Hoe om vrees te oorkom (2)

2018-08-06
Klaagliedere 3:23 NLV

Kardinaal J.H. Newman, ‘n Katolieke filosoof, het gesê: ‘Moenie bang wees dat jou lewe tot ‘n einde sal kom nie, maar eerder dat dit nooit ‘n begin sal hê nie.’ Dit is wat kan gebeur as jy toelaat dat vrees ‘n houvas op jou lewe kry. Die meeste van ons vrese is werklik ongegrond. Navorsing het selfs al getoon dat vyf-en-negentig persent van dit wat ons vrees, ongegrond is. Ons moet eenvoudig leer om met die res saam te lewe. Miskien het Gertrude Stein die beste benadering gehad. Sy het gesê: ‘As jy dink hoe gevaarlik alles is, is niks eintlik vreesaanjaend nie.’ Die lewe het geen waarborge nie. Mense probeer hulself met baie dinge beskerm: alarms, reisigertjeks, aspirien, sambrele, ‘n GPS-stelsel, lugsakke. Die waarheid is egter dat die lewe gevaarlik is, dat dit jou gesondheid benadeel en jou uiteindelik sal doodmaak. Jy kan dus net sowel met oorgawe lewe. Shakespeare het gesê, ‘He is not worthy of the honeycomb who shuns the hive because the bees have stings.’ Moenie dat vrees jou daarvan weerhou om klein treë in jou ontwikkeling te gee nie. Jy weet nooit waarheen hulle mag lei nie. Daar is twee dinge wat altyd saam met ons in die lewe teenwoordig is: vrees en geloof. Elke dag wat jy leef, kies jy die een of die ander. Jeremia het geloof gekies. Hy het geskryf: ‘Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy liefde het geen einde nie. Op u ontferming kan ‘n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut… My lewe behoort aan die Here, Ek kan op Hom vertrou. Die Here is goed vir hulle wat hoop op Hom en vra wat Hy wil hê’ (verse 22-25 NLV).

Sielskos: 1 Kro 1-2; Luk 11:14-28; Ps 78:56-64; Spr 20:7-10

Wees kreatief

2018-06-03
Markus 2:4 NLV

Mary Engelbreit wou altyd kinderboeke illustreer, maar ‘n voorligtingsberader by die skool het vir haar gesê, ‘Jy kan dit nie doen nie. Wees prakties. Kry ‘n graad en word ‘n onderwyser.’ Mary het by ‘n kunswinkel begin werk, oor die industrie geleer en kunstenaars wat ‘n lewe gemaak het deur te doen waarvoor hulle lief was, leer ken. Deur te weier dat struikelblokke op die konvensionele pad na sukses haar terughou, het Engelbreit ‘n erkende kunstenaar geword wat haar eie tydskrif begin het. Proust het gesê, ‘Die ware reis van ontdekking bestaan nie daaruit om nuwe landskappe te soek nie, maar om nuwe oë te hê.’ Leer om buite die boks te dink en onthou, inspirasie ontstaan uit perspirasie! Verwag dat daar probleme gaan opduik en moenie toelaat dat dit jou voornemens verswak nie. Vier mans wat nie hulle verlamde vriend as gevolg van die skare by Jesus kon uitkry nie, ‘…het ‘n gat deur die dak bokant Jesus se kop gemaak. Toe laat hulle die mat waarop die sieke gelê het, deur die dak sak.’ Jesus het geloof in aksie gesien en dit beloon deur die man gesond te maak. Jy kan enigiets bereik as jy daaroor bid en volhard. Rebecca Barlow Jordan sê, ‘Ware kreatiwiteit hou nie by inspirasie op nie. Baie mense het al probeer en gefaal, omdat hulle nie die struikelblokke kon oorkom nie. Die ware kunstenaar sien deur geloof die voltooide prentjie. Almal van ons is kunstenaars en God het vir ons werk om te doen. Hy moedig ons aan om die vrugte van ons arbeid te geniet. Die ware seëning vind egter nie net plaas wanneer ons dinge regkry nie, maar wanneer kreatiwiteit sy goddelike oorsprong bekragtig en eer aan God bring.’

Sielskos: Gal 5:23; Spr 16:32; 2 Pet 1:5-8; Heb 11:23-27

Wees daar (3)

2018-05-27
2 Korintiërs 1:4 DB

Een manier om ‘n vriend in krisis te help is om hulle te help om belangrike hulpbronne te identifiseer – geestelik, persoonlik en interpersoonlik. 1) Geestelike hulpbronne. ‘God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help’ (Psalm 46:1 NLV). God se Woord verlig die donkerte en verwarring. Sy Gees is die bron van alle troos – Hy gee ‘…vrede… wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink…’ (Filippense 4:7 NLV). Sy teenwoordigheid spreek die eensaamheid aan en sy krag help ‘n seer hart om gevoelens van hulpeloosheid te oorkom. Mense wat in krisis verkeer is dikwels gedisoriënteerd, wat veroorsaak dat hulle vergeet wat God hulle reeds gegee het. 2) Persoonlike hulpbronne. Herinner hulle aan hulle unieke sterkpunte en vaardighede. Help hulle om oorwinnings wat hulle in die verlede suksesvol in moeilike tye genavigeer het, te onthou. Moedig ‘n positiewe houding aan wat na die toekoms kyk eerder as om deur die huidige pyn verlam te word. Die belangrikste is egter om hulle geloof met gebed en waarhede uit God se Woord te versterk. Laaste maar nie die minste nie, herinner hulle aan jou ondersteuning. 3) Interpersoonlike hulpbronne. Familielede, vriende, kollegas en bure sal heel waarskynlik ondersteundend wees, en gemeenskapshulpbronne is ook vir mediese, finansiële en materiële hulp beskikbaar. Die plaaslike kerk is nog ‘n bron van hulp. Mense wat in krisis verkeer, is dikwels skaam om vir hulp te vra; hulle voel dat hulle hulle probleme self behoort te hanteer. Help hulle verstaan dat jy geseën word deur te gee en dat hulle eendag ook die geleentheid sal hê om iemand te ‘…help en troos wanneer hulle swaarkry…’

Sielskos: Gal 5:23; Jes 40:9-11; Jes 42:1-4; Ps 18:31-35

‘n Gebed vir sukses by die werk

2018-05-24
Spreuke 22:29 NLV

Hier is ‘n gebed vir sukses by die werk: ‘Here, ek dank U vir die manier wat U my gemaak het, vir die baie gawes en talente wat U in my geplaas het en ek vertrou dat ek die beste persoon vir die werk is. Ek is dankbaar vir ieder en elke persoonlikheid waarmee ek werk, selfs diegene wat ek nie regtig van hou of verstaan nie. Ek vra dat my fokus gedurende my tyd in hierdie posisie, op die doelwitte wat U vir my gestel het, sal wees. Gee my die wysheid en insig om die werk te kan doen, selfs te midde van ‘n vyandige omgewing. Help my om te verstaan wat U my hier wil leer en gee my geduld soos U my vir die toekoms voorberei. Help my om my beste te lewer en altyd positief en hoopvol te bly. Stil die klagtes en teleurstellings van my hart deur U perfekte vrede en laat my toe om U met my werk te vertrou. Klee my in die kledingstukke van lof en die regverdigheid van Christus sodat ek U by die werk kan verheerlik. Laat my toe om my ware identiteit te ken, om in U guns te wandel en om U, meer as die mense waarmee ek werk, te probeer tevrede stel. Waar daar twis is, laat my ‘n vredemaker wees. Waar daar bedrog is, laat my die waarheid praat. Waar daar wanhoop is, laat my hoop bring. Waar daar vrees is, laat my geloof bring. Waar daar donkerte is, laat my lig bring. Waar daar hartseer is, laat my vreugde bring. Hierdie dinge vra ek in Jesus se Naam. Amen.’

Sielskos: Rig 9:34-11:40; Mark 10:35-52; Ps 129; Spr 20:25; Pred 5:4-6

Verwelkom die toets (1)

2018-05-16
Genesis 22:1 NLV

Die Bybel sê:  “Na ‘n tyd wou God Abraham se geloof en gehoorsaamheid toets… God sê vir hom: ‘Neem jou seun, jou enigste seun, ja, vir Isak wat jy so liefhet, en gaan na die land Moria. Offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal wys’… Daarna het [Abraham] vertrek na die plek wat God vir hom aangedui het” (verse 1-3 NLV). Jy vra, “Hoekom sal God my toets?” Eerstens, om te bewys dat Hy aan jou getrou is. Tweedens, om jou die geleentheid te gee om te bewys dat jy aan Hom getrou is. Jou toetse is die manier hoe jy na die volgende vlak in sy koninkryk beweeg. Daardie dag het Abraham bewys dat hy vir niks liewer as vir God was nie. Dit was ook daardie dag dat God Homself as ‘Jehovah Jireh’ – die Here wat voorsien – aan Abraham voorgestel het. Dis wanneer jy jou geloof uitoefen dat jy God se getrouheid ontdek. Die toetse sal ongetwyfeld rondom dit wat die belangrikste vir jou is, gesentreerd wees. Waarin vind jy hou identiteit? Waarin vind jy jou sekuriteit? Dit is jou “Isak”. God sal jou toets om seker te maak dat jy jou identiteit en sekuriteit in Hom alleenlik vind. Hy sal inderwaarheid enigiets toets wat jy meer as Hom vertrou, totdat jy dit op die altaar plaas. Moenie bekommerd wees nie; jy hoef nie in vrees te lewe dat God dit wat vir jou die belangrikste is gaan wegneem nie. Wanneer die geskenk egter belangriker as die Gewer word, dan word die einste ding wat God jou gegee het om sy doelwitte te dien, iets wat sy plan vir jou lewe ondermyn. Dit is hoekom God dit sal hanteer.

Sielskos: Deut 32:29-34:12; Mark 9:1-13; Ps 62; Spr 12:18-19