God is real!

2017-09-30
Psalm 27:1 NIV

What hope or help does the atheist or agnostic have? None! Writer and editorialist W. O. Saunders said in American Magazine: “I’d like to introduce you to one of the loneliest and unhappiest individuals on earth…the man who doesn’t believe in God. I can introduce you to such a man because I myself am one, and in introducing myself you shall have an introduction to the agnostic or sceptic in your own neighbourhood, for he is everywhere in the land. You’ll be surprised to know that the agnostic envies your faith in God, your settled belief in a heaven after life, and your blessed assurance that you’ll meet with your loved ones in an afterlife where there’ll be neither sadness nor pain. He’d give anything to be able to embrace that faith and be comforted by it, but for him there is only the grave and the persistence of matter. After the grave all he can see is the disintegration of the protoplasm and psychoplasm of which my body and personality are composed, but in this materialist view, I find neither ecstasy nor happiness…He may put on a brave front but he isn’t happy…He sometimes yearns for a staff on which to lean. He, too, carries a cross. For him, this earth is but a tricky raft adrift in the unfathomable waters of eternity with no horizon in sight. His heart aches for every precious life upon the raft – drifting, drifting, drifting, whither no one knows.” But when you put your trust in Christ, you can say with confidence, “The Lord is my light and my salvation – whom shall I fear?”

Soul food: Lev 16; Lev 23:26-32; Heb 9:1-14; Heb 13:11-16

God is werklik!


Psalm 27:1 NLV

Wat se hoop of hulp het die ateïs of die agnostikus? Geen! Die skrywer en redakteur W.O. Saunders het in American Magazine gesê, ‘Ek wil jou graag aan die eensaamste en ongelukkigste individue op aarde voorstel… die man wat nie in God glo nie. Ek kan jou aan so ‘n man voorstel omdat ek self een is, en deur myself voor te stel, sal jy voorgestel word aan die nie-gelowige of skeptikus in jou woonbuurt, want hy is oral in die land. Jy sal verbaas wees om te weet dat die agnostikus jaloers is op jou verhouding met God, jou geloof in ‘n hemel na die dood en jou geseënde versekering dat jy eendag jou geliefdes in die hiernamaals sal ontmoet, waar daar geen hartseer of pyn is nie. Hy sal enigiets gee om in staat te wees om daardie geloof te hê en daardeur getroos te word, maar vir hom is daar net die graf. Na die graf weet hy slegs hoe die liggaam en siel eenvoudig net ontbind, maar in hierdie materialistiese sienswyse vind hy nie vreugde of vrede nie. Hy mag dalk ‘n brawe front voorhou, maar hy is nie gelukkig nie. Soms smag hy na iets om op te leun. Hy dra ook ‘n kruis. Vir hom, is die aarde ‘n klein, skommelende bootjie wat in die waters van die ewigheid ronddryf, sonder enige horison in sig. Sy hart pyn vir elke kosbare lewe op die bootjie, wat vir ewig dryf sonder dat hulle weet waarheen.’ Wanneer jy egter jou vertroue in Christus plaas, kan jy met oortuiging sê, ‘Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees?..’

Sielskos: Lev 16; Lev 23:26-32; Heb 9:1-14; Heb 13:11-16

You can change

2017-09-29
Isaiah 64:8 NLT

Ever watch a lump of clay being transformed into something beautiful? The clay can’t change itself; the power to do that lies in the hands of the potter. Isaiah says, “We are the clay, and you are the potter. We are all formed by your hand.” That means you don’t have to live the rest of your life with your phobias and hang-ups; God can change you. Even if you’ve been a worrier all your life, you don’t have to worry for the rest of your life. So what if you were born in poverty or prejudice? You don’t have to die that way. Where did you get the idea that you can’t change? What’s the source of comments such as “It’s just my nature to worry,” or “I’ll always be pessimistic; I’m just that way,” or “I come from a family of alcoholics and addicts so I’ll never be free”? Would you make the same statement about your physical body? “It’s just my nature to have a broken leg. I can’t do anything about it.” Of course not. If your body malfunctions, you seek help. Shouldn’t you do the same with your sinful appetites, sour attitudes, and selfish tirades? What the world sees as trash, God sees as treasure. And like the potter, He can take you, mould you, and make you into a vessel of honour (See 2 Timothy 2:21). All you have to do is place your life in His hands. We sing, “Have Thine own way, Lord, have Thine own way. Thou art the potter, I am the clay.” When you stop trying to change yourself and surrender to God, true and lasting change takes place.

Soul food: 1 Cor 12-14; Mark 15:21-32; Ps 60; Prov 25:21-22

Jy kan verander


Jesaja 64:8 NLV

Het jy al ooit gesien hoe ‘n stuk klei in iets beeldskoon omskep word? Die klei kan nie self verander nie; die mag om dit te doen lê in die hande van die pottebakker. Jesaja sê, ‘…Ons is soos klei en U die Pottebakker. Deur u hand is ons gevorm.’ Dit beteken dat jy nie die res van jou lewe met jou vrese en fobies hoef saam te lewe nie; God kan jou verander. Selfs al bekommer jy jou al jou hele lewe lank, hoef jy jou nie die res van jou lewe te bekommer nie. Wat daarvan as jy in armoede of veroordeling gebore is? Jy hoef nie so dood te gaan nie. Waar het jy die idee gekry dat jy nie kan verander nie? Wat is die bron van opmerkings soos ‘Dis maar net in my aard om my te bekommer,’ of ‘Ek sal altyd pessimisties wees,’ of ‘Ek kom uit ‘n familie van alkoholiste en verslaafdes, so ek sal nooit vry wees nie’? Sal jy dieselfde stelling oor jou fisiese liggaam maak? ‘Dis maar net in my aard om ‘n gebreekte been te hê. Ek kan niks daaraan doen nie.’ Natuurlik nie. As jou liggaam iets oorkom, soek jy hulp. Moet jy dan nie dieselfde met jou sondige begeertes, suur houdings en selfsugtige tirades maak nie? Wat die wêreld as gemors sien, sien God as kosbaar. Soos die pottebakker kan Hy jou neem, jou vorm en jou in ‘n kosbare item verander (sien 2 Timoteus 2:21). Ons sing, ‘Doen slegs u wil Heer, u wil met my. U Pottebakker, met my die klei.’ Jy moet net jou lewe in sy hande plaas. Wanneer jy ophou om jouself te probeer verander en jouself aan God oorgee, sal ware en blywende verandering plaasvind.

Sielskos: 1 Kor 12-14; Mark 15:21-32; Ps 60; Spr 25:21-22

Wees passievol, proaktief en volhardend

2017-09-28
Jakobus 1:22 NLV

Toe Nehemia die eerste keer die puinhoop van Jerusalem gesien het, het hy gehuil. Toe het hy sy moue opgerol en begin werk. In die aangesig van oorweldigende opposisie, het hy die mure in slegs twee-en-vyftig dae herbou. Hoe? Omdat dit sy visie en sy passie was! Vraag: Is jy bang om te sê, ‘Here, ek sal enigiets doen wat U wil hê ek moet doen,’ vir ingeval Hy jou êrens heen stuur waar jy nie wil gaan nie, of jou vra om iets te doen waarvoor jy nie gereed is of voor gekwalifiseer is nie? Dan het jy dit verkeerd! Die Bybel sê God se wil is ‘…goed en aanvaarbaar en volmaak…’ (Romeine 12:2 NLV). God se wil mag dalk ‘goed’ wees, maar dit beteken nie dis maklik nie. Hy sal jou egter die passie daarvoor gee. Toe Jeremia probeer het om op te hou om oor die Here te praat, het hy gesê dat God se woord soos ‘…’n vuur wat brand, vasgevang in my skelet…’ (Jeremia 20:9 NLV), geword het. ‘n Godgegewe visie laat jou hart aan die brand slaan. Jy mag dalk in die verlede misluk het, maar God kan jou hoofstukke van mislukking neem en ‘n storie van sukses skryf. Die Bybel sê, ‘Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie…’ Jy sal ‘n passie vir God se wil ontwikkel wanneer jy dit begin doen! Wanneer dit gebeur, sal jy sê, ‘Hierdie is waarvoor ek gemaak is.’ Wanneer jy ‘n gebiedende rede het om iets te doen, en jy weet dat God jou dophou en glimlag, sal dit al die verskil in die wêreld maak. Die woord vir jou vandag is dus: Wees passievol, proaktief en volhardend.

Sielskos: 1 Kor 10-11; Mark 15:12-20; Ps 68:19-35; Spr 25:17-20