2018-04-13
Sagaria 8:23 NLV
Die profeet Sagaria skryf, “Mense van baie nasies, selfs groot nasies, sal Jerusalem toe kom om die Here die Almagtige te soek… en sê: ‘Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle'” (verse 22-23 NLV). Wanneer mense sien dat God in jou lewe aan die werk is, sal hulle aangetrokke tot jou wees. Dit het met ‘n sjef genaamd Nicholas Herman gebeur. Hy was nie tevrede met sy lewe nie en het aanhoudend gewonder of hy waarlik gered is. Een dag was hy besig om ‘n boom te sit en bestudeer, toe die waarheid in Psalm 1:3 hom tref: dat die geheim om geestelik te groei daarin lê om in God gegrond en gewortel te wees. Dus het hy besluit om sy lewe ‘n eksperiment te maak, wat hy ‘die gebruiklike, stille, geheime gesprekke van die siel met God’ genoem het. Vandag is hy beter bekend as Broer Lawrence. Alhoewel hy sy lewe in onbekendheid in ‘n kloosterkombuis deurgebring het, is sy verhouding met God iets waarna mense regoor die wêreld strewe. Sy vriende het gesê dat hy God orals gevind het, of hy nou skoene reggemaak het of saam met die gemeenskap gebid het. Na sy dood het hulle ‘n boek van sy briewe en gesprekke saamgestel, genaamd The Practice of the Presence of God. Dis een van die boeke wat die afgelope vier eeue die wydste gelees is. Jesus het gesê, ‘En wanneer Ek van die aarde af aan die kruis verhoog word, sal Ek almal na My toe trek’ (Johannes 12:32 NLV). Hoe meer jy die teenwoordigheid van God in jou lewe kultiveer, hoe meer sal ander mense na Hom aangetrek word. Laat dus ander mense toe om God in jou te sien!
Sielskos: Jer 49-50; Mark 2:18-22; Ps 50:1-15; Spr 10:8-10
2018-04-12
Matteus 25:32 NLV
Die Bybel sê: “Al die nasies sal voor Hom bymekaargebring word en Hy sal hulle van mekaar skei soos ‘n skaapwagter die skape van die bokke skei. Hy sal die skape aan sy regterkant opstel en die bokke aan sy linkerkant. Daarop sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom julle, want my Vader het julle geseën. Kom ontvang julle erfenis – die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed hou'” (verse 32-34 NLV). Vir diegene aan sy linkerhand, sê Hy egter: ‘…Gaan weg van My af, want God het julle vervloek!..’ (vers 41 NLV). Hoe bepaal Hy wie staan waar? Is een groep hoogs moreel terwyl die ander groep losbandig gelewe het? Is dit omdat een groep se doktrine korrek is terwyl die ander groep teologies gesproke die pad byster geraak het? Nee. Jesus sê dat die lot van almal teenwoordig op een aspek gebaseer word: om deernis aan diegene in nood te bewys. Jy sê, ‘Maar ons word alleenlik deur genade gered!’ Ja, maar soos Martin Luther uitgewys het, ‘Die geloof wat ons red is nooit alleen nie!’ Die Bybel sê dat geloof sonder dade dood is (sien Jakobus 2:26). Jesus sê dat ons volgens die volgende standaard geëvalueer en beloon sal word: ‘toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek’ (Matteus 25:36 NLV). Dan verpersoonlik Hy dit met die volgende woorde: ‘…As julle iets hiervan vir een van my broers en susters gedoen het… het julle dit vir Mý gedoen’ (vers 40 NLV). Dit beteken dat jy jou hart moet oopmaak en op die lyding rondom jou moet reageer.
Sielskos: Jer 45-48; Mark 2:13-17; Ps 25:16-22; Spr 10:4-7
2018-04-11
Psalm 5:13 NLV
Die Bybel sê dat God die vromes seën. Die woord ‘vroom’ beteken nie foutloos nie, anders sou niemand van ons vir God se seën gekwalifiseer het nie! Nee, dit beteken dat ons in die vroomheid van Christus geklee kan wees, om sodoende aanvaarbaar vir Hom te kan wees en vir sy seën en guns te kan kwalifiseer (2 Korintiërs 5:21). Dit is ‘n waarheid waaraan jy moet vashou, want wanneer jy God se seën en guns ervaar, begin ander mense ook gunstig teenoor jou optree – dikwels vir redes wat hulle self nie kan verduidelik nie! Die guns en seën van God het dit vir mense in die Bybel, wat andersins nie veel sou bereik het nie, moontlik gemaak om groot dinge te doen. God het ‘n tiener genaamd Ester geroep om die Joodse nasie te red. Sy het in geloof opgetree en die koning ongenooid genader, selfs al was dit teen die reëls. ‘Die koning was bly toe hy koningin Ester daar in die voorhof sien staan…’ (Ester 5:2 NLV). God het die weg vir haar gebaan om die werk te doen waarvoor Hy haar geroep het. Sonder die guns en seën van God, sou Rut, ‘n nie-Jood, nie aanvaarbaar vir die Jode gewees het nie. Maar omdat God ‘n plan vir haar lewe gehad het en haar hart oop was vir Hom, het sy met Boas getrou, ‘…’n welgestelde, invloedryke man…’ (Rut 2:1 NLV). Uit hulle huwelik het koning Dawid afgestam en uiteindelik ook ons Here Jesus. Die Bybel sê, ‘Die Here hou van ‘n mens wat goeddoen…’ (Spreuke 12:2 NLV). ‘n Enkele oomblik van God se seën en guns kan meer vir jou doen as ‘n leeftyd se wedywering. Bid dus vandag vir God se seën en guns – en wees op die uitkyk daarvoor!
Sielskos: Jer 41-44; Mark 2:1-12; Ps 25:8-15; Spr 10:1-3
2018-04-10
Spreuke 12:15 NLV
Dit maak al die verskil in die wêreld wanneer jy jouself posisioneer om te ontvang! As jy byvoorbeeld jouself posisioneer soos jy hierdie lees om te ontvang deur vir die Here te sê, ‘Ek sal aksie neem op dit wat U vir my wys,’ sal jy meer voordeel daaruit trek as wanneer jy dit net lees om gemotiveerd of geïnspireer te word. Om weerstand te bied of om te ontvang – dis ‘n keuse wat jy elke dag maak. Niks sterf vinniger as ‘n nuwe idee in ‘n geslote brein nie. Dis onmoontlik om te leer wanneer jy dink dat jy reeds alles weet. Een van die redes hoekom Jesus so sterk op die Fariseërs gereageer het, is omdat hulle geweier het om dit wat Hy te sê gehad het, te ontvang. Denke wat verkeerd geposisioneer is, is soos ‘n mikroskoop wat klein onbenullige dinge kan vergroot, maar nie die groter prentjie kan sien nie. Elke situasie is ‘n geleentheid as dit op die regte manier beskou word. Geleenthede kan egter net ‘in jou skoot val’ wanneer jy jou skoot reg posisioneer. Ons gedagtes is te dikwels op net een plek gefokus. Ons is opsoek na rooi, dus sien ons blou nie raak nie; ons dink ‘môre,’ terwyl God ‘nou’ sê. Ons soek orals, terwyl die antwoord reg onder ons neus is. Wanneer ‘n persoon reg geposisioneer is, is hy of sy gereed om alles wat God vir hulle in gedagte het, te ontvang. God sal deur ander mense met jou praat, maar tensy jy luister, sal jy nie hoor wat Hy vir jou wil sê nie. Posisioneer jouself dus vandag om te ontvang.
Sielskos: Jer 36:27-40:16; Mark 1:40-45; Ps 25:1-7; Spr 9:17-18
2018-04-09
Hebreërs 1:3 NLV
Is jy so gefokus op jou moeilikhede dat jy vergeet dat God se Woord sê: ‘U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe…’ (Psalm 23:6 NLV)? Ons weet van Job se teëspoed, maar ons vergeet dikwels dat dit net vir ‘n kort seisoen in ‘n andersins baie geseënde lewe was. Die tyd wat Josef in die tronk spandeer het is deur die jare van invloed en voorreg wat hy as die regterhand van die farao geniet het, oorskadu. Sukkel jy om jou seëninge te geniet omdat jy bang is dat dit nie gaan hou nie? Miskien het jy so gewoond aan teenspoed geraak dat jy jouself heeltyd daarvoor staal. Dit is tyd dat jy jouself ophou bekommer en begin om in God se beloftes aan jou te glo! Hy het jou nie sover gebring om jou net te verlaat nie. Nee, Hy het jou ‘…uitgekies om jou in staat te stel om te gaan vrugte dra…’ Dis God se plan dat jy blywende vreugde en sukses sal geniet! Die Bybel sê, ‘…Deur sy magtige bevel, hou [die Seun] die ganse heelal in stand…’ God spreek nie iets oor jou lewe uit en laat dit dan uitmekaar val nie. Hy sê, ‘…die woord wat uit my mond kom… [sal] die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het’ (Jesaja 55:11 NLV). In Genesis 1:14 sê God, ‘…Laat daar ligte wees in die hemelruim sodat dag en nag onderskei kan word…’ Raai wat? Dieselfde son skyn vandag omdat die Woord dit so beveel het – en dit sal môre ook skyn. As God dit vir ‘n lewelose objek soos die son sal doen, dink jy nie dat Hy ook vir jou sal sorg nie? Jy moet glo dat jy deur God geroep en gekies is!
Sielskos: Jer 33:1-36:26; Mark 1:35-39; Ps 32; Spr 9:10-16
2018-04-08
Johannes 15:16 NLV
God het jou op ‘n spesifieke manier ontwerp. Hy het jou lewensrigting gekies. Hy het jou bewaar toe jy gedink het dat jy dit nie gaan maak nie. Hy het jou gedruk toe jy uit stoom uit gehardloop het. ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV). Hy wil hê dat jy moet wen. ‘Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie… Dit is die erflating van die dienaars van die Here…’ (Jesaja 54:17 NLV). Dit beteken dat die aanval teen jou nie sal slaag nie! Om deur God gekies te wees beteken egter nie dat jy kan voortgaan om jou eie ding te doen nie. Paulus sê, ‘Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe!’ (Romeine 6:1-2 NLV). Wanneer jy gekies en aangestel word, het jy die versekering van jou posisie in Christus, selfs wanneer jou kondisie nie op dieselfde vlak is nie. Dit is ook hoekom God versoekings en toetse toelaat. Hy weet dis nodig om jou afhanklik van Hom te hou. Die eerste opdrag wat God vir die mens gegee het, was om vrugbaar te wees (sien Genesis 1:28). Hy wil hê dat jy produktief moet wees en sukses in elke aspek van jou lewe moet behaal. Jesus het gesê, ‘…dit maak julle Vader baie gelukkig om die koninkryk aan julle te gee’ (Lukas 12:32 NLV). Wanneer hierdie konsep in jou gees wortel skiet, sal dit jou lewe verander!
Sielskos: Gal 5:22; Jes 61; Heb 12:2; Jes 35:3-10