Finansiële raad (3)

2018-02-13
Spreuke 21:26 NLV

Die vlak van finansiële seën waarmee God jou sal vertrou hang van drie vrae af: 1) Is jy volwasse genoeg om dit te hanteer? 2) Hoop jy om te oes maar is jy onwillig om te saai? 3) Is jy ‘n opgaarder of ‘n gewer? God weet ons kan nie almal dieselfde bedrag gee nie. Jesus het ‘n weduwee wat haar laaste twee sente gegee het, hoog geag en gesê, ‘Al die ander het gegee omdat hulle so baie het… sy het alles vir Hom gegee’ (Markus 12:44 DB). Aan die ander kant, het Barnabas ‘…sy grond verkoop en die geld vir die apostels gebring om vir dié te gee wat tekort het’ (Handelinge 4:37 NLV). Hoe meer God jou seën, hoe meer verantwoordelik hou Hy jou. Jesus het gesê, ‘…Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is…’ (Lukas 12:48 NLV). Toe dit tyd vir kollekte was, het ‘n pastoor vir sy gemeente gesê om die beursie of handsak van die persoon wat voor hulle sit, te vat. ‘Nou,’ het hy gesê, ‘Maak die beursie oop en gee soveel soos jy altyd wou gee, maar gevoel het jy kan nie bekostig nie!’ Die waarheid is dat ons nie almal geroep is om dieselfde hoeveelheid te gee nie, maar dat ons almal geroepe is om dieselfde op te offer. Dit maak die speelveld gelyk. Die kern van vrygewigheid lê in selfopoffering. God vertrou finansiële seën toe aan mense wat nie deur liefde vir geld beheer word nie. Hoe weet jy wanneer jy deur die liefde vir geld beheer word? Wanneer jy, wanneer God jou sê om te gee, dit eerder terughou. Verstaan mooi: Wanneer God jou op die hart druk om ‘n saadjie te saai, is daar ‘n oes op pad.

Sielskos: Jona 1-4; Matt 14:1-12; Ps 141; Spr 4:18-19