‘Keep calm and carry on’

2019-05-29
Handelinge 13:43 NLV

In die dae wat gelei het tot die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog, het die Britse regering opdrag gegee dat ‘n reeks plakkate gedruk moet word. Die idee was om bemoedigende slagspreuke daarop vas te vang en dit deur die land te versprei. Die woorde is in hoofletters gedruk, in ‘n eenvoudige formaat van net twee kleure. Die enigste grafiese element op die plakkaat was koning George VI se kroon. Die eerste plakaat is in September 1939 versprei: YOUR COURAGE. YOUR CHEERFULNESS. YOUR RESOLUTION WILL BRING US VICTORY. Gou daarna is ‘n tweede plakkaat gedruk: FREEDOM IS IN PERIL. DEFEND IT WITH ALL YOUR MIGHT. Hierdie twee plakkate is in treinstasies, kroeë, winkels en restaurante opgeplak. ‘n Derde plakkaat is geskep, maar nooit versprei nie. Meer as 2.5 miljoen kopieë van hierdie derde plakkaat is gedruk maar nooit gesien nie, tot sestig jaar later toe ‘n boekwinkeleienaar een in ‘n boks boeke wat hy op veiling gekoop het, ontdek het. Dit het gelees: KEEP CALM AND CARRY ON. Dit het dieselfde kroon en styl van die eerste twee plakkate uitgebeeld. Dit was nooit aan die publiek bekend gestel nie, maar is vir gevalle van uiterste krisis, soos die inval van Duitsland, gereed gehou. Die boekwinkeleienaar het dit geraam en op die muur gehang. Dit het so populêr geword dat die boekwinkel identiese prente van die oorspronklike ontwerp op koffiekoppies, poskaarte en plakkate begin druk het. Dis dieselfde boodskap wat Paulus en Barnabas vir die eerste Christene in Antiogië gebrink het: ‘…[Hulle het] hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou.’ Met ander woorde, ‘keep calm and carry on!’

Sielskos: Op 5-9; Mark 10:23-34; Ps 121; Spr 12:23-24