God is werklik!

2017-09-30
Psalm 27:1 NLV

Wat se hoop of hulp het die ateïs of die agnostikus? Geen! Die skrywer en redakteur W.O. Saunders het in American Magazine gesê, ‘Ek wil jou graag aan die eensaamste en ongelukkigste individue op aarde voorstel… die man wat nie in God glo nie. Ek kan jou aan so ‘n man voorstel omdat ek self een is, en deur myself voor te stel, sal jy voorgestel word aan die nie-gelowige of skeptikus in jou woonbuurt, want hy is oral in die land. Jy sal verbaas wees om te weet dat die agnostikus jaloers is op jou verhouding met God, jou geloof in ‘n hemel na die dood en jou geseënde versekering dat jy eendag jou geliefdes in die hiernamaals sal ontmoet, waar daar geen hartseer of pyn is nie. Hy sal enigiets gee om in staat te wees om daardie geloof te hê en daardeur getroos te word, maar vir hom is daar net die graf. Na die graf weet hy slegs hoe die liggaam en siel eenvoudig net ontbind, maar in hierdie materialistiese sienswyse vind hy nie vreugde of vrede nie. Hy mag dalk ‘n brawe front voorhou, maar hy is nie gelukkig nie. Soms smag hy na iets om op te leun. Hy dra ook ‘n kruis. Vir hom, is die aarde ‘n klein, skommelende bootjie wat in die waters van die ewigheid ronddryf, sonder enige horison in sig. Sy hart pyn vir elke kosbare lewe op die bootjie, wat vir ewig dryf sonder dat hulle weet waarheen.’ Wanneer jy egter jou vertroue in Christus plaas, kan jy met oortuiging sê, ‘Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees?..’

Sielskos: Lev 16; Lev 23:26-32; Heb 9:1-14; Heb 13:11-16