Jou sondepatroon (9)
2018-10-291 Tessalonisense 2:7 DB
Bevelvoerders: Bevelvoerders is geskape om mag en leierskap te verstaan, om te weet hoe dit werk en om natuurlik daartoe aangetrokke te wees. As dit jou beskryf, is ‘n beeld van krag vir jou belangrik. Jy het ‘n behoefte daaraan om te lei. Opposisie gee jou energie. Winston Churchill was ‘n bevelvoerder wat vinnig met ooreenstemming verveeld geraak het en wie se grootste oomblike deur opposisie geïnspireer is. Hy het ‘n deurlopende stryd met Dame Nancy Astor gehad, wat een keer vir hom gesê het, ‘Winston, as jy my man was, het ek gif in jou tee gegooi.’ Churchill se antwoord is beroemd, ‘Nancy, as ek jou man was, het ek daai tee gedrink!’ Toe Adolf Hitler in Duitsland tot maghebber verkies is, het Churchill die formidabele vyand waarvoor hy sy hele lewe lank gewag het, gekry. Hy het die uitdaging kop eerste aangedurf. Sonder goeie leierskap word niks bereik nie. Mag kan egter ‘n uitkoms self word en jy kan gefrustreerd word wanneer jy nie jou sin kry nie. Mense kan inderwaarheid geïntimideer voel om hulle opinie te lug wanneer hulle nie met jou saamstem nie. Wanneer dit gebeur mag jy dalk inskiklikheid hê, maar jy sal nie liefde, lojaliteit of respek hê nie. Verantwoordelikheid sonder aanspreeklikheid produseer onstabiliteit. Slegs wanneer jy jouself met mense wat 20/20 visie het, omring om vir jou blinde kolle te kompenseer, sal jy jou neiging om ander mense te gebruik en om vrees en intimidasie te gebruik om jou eie sin te kry, kan raaksien. Paulus, ‘n groot leier, het geskryf, ‘…Ek het julle vertroetel en mooi versorg…’ Wanneer dit by goeie leierskap kom, moet jy mense kan koester en goed behandel.
Sielskos: Jes 22-25; Joh 6:52-71; Ps 127; Spr 27:25-27