Staan op vir Jesus

2018-08-20
Filippense 1:20 NLV

Meer as die helfte van alle Christene lewe nou in die Derde Wêreld, dikwels in anti-Christen omgewings. Meer Chinese neem deel aan Sondag lofprysing as al die Christene in Wes-Europa. Lebanon is 39 persent Christelik, Soedan, 5 persent; Egipte, omtrent 10 persent. Baie van hierdie mense lofprys die Here op eie risiko. Jy mag dalk een van hulle wees. Jy is dalk die enigste Christen by jou universiteit in Irak, of jy is ‘n Arabiese vrou wat gebede in stilte offer, of ‘n Messiaanse Jood wat in Jerusalem woon. Miskien lewe jy in ‘n samelewing met vryheid van geloof, maar binne ‘n gemeenskap van geestelike verdrukking. Familielede spot dalk jou geloof. Universiteitsprofessors verkleineer jou beginsels. Klasmaats lag vir jou besluite. Kollegas oefen druk op jou uit om jou integriteit te kompromiseer. As dit is waar jy jouself bevind, staan vir Jesus op! Paulus het hierdie woorde uit sy tronksel geskryf: ‘…ek weet dat deur julle voorbidding en die hulp van die Gees van Jesus Christus alles op my vrylating sal uitloop. Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is om te lewe, ‘n lewe vír Christus, en om te sterf selfs nog beter!’ (verse19-21 NLV). Soos die gesang lui: ‘Stand up, stand up for Jesus, ye soldiers of the cross. Lift high His royal banner, it must not suffer loss. From victory unto victory, His armies shall He lead. Till every foe is vanquished, and Christ is Lord indeed.’ Staan vandag vir Jesus op!

Sielskos: 2 Kro 5-7; Luk 14:25-35; Ps 119:81-88; Spr 21:17-19