Wees daar (3)
2018-05-272 Korintiërs 1:4 DB
Een manier om ‘n vriend in krisis te help is om hulle te help om belangrike hulpbronne te identifiseer – geestelik, persoonlik en interpersoonlik. 1) Geestelike hulpbronne. ‘God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help’ (Psalm 46:1 NLV). God se Woord verlig die donkerte en verwarring. Sy Gees is die bron van alle troos – Hy gee ‘…vrede… wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink…’ (Filippense 4:7 NLV). Sy teenwoordigheid spreek die eensaamheid aan en sy krag help ‘n seer hart om gevoelens van hulpeloosheid te oorkom. Mense wat in krisis verkeer is dikwels gedisoriënteerd, wat veroorsaak dat hulle vergeet wat God hulle reeds gegee het. 2) Persoonlike hulpbronne. Herinner hulle aan hulle unieke sterkpunte en vaardighede. Help hulle om oorwinnings wat hulle in die verlede suksesvol in moeilike tye genavigeer het, te onthou. Moedig ‘n positiewe houding aan wat na die toekoms kyk eerder as om deur die huidige pyn verlam te word. Die belangrikste is egter om hulle geloof met gebed en waarhede uit God se Woord te versterk. Laaste maar nie die minste nie, herinner hulle aan jou ondersteuning. 3) Interpersoonlike hulpbronne. Familielede, vriende, kollegas en bure sal heel waarskynlik ondersteundend wees, en gemeenskapshulpbronne is ook vir mediese, finansiële en materiële hulp beskikbaar. Die plaaslike kerk is nog ‘n bron van hulp. Mense wat in krisis verkeer, is dikwels skaam om vir hulp te vra; hulle voel dat hulle hulle probleme self behoort te hanteer. Help hulle verstaan dat jy geseën word deur te gee en dat hulle eendag ook die geleentheid sal hê om iemand te ‘…help en troos wanneer hulle swaarkry…’
Sielskos: Gal 5:23; Jes 40:9-11; Jes 42:1-4; Ps 18:31-35