Deur God gekies en aangestel (4)
2018-04-08Johannes 15:16 NLV
God het jou op ‘n spesifieke manier ontwerp. Hy het jou lewensrigting gekies. Hy het jou bewaar toe jy gedink het dat jy dit nie gaan maak nie. Hy het jou gedruk toe jy uit stoom uit gehardloop het. ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV). Hy wil hê dat jy moet wen. ‘Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie… Dit is die erflating van die dienaars van die Here…’ (Jesaja 54:17 NLV). Dit beteken dat die aanval teen jou nie sal slaag nie! Om deur God gekies te wees beteken egter nie dat jy kan voortgaan om jou eie ding te doen nie. Paulus sê, ‘Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe!’ (Romeine 6:1-2 NLV). Wanneer jy gekies en aangestel word, het jy die versekering van jou posisie in Christus, selfs wanneer jou kondisie nie op dieselfde vlak is nie. Dit is ook hoekom God versoekings en toetse toelaat. Hy weet dis nodig om jou afhanklik van Hom te hou. Die eerste opdrag wat God vir die mens gegee het, was om vrugbaar te wees (sien Genesis 1:28). Hy wil hê dat jy produktief moet wees en sukses in elke aspek van jou lewe moet behaal. Jesus het gesê, ‘…dit maak julle Vader baie gelukkig om die koninkryk aan julle te gee’ (Lukas 12:32 NLV). Wanneer hierdie konsep in jou gees wortel skiet, sal dit jou lewe verander!
Sielskos: Gal 5:22; Jes 61; Heb 12:2; Jes 35:3-10