2018-10-31
Efesiërs 4:15 NLV
Of jy nou hervormer, ‘n dienaar, ‘n presteerder, ‘n kunstenaar, ‘n denker, ‘n lojalis, ‘n entoesias, ‘n bevelvoerder, of ‘n vredemaker is, ons almal sukkel met sonde. Om te weet dat elke kategorie sy eie versteekte versoekings het, behoort jou minder jaloers op ander te maak wanneer dit nie met jou goed gaan nie en minder geneig om hulle te oordeel wanneer dit wel met jou goed gaan. Wanneer jy jou eie sondepatroon herken, laat dit jou toe om te weet waaraan jy moet werk. As jy byvoorbeeld ‘n hervormer is, moet jy van jou geneigdheid tot self-regverdiging bewus wees. Dis egter ook belangrik om te weet dat God jou met ‘n passie vir regverdigheid geskep het – en dat dit ‘n goeie eienskap is. Jy sal inderdaad sy teenwoordigheid die meeste voel wanneer jy hierdie eienskap in vryheid en liefde kan uitdruk. Om ander mense se patrone te ken, help jou ook om met hulle te empatiseer en in harmonie met hulle saam te leef. Soos jy hulle patrone leer ken, word jy meer geduldig met diegene wie se sondes verskillend van joune is. Jy kan byvoorbeeld seker maak dat dienaars nie altyd besig is om te dien nie en vredemakers aanmoedig om eerlik te wees wanneer hulle kwaad is. Ons doel moet wees om ons godsdienstige maskers af te haal, mekaar in areas van swakheid te versterk en dit op ‘n genadige, onveroordelende manier te doen. Wanneer ons onsself en ander ken en aanvaar, kan ons saam in liefde stap. ‘Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees…’ Eers dan sal ons vry wees om die beste weergawes van onsself te word – die weergawe wat God jou geskep het om te wees.
Sielskos: Deut 18:9-18; Dan 2; Jes 47:5-15; Hand 16:16-34
2018-10-30
Efesiërs 4:25 NLV
Vredemakers: Vredemakers floreer wanneer die lewe kalm is. Hulle is lief vir hierdie vers: ‘Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon!’ (Psalm 133:1 NLV). Hulle maak uitstekende beraders en bemiddelaars en kan gewoonlik versoening in families, gemeenskappe en werkplekke meebring. Soms is hulle egter geneig om vrede ten koste van enige prys te soek, hulle gebruik hul verhoudingsvaardighede om in die agtergrond te bly en hulle vermy dit om die inisiatief of risiko’s te neem omdat hulle te geheg aan gemak en sekuriteit is. Abraham is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n vredemaker. Toe hy en sy neef Lot begin vooruitgang maak het, het daar ‘n bakleiery tussen hulle veewagters uitgebreek omdat die land te klein was om al hulle vee te akkomodeer. Abraham het besef dat dit die familie in twee kon skeur en het aksie geneem, die probleem hanteer en die verhouding gered. Aan die ander kant, toe koning Abimelek Abraham se vrou, Sara, gesien het en haar deel van sy harem wou maak, het Abraham uit vrees vir sy lewe soos ‘n lafaard opgetree en ‘…vir die mense [vertel] dat sy vrou Sara sy suster is…’ (Genesis 20:2 NLV). Dis krities om jou sondepatroon te herken sodat jy dit effektief kan hanteer. Jesus het ons gewaarsku om nie die splinters in ander mense se oë raak te sien, as ons nie eers die balke in ons eie oë kan raaksien nie (sien Matteus 7:3). Jou sondepatroon is so aanloklik omdat dit jou grootste gevaar is; en dit is so naby aan jou dat jy dit moontlik nie sal raaksien nie. Dawid het gebid, ‘Wie kan sy eie oortredings herken? Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie…’ (Psalm 19:13-14 NLV).
Sielskos: Jes 26-29; Joh 7:1-13; Ps 114; Spr 28:1-4
2018-10-29
1 Tessalonisense 2:7 DB
Bevelvoerders: Bevelvoerders is geskape om mag en leierskap te verstaan, om te weet hoe dit werk en om natuurlik daartoe aangetrokke te wees. As dit jou beskryf, is ‘n beeld van krag vir jou belangrik. Jy het ‘n behoefte daaraan om te lei. Opposisie gee jou energie. Winston Churchill was ‘n bevelvoerder wat vinnig met ooreenstemming verveeld geraak het en wie se grootste oomblike deur opposisie geïnspireer is. Hy het ‘n deurlopende stryd met Dame Nancy Astor gehad, wat een keer vir hom gesê het, ‘Winston, as jy my man was, het ek gif in jou tee gegooi.’ Churchill se antwoord is beroemd, ‘Nancy, as ek jou man was, het ek daai tee gedrink!’ Toe Adolf Hitler in Duitsland tot maghebber verkies is, het Churchill die formidabele vyand waarvoor hy sy hele lewe lank gewag het, gekry. Hy het die uitdaging kop eerste aangedurf. Sonder goeie leierskap word niks bereik nie. Mag kan egter ‘n uitkoms self word en jy kan gefrustreerd word wanneer jy nie jou sin kry nie. Mense kan inderwaarheid geïntimideer voel om hulle opinie te lug wanneer hulle nie met jou saamstem nie. Wanneer dit gebeur mag jy dalk inskiklikheid hê, maar jy sal nie liefde, lojaliteit of respek hê nie. Verantwoordelikheid sonder aanspreeklikheid produseer onstabiliteit. Slegs wanneer jy jouself met mense wat 20/20 visie het, omring om vir jou blinde kolle te kompenseer, sal jy jou neiging om ander mense te gebruik en om vrees en intimidasie te gebruik om jou eie sin te kry, kan raaksien. Paulus, ‘n groot leier, het geskryf, ‘…Ek het julle vertroetel en mooi versorg…’ Wanneer dit by goeie leierskap kom, moet jy mense kan koester en goed behandel.
Sielskos: Jes 22-25; Joh 6:52-71; Ps 127; Spr 27:25-27
2018-10-28
Romeine 12:10 NLV
Entoesiaste: Entoesiaste is die lewe en siel van die partytjie. Hulle is geneig om storievertellers te wees en hulle hou daarvan om oor hulleself te praat. As jy met hulle oor jou probleme probeer praat, sal hulle dalk aan die begin luister, maar dit sal nie lank aanhou nie. Die skrywer John Ortberg vertel dat hy saam met ‘n vriend by ‘n restaurant was. Elke keer wanneer hulle iets bestel het, het die kelnerin ‘Wonderlik,’ of ‘Uitstekende keuse,’ of ‘Briljant,’ gesê. Toe Ortberg haar vra, ‘Sê jy ooit, ‘Dit was ‘n simpel keuse,’ of ‘Dit gaan aaklig proe’?’ het sy geantwoord, ‘Nee, in die kombuis het ons ‘n lys van bevestigings en elke keer wat iemand iets bestel, moet ons vir hulle een van hierdie bevestigings gee.’ Entoesiaste het nie ‘n lys bevestigings nodig nie, omdat hulle altyd besig is om dinge soos ‘wonderlik,’ ‘wow,’ of ‘fantasties’ te sê. Soms kan hulle vir jare gaan sonder om die pyn en donkerte in ander mense, of selfs binne hulself, te sien. Hulle kom ook in die versoeking om hulle lewe om die najaging van positiewe gevoelens – die begeerte van bevrediging – te laat wentel; en hulle kan ontevrede raak wanneer hulle nie genoeg aandag kry nie. Wat is dus die antwoord? a) Spreek jou behoefte om die middelpunt van aandag te wees, aan. ‘As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.’ b) Spreek jou ongewilligheid om pyn en ongemaklike situasies te hanteer, aan. Dit is ‘n eienskap wat tot isolasie en verslawing kan lei. ‘…Vind julle krag in julle verhouding met die Here, ja, in die krag van sý sterkte!’ (Efesiërs 6:10 NLV).
Sielskos: Rut 1:8-18; Rut 2:5-12; Rut 3:1-6; Rut 4:9-13
2018-10-27
Jesaja 41:10 NLV
Lojaliste: Lojaliste is mal daaroor om deel van ‘n goeie span te wees. Wanneer dit nodig is, kan jy op hulle staatmaak. Hulle begeer ‘n saak waaraan hulle hulself kan oorgee en wil deel wees van ‘n groep waarin hulle kan glo. Op hulle beste, help lojaliste almal anders om beter te word. Hulle is gewoonlik heel slim en welsprekend, alhoewel hulle nie altyd sommer hulle gedagtes sal deel nie. Hulle kan sinies word wanneer hulle teleurgesteld word – wat soms onvermydelik is. Dis hoekom die Bybel so baie vir ons sê om genade en vergifnis aan ander te bewys. Elkeen van ons het ‘n persoonlike persepsie van God; die manier wat ons God verstaan. Lojaliste sien God dikwels as moeilik om tevrede te stel, dus is hulle kenmerk dat hulle sonde vrees. Jesus het vertel van drie slawe wat elkeen ‘n som geld gegee is om te belê. Die eerste twee slawe het goeie beleggings gemaak wat ‘n goeie opbrengs vir hulle eienaar gebring het en hom tevrede gestel het. Die derde slaaf was egter bang om te misluk en dat sy eienaar vir hom sou kwaad wees en het dus sy talent in die grond begrawe (sien Matteus 25:14-30). Die betekenis van Christus se vergelyking is dat God sy hardste oordeel nie vir diegene wat probeer en misluk hou nie, maar vir diegene wat nie eers probeer nie, omdat hulle tot hulle vrees ingee. Iemand het geskat dat daar 365 ‘moenie bang wees nie’ teksverse in die Skrif is; een vir elke dag van die jaar. As God ‘n leuse kon gehad het, sou dit dalk gelees het, ‘Moenie bang wees nie.’ Moet dus nie bang wees nie – Hy is by jou vandag!
Sielskos: Jes 17-21; Joh 6:35-51; Ps 98; Spr 27:23-24
2018-10-26
Psalm 119:59 NLV
Denkers: Denkers hou daarvan om alles te weet. Hulle is die ondersoekers, wetenskaplikes en uitvinders onder ons. Hulle hou daarvan om waarhede te ontdek wat niemand anders al ontdek het nie en om kennis, vaardighede en stokperdjies baas te raak. Aan die negatiewe kant, kan denkers introverte wees; hulle geniet hulle eie spasie. Wat is dus die sonde wat denkers kan laat struikel? a) Onsensitiwiteit teenoor ander. Soms is denkers liewer daarvoor om reg te wees as wat hulle vir die mense om hulle is. Hulle is nie altyd gemaklik daarmee om emosie of liefde te bewys nie. Hulle is geneig om hulle gevoelens indirek of deur gebare uit te druk, sodat dit kan voel asof hulle nemers en nie gewers is nie. Hulle hou nie daarvan om argumente te verloor nie of om onderbreek te word nie. Hulle geniet afsondering, vir ure en selfs dae aaneen. Dit beteken nie dat hulle meer geestelik as die res van ons is nie; dit beteken net dat hulle ‘n laer behoefte aan gemeenskap en konneksies het. Die probleem is dat ons nie geskape is om solo te vlieg nie. Jy kan net geestelik groei wanneer jy aan ander gee en bereid is om van hulle te ontvang. Jesus het gesê, ‘As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (Johannes 13:35 NLV). b) Denkers sukkel dikwels met die konsep van ‘geloof.’ Dit maak hulle nie slegte mense nie; die meeste is eerlike twyfelaars. Geloof en rede staan nie noodwendig teenoor mekaar nie, maar wanneer rede jou nie verder kan neem nie, stel geloof in God jou in staat om vorentoe te kan beweeg. Die lewe sal jou situasies gee wat rede alleen nie kan oplos nie – dis dan wanneer jy geloof in God nodig het.
Sielskos: Jes 12-16; Joh 6:25-34; Ps 85; Spr 27:20-22