Jou sondepatroon (11)
2018-10-31Efesiërs 4:15 NLV
Of jy nou hervormer, ‘n dienaar, ‘n presteerder, ‘n kunstenaar, ‘n denker, ‘n lojalis, ‘n entoesias, ‘n bevelvoerder, of ‘n vredemaker is, ons almal sukkel met sonde. Om te weet dat elke kategorie sy eie versteekte versoekings het, behoort jou minder jaloers op ander te maak wanneer dit nie met jou goed gaan nie en minder geneig om hulle te oordeel wanneer dit wel met jou goed gaan. Wanneer jy jou eie sondepatroon herken, laat dit jou toe om te weet waaraan jy moet werk. As jy byvoorbeeld ‘n hervormer is, moet jy van jou geneigdheid tot self-regverdiging bewus wees. Dis egter ook belangrik om te weet dat God jou met ‘n passie vir regverdigheid geskep het – en dat dit ‘n goeie eienskap is. Jy sal inderdaad sy teenwoordigheid die meeste voel wanneer jy hierdie eienskap in vryheid en liefde kan uitdruk. Om ander mense se patrone te ken, help jou ook om met hulle te empatiseer en in harmonie met hulle saam te leef. Soos jy hulle patrone leer ken, word jy meer geduldig met diegene wie se sondes verskillend van joune is. Jy kan byvoorbeeld seker maak dat dienaars nie altyd besig is om te dien nie en vredemakers aanmoedig om eerlik te wees wanneer hulle kwaad is. Ons doel moet wees om ons godsdienstige maskers af te haal, mekaar in areas van swakheid te versterk en dit op ‘n genadige, onveroordelende manier te doen. Wanneer ons onsself en ander ken en aanvaar, kan ons saam in liefde stap. ‘Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees…’ Eers dan sal ons vry wees om die beste weergawes van onsself te word – die weergawe wat God jou geskep het om te wees.
Sielskos: Deut 18:9-18; Dan 2; Jes 47:5-15; Hand 16:16-34