2018-03-31
John 2:19 NIV
Let’s examine another theory put forth by those who try to disprove the truth of Christ’s bodily resurrection: the “Swoon Theory.” In his book, The Passover Plot, Hugh J. Schonfield theorizes that Jesus simply swooned, was taken down from the cross, and thought to be dead. Then in the coolness of the tomb He revived, came out, and convinced His disciples that He’d actually risen from the dead. It raises some interesting questions. For example, how come for eighteen hundred years prior to this theory, neither friends nor foes of Christianity ever mentioned it? And what about the Roman centurion who pierced Christ’s side with a spear, and blood and water came out – empirical evidence that life ceased because the blood had separated into its constituent elements? And what about the testimony of the centurion sent by Pilate: a man who dealt and trafficked in death, whose business it was as an executioner to know that Jesus was dead? Then there’s the question of the grave clothes. Jews customarily wrapped dead bodies in grave clothes and used a hundred pounds of spices between the folds, sealing the garments around the corpse, like a mummy. The head was also wrapped. How could Jesus have breathed? And how could a man in such a weakened condition remove the great boulder that sealed His tomb and overcome the Roman guards? It takes more faith to believe that than it does to believe the truth of what really happened! Christ is risen!
Soul food: Exo 12:1-14; Matt 27:57-66; Ps 49:1-15; Deut 21:22-23
Johannes 2:19 NLV
Kom ons ondersoek nog ‘n teorie wat deur diegene voorgestel word wat die waarheid van Christus se liggaamlike opstanding probeer weerlê: die ‘Beswymingsteorie.’ In sy boek, The Passover Plot, bespiegel Hugh J. Schonfield dat Jesus net in ‘n beswyming gegaan het en toe van die kruis afgehaal is omdat mense gedink het Hy is dood. In die koelte van die graf het Hy egter toe weer bygekom, opgestaan en sy dissipels oortuig dat Hy uit die dood opgestaan het. Daar is egter gapings in hierdie teorie. Hoekom, byvoorbeeld, het geen vriende of vyande vir agtien honderd jaar voor hierdie teorie bekend gemaak is, dit ooit genoem nie? Wat van die Romeinse soldaat wat Jesus se sy met ‘n spies gesteek het en toe het daar bloed en water uitgekom – empiriese bewys dat daar nie meer lewe was nie omdat die bloed in sy samestellende komponente geskei het? En wat van die getuienis van die soldaat wat deur Pilatus gestuur is: ‘n man wat elke dag met die dood te doen gehad het; wie se werk as laksman dit was om te weet dat Jesus dood is? Dan is daar die vraag van die grafskleed. Jode het gewoonlik dooie liggame in ‘n grafskleed toegedraai en honderde kilogramme se kruie tussen die voue daarvan geplaas, voordat die kleed om die liggaam geseël is. Die kop is ook toegedraai. Hoe kon Jesus asemgehaal het? Hoe kon ‘n man in so ‘n verswakte toestand die groot klip wat sy graf verseël het weggerol het en die Romeinse wagte oorrompel het? Dit neem meer geloof om dit te glo as om die waarheid van wat regtig gebeur het, te glo! Christus het opgestaan!
Sielskos: Eks 12:1-14; Matt 27:57-66; Ps 49:1-15; Deut 21:22-23
2018-03-30
1 Thessalonians 4:14 NIV
Let’s look at some theories peddled by those who’ve tried to deny the resurrection. Some say that because the Gospels were written two to three hundred years after the event, the story was either falsified or embellished. But archaeology disproves that. Now we know that the Gospels go back to the authors whose names they bear, and that the testimony of the resurrection goes back to the decade in which it took place. So there was no time for legend to develop! Some say that the disciples experienced visions or hallucinations because Christ promised to rise from the dead and they fully expected Him to. But in the history of hallucinations there is no incident where five hundred people from different backgrounds ever saw the same vision at the same time. And what about the two disciples on the Emmaus Road who walked and talked with Christ after His resurrection, then ate supper with Him? (See Luke 24:13). Were they hallucinating too? When Peter preached on the day of Pentecost about his “great hallucination,” he was standing only ten minutes away from the tomb (See Acts 2:24). Thousands of people believed; others heard it and didn’t believe. Did no one think of walking down the street to check it out? Certainly those conspiring Sadducees would have taken every opportunity to show that this was simply a hallucination. On coastlines there are lighthouses shining, and attracted by the light, birds fly into them only to end up wounded or dead. That reminds us of the critics of Christ’s resurrection, doesn’t it?
Soul food: Gen 22:1-18; Matt 27:33-56; Ps 22; Isa 53
1 Tessalonisense 4:14 NLV
Kom ons kyk na sommige van die teorieë deur diegene wat die opstanding ontken. Sommige sê dat omdat die evangelies twee of driehonderd jaar na die gebeure geskryf is, is die verhaal óf vervals óf oordryf. Argeologie weerlê dit egter. Ons weet dat die evangelies teruggelei kan word na die skrywers daarvan en dat die getuienis van die opstanding teruggelei kan word na die dekade waarin dit plaasgevind het. Daar was dus nie tyd vir ‘n legende om te ontwikkel nie! Sommige sê dat die dissipels visioene of hallusinasies ervaar het omdat Christus beloof het om uit die dood uit op te staan en hulle ten volle van Hom verwag het om dit te doen. In die geskiedenis van hallusinasies is daar egter geen insident waar vyfhonderd mense uit verskillende agtergronde dieselfde visioen op dieselfde tyd gesien het nie. Wat van die twee dissipels wat op pad na Emmaus met Jesus na sy opstanding, geloop en praat het en toe saam met Hom geëet het (sien Lukas 24:13)? Het hulle ook gehallusineer? Toe Petrus op Pinkster oor sy ‘groot hallusinasie’ gepraat het, was hy net tien minute weg van die graf af (sien Handelinge 2:24). Duisende mense het geglo; ander het dit gehoor en nie geglo nie. Het niemand daaraan gedink om net by die straat af te stap en te gaan kyk nie? Die Sadduseërs wat so saamgesweer het sou sekerlik elke geleentheid aangegryp het om te bewys dat dit ‘n hallusinasie was. Langs kuslyne is daar ligtorings wat skyn en voëls wat deur die lig aangetrek word, vlieg in hulle vas en word verwond of gaan dood. Dit laat ons aan die kritici van Christus se opstanding dink, nie waar nie?
Sielskos: Gen 22:1-18; Matt 27:33-56; Ps 22; Jes 53
2018-03-29
1 Korintiërs 15:10 NLV
Ons almal het goeie rolmodelle nodig. Wanneer jy egter jou lewe daaraan wy om soos iemand anders te wees, loop jy die risiko om iets te word wat God nie wil hê jy moet wees nie. Onthou altyd dat jou ‘helde’ ook met blinde kolle en karakterfoute sukkel. Paulus het gesê, ‘Ek is werklikwaar die geringste van al die apostels, een wat die naam van ‘n apostel nie werd is nie omdat ek God se kerk vervolg het’ (vers 9 NLV). Dieselfde met Petrus: Toe Kornelius hom laat roep het, lees ons dat ‘Toe Petrus die huis inkom, het Kornelius voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. Maar Petrus het hom opgehelp en gesê: “Staan op! Ek is ‘n mens net soos jy!'” (Handelinge 10:25-26 NLV). As jy suksesvol in die lewe is, moet jy dieselfde houding inneem. Die gevaar van heldeverering kom wanneer jy jou individualiteit prysgee en die pad verloor wat God vir jou persoonlik beplan het. Sommige van die lesse wat God ons leer mag dalk dieselfde wees, maar ‘n ander persoon se roeping, gawes, reis en tydsraamwerk sal van joune verskil. ‘n Vriend begin byvoorbeeld ‘n besigheid en maak geld, maar wanneer jy jou werk bedank en in sy voetspore volg, speel jy bankrot. ‘n Kollega dra dalk iets wat wonderlik aan haar lyk, maar aan jou lyk dieselfde uitrusting soos ‘n meelsak. God is ‘jaloers’ wat jou betref (sien Deuteronomium 4:24). Hoekom? Omdat Hy jou van enigiets wat jou uniekheid kan steel of jou verhouding met Hom kan bedreig, wil beskerm. Die punt is: As jy op veilige grond wil beweeg, maak Jesus jou rolmodel, en jy sal elke keer wen.
Sielskos: Jer 10-13; Matt 27:27-32; Ps 38:13-22; Spr 8:24-26