Leer by die jong, ryk leier (2)

2018-08-19
Lukas 18:21 NLV

Die jong, ryk leier mag dalk as een van die mees godsdienstigste mense in die Skrif gesien word. Hy het al die gebooie nagekom. Jy kan egter niks verkeerd doen nie en steeds niks reg doen nie. Om geregtig te wees beteken, by definisie, om iets reg te doen. Ons het die betekenis daarvan egter verander as om niks verkeerd te doen nie. Ons fikseer op sondige dade: Moenie dit doen nie, moenie dat doen nie – dan doen jy goed. Dis egter jou sonde van dit wat jy nie doen nie – wat jy moes, kon of sou gedoen het – wat jou hemelse Vader se hart breek. As jy ‘n ouer is, sal jy dit verstaan. Jy is lief daarvoor wanneer jou kinders nie iets verkeerds doen nie, maar jy is liewer daarvoor wanneer hulle iets reg doen. Jy is gered om te dien! Paulus sê God het, ‘…ons só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe’ (Efesiërs 2:10 NLV). God het ‘n persoonlike plan vir jou lewe, genaamd ‘Sy Wil.’ Jy kan egter nie net niks verkeerd doen nie, jy moet ook iets reg doen. Jy kan nie net die reëls volg nie, jy is geroep om Jesus te volg. As jy jammer voel vir die jong, ryk leier, moet dit nie wees oor dit wat Jesus vir hom gevra het om op te offer nie, maar omdat hy die geleentheid om Jesus te volg, laat verbygaan het. Verbeel jouself jy sê nee vir ‘n drie-jaar internskap met jou Skepper! Wat Jesus hom gevra het om op te offer, was niks in vergelyking met wat Jesus hom aangebied het nie. Ongelukkig het hy nee gesê. Jy kan egter ja sê en begin om die wonderlikste lewe moontlik te lei.

Sielskos: Joh 4:4-26; Joh 7:37-41; Eks 17:1-7; Jes 35:1-7