2018-02-18
Jakobus 3:13 DB
In die eerste sewe sekondes besluit mense gereeld of hulle wil luister na wat jy te sê het, of nie. Dit mag dalk nie regverdig wees nie, maar dis ‘n feit. In How to Talk So People Listen, sê die kommunikasiekundige, Sonya Hamlin, dat wanneer dit kom by hoor en sien, sien die belangrikste en kragtigste sintuig van die twee is. Sy skryf: ‘Ons onthou 85 tot 90 persent van wat ons sien, maar minder as 15 persent van dit wat ons hoor. Ontelbare mense het verkoopsgeleenthede verloor, werksonderhoude geruïneer of is afsprake geweier omdat hulle voorkoms nie aan iemand anders se verwagtinge voldoen het nie. As jy wys is, sal jy jou vriende en familie vra of jy geneig is om nie-verbale leidrade uit te beeld wat hulle aandag trek en die fokus van dit wat jy probeer kommunikeer, aflei. ‘n Pastoor sê: ‘Ek het nooit besef hoeveel nie-verbale foute ek maak tot ek myself op video gesien het nie. Nou is dit ‘n gereelde gewoonte van my om terug te gaan en na myself te kyk om nie net wat ek gesê het te bepaal nie, maar ook hoe ek dit gesê het. Die beeldmateriaal lieg nie.’ Goeie akteurs kan ‘n storie vertel sonder om ‘n woord te sê, deur net hulle gesigsuitdrukkings te gebruik. Of jy nou daarvan bewus is of nie, jy straal ook ‘n boodskap met die uitdrukking op jou gesig uit. Selfs mense wat trots daarop is dat hulle nie veel emosie of gedagtes in hulle gesigte wys nie, straal tog ‘n ongesproke boodskap van afsydigheid uit. Dit maak betekenisvolle kommunikasie met ander mense amper onmoontlik. As jou gesig namens jou gaan praat – en dit gaan – maak seker dat dit die regte boodskap kommunikeer.
Sielskos: Eks 20:14; Spr 6:23-35; Matt 5:27-30; 1 Kor 6:9-20
2018-02-17
Matteus 5:16 NLV
Jesus het gesê, ‘Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!’ Wanneer jy in die donker is, sien jy die lig voor jy die ligdraer sien. Die ou gesegde wat sê, ‘Eerste indrukke is blywende indrukke,’ is waar. ‘n Kommunikasiekundige sê, ‘Jy het net sewe sekondes om die regte eerste indruk te maak. Sodra jy jou binnekoms maak, is daar verbale en nie-verbale tekens wat bepaal hoe ander mense jou sien. In besigheid kan daardie noodsaaklike sewe sekondes bepaal of jy die kliënt gaan oortuig en of jy ‘n gespanne onderhandeling gaan wen. Is jy vol selfvertroue? Gemaklik? Opreg? Bly om daar te wees? In daardie eerste sewe sekondes gee jy jou gehoor verskeie leidrade. Of mense dit nou besef of nie, hulle reageer onmiddellik teenoor jou gesigsuitdrukkings, gebare, houding en energie. Hulle reageer op jou stem – die toon en toonhoogte daarvan. Gehore, of hulle nou uit een of eenhonderd mense bestaan, som instinktief jou motiewe en houding op.’ Of jy nou praat, verkoop, onderhoude voer of op sosiale afsprake gaan, jou voorkoms, houding en benadering maak al die verskil in die wêreld. Mense kan baie in sewe sekondes van jou te wete kom. Hulle mag dalk besluit dat hulle nie belangstel in wat jy te sê het nie, of hulle kan verbaas wees oor hoe aangetrokke hulle tot jou voel. Henry Ward Beecher het gesê, ‘Daar is mense so stralend, so geniaal, so gaaf, so plesierig, dat jy instinktief in hulle teenwoordigheid voel dat hulle goed is vir jou, wie se aankoms in ‘n kamer is soos om ‘n brandende lamp binne te bring.’
Sielskos: Heb 5-8; Matt 15:1-14; Ps 149; Spr 4:25-27
2018-02-16
Jeremia 15:16 NLV
Mense in die Bybel het ook met depressie geworstel. Elia het gesê, ‘…Ek het nou genoeg gehad, Here… Neem nou maar my lewe…’ (1 Konings 19:4 NLV). Job het gesê, ‘Ek haat my lewe!..’ (Job 10:1 NLV). Dawid het geskryf, ‘Hoekom is ek nou so mismoedig?..’ (Psalm 42:6 NLV). Wanneer jy klinies depressief is, moet jy professionele hulp kry. Die tipe depressie waarvan ons egter hier praat is wanneer jou motivering gedreineer is, jou begeerte om God na te volg weg is, wanneer jy blind vir jou seëninge is, wanneer jou entoesiasme geforseerd is en wanneer jy in ‘n dwaal oor jou toekoms is. Hier is ‘n paar moontlike oorsake: 1) Sonde. Sonde is soos ‘n klippie in jou skoen. Geen vakansie, verandering van werk, verandering in verhoudings of dokter sal dit genees nie. Die bloed van Jesus sal dit egter skoon maak (sien 1 Johannes 1:7). 2) Gierigheid. Koning Agab se obsessie om Nabot se wingerd te besit, het hom miserabel gemaak en sy hele familie geaffekteer (sien 1 Konings 21:4). 3) Vergelykings. Om jouself aanhoudend met ander te vergelyk, sal jou depressief maak (Sien 2 Korintiërs 10:12). 4) Negatiewe praatjies. ‘Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde’ (Spreuke 18:21 NLV). 5). Moegheid. Jesus het sy dissipels eenkant toe geroep om te rus, want wanneer moegheid instap, stap geloof dikwels uit (sien Markus 6:31). 6) Onvergewensgesindheid. Wanneer jy weier om iemand te vergewe, dra jy hulle soos ‘n albatros om jou nek rond. Wat is dus die oplossing vir depressie? Dikwels begin dit met gebed en Bybelstudie. Jeremia, wat met depressie gestoei het, het gesê, ‘Toe U gepraat het, het ek mooi geluister… U woorde het my bly gemaak…’
Sielskos: Heb 1-4; Matt 14:22-36; Ps 145:14-21; Spr 4:23-24
2018-02-15
Filippense 1:10 NLV
Om groter self-dissipline te bereik, moet jy: 1) Jou dag begin deur die moeilikste dinge eerste te doen. Byvoorbeeld, maak jou bed op, tel jou klere op en was die skottelgoed; moenie meer werk vir jouself maak nie. Moet ook nie ‘n klomp projekte gelyktydig begin nie; die gevoel wanneer jy iets klaar maak sal jou help om in self-respek en self-dissipline te groei. 2) ‘n Punt daarvan maak om stiptelik te wees. Dis moeilik om die gewoonte te breek as jy gedurig laat is. Om dit te oorkom moet jy gewillig wees om dit op die naam te noem – onbedagsame, selfsugtige gedrag. 3) Vooruit beplan. Alles neem langer as wat jy dink, moet dus nie tot die laaste minuut wag en dan soos ‘n afkophoender rondhardloop nie. Jy kan maagsere kry as jy gedurig so moet jaag, maar as jy jouself ekstra tyd gun is dit goed vir jou gesondheid en gedagtes. 4) Teregwysing van diegene wat vir jou omgee aanvaar, sonder om dikmond te wees of terug te slaan. Tensy jy gewillig is om teregwysing te aanvaar, sal jy nooit gekwalifiseerd wees om dit te gee nie. Die Bybel sê, ‘…Hulle wat na ander luister, het wysheid’ (Spreuke 13:10 NLV), so as jy wys is sal jy terugvoer verwelkom en goeie raad opsoek. Gandhi het eenmaal gesê, ‘Daar is altyd ‘n beperking op self-bevrediging, maar geen op self-beheer nie.’ Vra God om jou te help om jou oproerige gedagtes, gevoelens, begeertes en gedrag te beheer. Identifiseer die onbeheerbare areas in jou lewe, hou op verskonings maak, staar die waarheid in die gesig selfs al maak dit seer, weier om jammer vir jouself te voel en stel ‘n paar bereikbare doelwitte vir jouself. Met ander woorde, leer om te onderskei wat regtig saak maak.
Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22
2018-02-14
Romeine 12:6 NLV
Paulus skryf: ‘Ons besit een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie funksie het. Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam… Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…’ (verse 4-6 NLV). Dr John Maxwell stel voor dat jy êrens werk waar jy 80 persent van die tyd die sterkste is, waar jy 15 persent van die tyd leer en waar jy 5 persent van die tyd die swakste is. So, wat is jou sterkpunte? Om die antwoord op hierdie vraag te ontdek, moet jy: 1) Selfversekerd wees. As jy toelaat dat jou onsekerhede jou regeer, sal jy onbuigbaar wees en teen verandering vasskop. As jy nie verander nie, sal jy nie groei nie. 2) Jouself leer ken. Spandeer tyd om jou gawes te verken, vra vir terugvoer en wees eerlik oor jou blinde kolle. 3) Jou leier vertrou. As jy nie die persoon wat jy volg kan vertrou nie, moet jy iemand soek wat jy kan vertrou, of ‘n ander span kry. 4) Die groter prentjie sien. Jou plek in enige span maak net in die konteks van die groter prentjie sin. As jou enigste rede om jou niche te vind persoonlike wins is, sal jou verkeerde motiewe die einste vreugde, vervulling en sukses wat jy begeer, steel. 5) Op jou ervarings staatmaak. Die enigste manier om te weet of jy jou niche ontdek het is om dinge te probeer, risiko’s te neem, uit jou suksesse en mislukkings te leer en te ontdek watter gawes God vir jou gegee het.
Sielskos: Num 6:1-21; Matt 4:1-17; Mark 2:18-22; Luk 9:23-26
2018-02-13
Spreuke 21:26 NLV
Die vlak van finansiële seën waarmee God jou sal vertrou hang van drie vrae af: 1) Is jy volwasse genoeg om dit te hanteer? 2) Hoop jy om te oes maar is jy onwillig om te saai? 3) Is jy ‘n opgaarder of ‘n gewer? God weet ons kan nie almal dieselfde bedrag gee nie. Jesus het ‘n weduwee wat haar laaste twee sente gegee het, hoog geag en gesê, ‘Al die ander het gegee omdat hulle so baie het… sy het alles vir Hom gegee’ (Markus 12:44 DB). Aan die ander kant, het Barnabas ‘…sy grond verkoop en die geld vir die apostels gebring om vir dié te gee wat tekort het’ (Handelinge 4:37 NLV). Hoe meer God jou seën, hoe meer verantwoordelik hou Hy jou. Jesus het gesê, ‘…Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is…’ (Lukas 12:48 NLV). Toe dit tyd vir kollekte was, het ‘n pastoor vir sy gemeente gesê om die beursie of handsak van die persoon wat voor hulle sit, te vat. ‘Nou,’ het hy gesê, ‘Maak die beursie oop en gee soveel soos jy altyd wou gee, maar gevoel het jy kan nie bekostig nie!’ Die waarheid is dat ons nie almal geroep is om dieselfde hoeveelheid te gee nie, maar dat ons almal geroepe is om dieselfde op te offer. Dit maak die speelveld gelyk. Die kern van vrygewigheid lê in selfopoffering. God vertrou finansiële seën toe aan mense wat nie deur liefde vir geld beheer word nie. Hoe weet jy wanneer jy deur die liefde vir geld beheer word? Wanneer jy, wanneer God jou sê om te gee, dit eerder terughou. Verstaan mooi: Wanneer God jou op die hart druk om ‘n saadjie te saai, is daar ‘n oes op pad.
Sielskos: Jona 1-4; Matt 14:1-12; Ps 141; Spr 4:18-19