2024-07-31
Spreuke 18:22 NLV
Die beste huwelike word deur paartjies gebou wat probeer om die kwaliteite wat hulle aanvanklik na mekaar toe aangetrek het, te onthou. As jy ‘n gelukkige huwelik wil bou of ‘n minder gelukkige een wil verbeter, doen die volgende:
1) Maak ‘n lys van jou maat se beste kwaliteite. Skryf die dinge wat jy die meeste van hom of haar liefhet neer en streef daarna om dit ten alle tye in gedagte te hou. Wanneer stres en inspanning in julle verhouding opduik, soos dit onvermydelik gaan, dink aan jou lys en indien nodig, gaan terug na die geskrewe kopie om jou gedagtes te verfris.
2) Fokus op hulle. Dink aan hoe jou maat se wonderlike kwaliteite jou lewe verryk en hoe baie jy hulle sou mis as hulle nie meer daar sou wees nie. Wanneer jy jou fokus verander, verander jy jou gevoelens. Wanneer jy jou gevoelens verander, verander jy jou perspektief, jou benadering en jou reaksies.
3) Verbaliseer dit. ‘Haar kinders is trots op haar. Haar man spog met haar’ (Spreuke 31:28 NLV). Jou kinders leer hoe om ‘n wonderlike huwelik of ‘n aaklige een te bou deur julle dop te hou. Hierdie gedagte alleen behoort die remme op kritiek aan te slaan en die komplimente uit te bring!
4) Versorg hulle. ‘…Wat mense saai, sal hulle ook maai!’ (Galasiërs 6:7 NLV). Mense verlep onder klagters, maar floreer en groei deur lof en bemoediging. Gryp enige oomblik aan wat die moeite werd is om gevier te word en plaas dit onder die vergrootglas! Paulus som dit so op: ‘Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook g’n einde nie’ (1 Korintiërs 13:7 DB).
Sielskos: Esra 3-5; Luk 10:1-12; Ps 78:1-8; Spr 19:21-23
Proverbs 18:22 NKJV
The best marriages are built by couples who try to remember the qualities that initially attracted them to one another. If you want to build a happy marriage or improve a less-than-happy one, do these:
(1) List your mate’s best qualities. Write down the things you love most about him or her, and endeavor to keep those things in mind at all times. When stresses and strains surface in your relationship, as they inevitably will, go over the list in your mind, and if necessary, refer to the written copy as a reminder.
(2) Focus on them. Think how your mate’s great qualities enrich your life, and how much you would miss them if he or she was not around. When you change your focus, you change your feelings. And when you change your feelings, you change your perspective, your approach, and your reactions.
(3) Verbalize them. “Her children rise up and call her blessed; her husband also… praises her” (Proverbs 31:28 NKJV). Your children learn how to build a great marriage or a miserable one by watching you. That thought alone should put the brakes on criticism and bring out the compliments!
(4) Nurture them. “A man reaps what he sows” (Galatians 6:7 NIV). People wither under complaints, whereas they thrive and grow through praise and encouragement. Seize any moment worth celebrating and magnify it! Paul bottom-lines it: “If you love someone you will be loyal…no matter what the cost. You will always believe in him, always expect the best of him, and always stand your ground in defending him” (1 Corinthians 13:7 TLB).
Soul food: Ezra 3-5; Luke 10:1-12; Ps 78:1-8; Prov 19:21-23
2024-07-30
Lukas 16:11 NLV
Het jy geweet dat God se gewilligheid om jou met meer geld te seën, afhang van hoe goed jy dit wat Hy reeds vir jou gegee het, hanteer? Wanneer dit by geld kom, is hier ‘n paar Bybelse beginsels waarvolgens jy moet lewe:
1) Betaal eerste God se 10 persent sodat jy nie skaam voel as jy dit nie doen nie (sien Maleagi 3:10).
2) Bid voor jy koop. Vra jouself af: ‘Het ek dit nodig of wil ek dit net graag hê?’
3) Wees bedag op die bedrag wat jy uitgee teenoor jou inkomste.
4) Stem met jou man of vrou rakende die huishoudelike begroting en julle kort- en langtermyndoelwitte saam. Moet nie inligting oor jou finansies wegsteek of verkeerd vertolk nie.
5) Wy jou daaraan toe om jou werk uitstekend te doen – sonder om te veel oortyd daaraan te bestee.
6) Betaal jou skuld (vaste eiendom uitgesluit), af.
7) Spaar maandeliks (‘n minimum van 10 persent van jou salaris as jy nie meer skuld het nie).
8) Moenie ‘n lening namens iemand uitneem nie en moenie vir mense geld leen wat jy nie kan bekostig om te verloor nie.
9) Betaal kontant vir alle bederfies.
10) Begroot vir pret en vakansies.
11) Wanneer jy ‘n verhoging kry, moenie jou leefstyl aanpas om dit alles te gebruik nie. Oefen om onder jou vermoë te lewe.
12) Stel ‘n noodkontantvoorraad van ten minste twee maande se lewenskoste op (ses maande sal nog beter wees).
13) Wees tevrede met wat jy het. ‘Mense wat geld liefhet, kry nooit genoeg daarvan nie. Mense wat van rykdom hou, is nooit tevrede met hulle inkomste nie. Ook dit is sinloos’ (Prediker 5:9 NLV).
Sielskos: Esra 1-2; Luk 9:57-62; Ps 46; Spr 19:18-20
Luke 16:11 NLT
Did you know that God’s willingness to bless you with more money depends on how well you handle what He has already given you? When it comes to money, here are some Bible principles you must live by:
(1) Pay God His 10 percent first so you won’t feel ashamed of not doing so (See Malachi 3:10).
(2) Pray before you buy. Ask yourself, “Do I need this or just want it?”
(3) Keep mindful of the amount of expenditures versus your income.
(4) Be in agreement with your husband or wife regarding the household budget and your short- and long-term goals. And don’t hide or misconstrue information about your finances.
(5) Commit to excellence at work – without overdoing your hours.
(6) Pay off all your debt (excluding real estate). Hold on to one credit card for identification reasons.
(7) Save monthly (a minimum of 10 percent of your gross pay if you are out of debt).
(8) Don’t cosign a loan for anyone, and don’t lend anyone money you can’t afford to lose.
(9) Pay cash for all your “desires” instead of charging them.
(10) Assign funds in your budget for fun and vacations.
(11) When you get a raise, don’t adapt your lifestyle to consume all of it. Train yourself to live beneath your means.
(12) Set up an emergency cash supply of at least two months’ living expenses (six would be outstanding).
(13) Be satisfied with what you have. “Whoever loves money never has enough; whoever loves wealth is never satisfied with their income. This too is meaningless” (Ecclesiastes 5:10 NIV).
Soul food: Ezra 1-2; Luke 9:57-62; Ps 46; Prov 19:18-20
2024-07-29
Eksodus 33:14 NLV
Wanneer jy God se teenwoordigheid aanvoel en weet dat Hy by jou is, kan jy enigiets wat die lewe meebring hanteer. Probeer om jouself die taak wat Moses gehad het in te dink – om twee miljoen mense uit die greep van slawerny te bevry; hulle deur ‘n woestyn waar hulle aan vyande en uiterste hitte en koue blootgestel is te lei; hulle te voed, van klere te voorsien, hulle geskille te besleg en hulle na hulle bestemming toe te beweeg. Hier is wat Moses gebid het: ‘…As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie eers ‘n tree van hier af laat beweeg nie’ (vers 15 NLV). Toe sy owerspel met Batseba bekend geword het, het Dawid nie gebid: ‘Moenie my kroon, of my koninkryk, of my soldate wegneem’ nie. Nee, hy het geweet wat die meeste saakmaak: ‘…moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie’ (Psalm 51:13 NLV).
Om geestelik te groei moet jy ‘n toenemende bewustheid van God se teenwoordigheid in jou lewe ontwikkel. Hoe doen jy dit? In plaas daarvan om ‘n rots te wees, word ‘n spons. Wanneer jy ‘n rots in die see sit word sy oppervlak nat, maar sy kern bly droog en hard. Wanneer jy egter ‘n spons in die see sit, verander die water die kern van sy wese.
Beweeg stadiger en voel God se teenwoordigheid aan. Begin deur die Skrif te lees, dit neer te skryf, dit oor en oor te herhaal en elke porie van jou siel vir God se teenwoordigheid oop te maak: ‘Die Here jou God is by julle. Hy is ‘n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel’ (Sefanja 3:17 NLV).
Sielskos: Sef 1-3; Luk 9:46-56; Ps 42:6-11; Spr 19:15-17