ninety thousand bushels of corn.’ I then blurted out, ‘Ninety thousand! How old are you, my friend?’ He didn’t seem at all hesitant or embarrassed by my question. ‘I’m just a couple of months shy of ninety.’ He laughed again as I shook my head. He had lived through four wars, the Great Depression, sixteen presidents, ninety Midwest winters, who knows how many personal hardships, and he was still taking life by the throat. I had to ask him the secret of his long and productive life. ‘Hard work and integrity’ was his quick reply. As we parted company he looked back over his shoulder and added, ‘Don’t take it easy, young feller. Stay at it!’ Hard work and integrity! Those two qualities go together, and are the essence of a life well-lived. And when you practice them faithfully, you experience the highest level of joy and fulfilment in life.” The Bible puts it this way: “A hard worker has plenty of food, but a person who chases fantasies has no sense.”

Soul food: Luke 24:50-53; Acts 1:1-11; Eph 4:7-10

Harde werk en integriteit


Spreuke 12:11 NLV

In sy boek, The Finishing Touch, vertel Chuck Swindoll van ‘n man wat ‘n groot indruk op hom gemaak het: ‘Met ‘n glimlag en ‘n glinster in sy oog, het hy sy hand uitgesteek. Dit was ‘n hand waarop jy ‘n vuurhoutjie kon aansteek, deur dekades se harde werk verhard. ‘Jy lyk soos ‘n man wat die lewe geniet. Wat doen jy vir ‘n lewe?’ het ek gevra. ‘Ek? Wel, ek is ‘n boer in die Midde-Westelike deel van Amerika.’ Swindoll het vir hom gevra: ‘Wat het jy verlede week gedoen?’ Hy het geantwoord: ‘Verlede week het ek negentig duisend gerwe koring klaar geoes.’ Ek het uitgeblaker: ‘Negentig duisend! Hoe oud is jy, my vriend?’ Hy het glad nie beledig deur my vraag gelyk nie. ‘Oor ‘n paar maande word ek negentig.’ Hy het weer gelag terwyl ek my kop geskud het. Hy het deur vier oorloë, die Groot Depressie, sestien presidente, negentig winters en wie weet hoeveel persoonlike swaarkry geleef en steeds ‘n groot lewenslus gehad. Ek moes hom oor die geheim tot sy lang en produktiewe lewe uitvra. ‘Harde werk en integriteit,’ was sy vinnige antwoord. Toe ons mekaar groet, het hy oor sy skouer gekyk en bygevoeg: ‘Moet dit nie stadig vat nie, jongman. Hou dit vol!’ Harde werk en integriteit! Daardie twee kwaliteite loop hand-aan-hand en is die kern van ‘n goeie lewe. Wanneer jy hulle getrou uitoefen, ervaar jy die hoogste vlak van vreugde en lewensvervulling.’ Die Bybel stel dit so: ‘Wie sy grond bewerk, het volop om te eet. Wie met nuttelose dinge besig is, het nie verstand nie.’

Sielskos: Luk 24:50-53; Hand 1:1-11; Ef 4:7-10

‘Keep calm and carry on’

2019-05-29
Handelinge 13:43 NLV

In die dae wat gelei het tot die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog, het die Britse regering opdrag gegee dat ‘n reeks plakkate gedruk moet word. Die idee was om bemoedigende slagspreuke daarop vas te vang en dit deur die land te versprei. Die woorde is in hoofletters gedruk, in ‘n eenvoudige formaat van net twee kleure. Die enigste grafiese element op die plakkaat was koning George VI se kroon. Die eerste plakaat is in September 1939 versprei: YOUR COURAGE. YOUR CHEERFULNESS. YOUR RESOLUTION WILL BRING US VICTORY. Gou daarna is ‘n tweede plakkaat gedruk: FREEDOM IS IN PERIL. DEFEND IT WITH ALL YOUR MIGHT. Hierdie twee plakkate is in treinstasies, kroeë, winkels en restaurante opgeplak. ‘n Derde plakkaat is geskep, maar nooit versprei nie. Meer as 2.5 miljoen kopieë van hierdie derde plakkaat is gedruk maar nooit gesien nie, tot sestig jaar later toe ‘n boekwinkeleienaar een in ‘n boks boeke wat hy op veiling gekoop het, ontdek het. Dit het gelees: KEEP CALM AND CARRY ON. Dit het dieselfde kroon en styl van die eerste twee plakkate uitgebeeld. Dit was nooit aan die publiek bekend gestel nie, maar is vir gevalle van uiterste krisis, soos die inval van Duitsland, gereed gehou. Die boekwinkeleienaar het dit geraam en op die muur gehang. Dit het so populêr geword dat die boekwinkel identiese prente van die oorspronklike ontwerp op koffiekoppies, poskaarte en plakkate begin druk het. Dis dieselfde boodskap wat Paulus en Barnabas vir die eerste Christene in Antiogië gebrink het: ‘…[Hulle het] hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou.’ Met ander woorde, ‘keep calm and carry on!’

Sielskos: Op 5-9; Mark 10:23-34; Ps 121; Spr 12:23-24