Wees sterk. Wees veerkragtig.

2018-08-21
Jesaja 54:2 NLV

Die Golden Gate brug in San Francisco kan tot 6 meter in enige rigting van sy middelpunt af beweeg. Al die parte, insluitende die sement ryvlak, staalrelings en dwarsbalke is aan mekaar gekonnekteer deur ‘n enorme kabelsisteem wat aan twee groot torings vasgemaak is, wat op hulle beurt weer aan ‘n rotsfondasie onder die Stille Oseaan vasgemaak is. Daar is twee Bybelse waarhede wat ons hieruit kan leer: 1) Jy moet sterk wees. Paulus skryf: ‘…As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly… Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie… Daar is ‘n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin… Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak, julle nie ‘n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie… Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees’ (EfesiĆ«rs 6:10-15 DB). 2) Jy moet veerkragtig wees! Die Golden Gate brug het al dekades van aardbewings oorleef omdat dit ontwerp is om te kan wieg. Dit is buigbaar en veerkragtig – soos jy ook moet wees. Paulus het geskryf: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (2 KorintiĆ«rs 4:8-9 NLV).

Sielskos: 2 Kro 8-11; Luk 15:1-10; Ps 119:89-96; Spr 21:20-23