Teorie of waarheid (1)
2018-03-301 Tessalonisense 4:14 NLV
Kom ons kyk na sommige van die teorieë deur diegene wat die opstanding ontken. Sommige sê dat omdat die evangelies twee of driehonderd jaar na die gebeure geskryf is, is die verhaal óf vervals óf oordryf. Argeologie weerlê dit egter. Ons weet dat die evangelies teruggelei kan word na die skrywers daarvan en dat die getuienis van die opstanding teruggelei kan word na die dekade waarin dit plaasgevind het. Daar was dus nie tyd vir ‘n legende om te ontwikkel nie! Sommige sê dat die dissipels visioene of hallusinasies ervaar het omdat Christus beloof het om uit die dood uit op te staan en hulle ten volle van Hom verwag het om dit te doen. In die geskiedenis van hallusinasies is daar egter geen insident waar vyfhonderd mense uit verskillende agtergronde dieselfde visioen op dieselfde tyd gesien het nie. Wat van die twee dissipels wat op pad na Emmaus met Jesus na sy opstanding, geloop en praat het en toe saam met Hom geëet het (sien Lukas 24:13)? Het hulle ook gehallusineer? Toe Petrus op Pinkster oor sy ‘groot hallusinasie’ gepraat het, was hy net tien minute weg van die graf af (sien Handelinge 2:24). Duisende mense het geglo; ander het dit gehoor en nie geglo nie. Het niemand daaraan gedink om net by die straat af te stap en te gaan kyk nie? Die Sadduseërs wat so saamgesweer het sou sekerlik elke geleentheid aangegryp het om te bewys dat dit ‘n hallusinasie was. Langs kuslyne is daar ligtorings wat skyn en voëls wat deur die lig aangetrek word, vlieg in hulle vas en word verwond of gaan dood. Dit laat ons aan die kritici van Christus se opstanding dink, nie waar nie?
Sielskos: Gen 22:1-18; Matt 27:33-56; Ps 22; Jes 53