Posisioneer jouself om te ontvang

2018-04-10
Spreuke 12:15 NLV

Dit maak al die verskil in die wêreld wanneer jy jouself posisioneer om te ontvang! As jy byvoorbeeld jouself posisioneer soos jy hierdie lees om te ontvang deur vir die Here te sê, ‘Ek sal aksie neem op dit wat U vir my wys,’ sal jy meer voordeel daaruit trek as wanneer jy dit net lees om gemotiveerd of geïnspireer te word. Om weerstand te bied of om te ontvang – dis ‘n keuse wat jy elke dag maak. Niks sterf vinniger as ‘n nuwe idee in ‘n geslote brein nie. Dis onmoontlik om te leer wanneer jy dink dat jy reeds alles weet. Een van die redes hoekom Jesus so sterk op die Fariseërs gereageer het, is omdat hulle geweier het om dit wat Hy te sê gehad het, te ontvang. Denke wat verkeerd geposisioneer is, is soos ‘n mikroskoop wat klein onbenullige dinge kan vergroot, maar nie die groter prentjie kan sien nie. Elke situasie is ‘n geleentheid as dit op die regte manier beskou word. Geleenthede kan egter net ‘in jou skoot val’ wanneer jy jou skoot reg posisioneer. Ons gedagtes is te dikwels op net een plek gefokus. Ons is opsoek na rooi, dus sien ons blou nie raak nie; ons dink ‘môre,’ terwyl God ‘nou’ sê. Ons soek orals, terwyl die antwoord reg onder ons neus is. Wanneer ‘n persoon reg geposisioneer is, is hy of sy gereed om alles wat God vir hulle in gedagte het, te ontvang. God sal deur ander mense met jou praat, maar tensy jy luister, sal jy nie hoor wat Hy vir jou wil sê nie. Posisioneer jouself dus vandag om te ontvang.

Sielskos: Jer 36:27-40:16; Mark 1:40-45; Ps 25:1-7; Spr 9:17-18