Hoe om depressie te hanteer
2018-02-16Jeremia 15:16 NLV
Mense in die Bybel het ook met depressie geworstel. Elia het gesê, ‘…Ek het nou genoeg gehad, Here… Neem nou maar my lewe…’ (1 Konings 19:4 NLV). Job het gesê, ‘Ek haat my lewe!..’ (Job 10:1 NLV). Dawid het geskryf, ‘Hoekom is ek nou so mismoedig?..’ (Psalm 42:6 NLV). Wanneer jy klinies depressief is, moet jy professionele hulp kry. Die tipe depressie waarvan ons egter hier praat is wanneer jou motivering gedreineer is, jou begeerte om God na te volg weg is, wanneer jy blind vir jou seëninge is, wanneer jou entoesiasme geforseerd is en wanneer jy in ‘n dwaal oor jou toekoms is. Hier is ‘n paar moontlike oorsake: 1) Sonde. Sonde is soos ‘n klippie in jou skoen. Geen vakansie, verandering van werk, verandering in verhoudings of dokter sal dit genees nie. Die bloed van Jesus sal dit egter skoon maak (sien 1 Johannes 1:7). 2) Gierigheid. Koning Agab se obsessie om Nabot se wingerd te besit, het hom miserabel gemaak en sy hele familie geaffekteer (sien 1 Konings 21:4). 3) Vergelykings. Om jouself aanhoudend met ander te vergelyk, sal jou depressief maak (Sien 2 Korintiërs 10:12). 4) Negatiewe praatjies. ‘Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde’ (Spreuke 18:21 NLV). 5). Moegheid. Jesus het sy dissipels eenkant toe geroep om te rus, want wanneer moegheid instap, stap geloof dikwels uit (sien Markus 6:31). 6) Onvergewensgesindheid. Wanneer jy weier om iemand te vergewe, dra jy hulle soos ‘n albatros om jou nek rond. Wat is dus die oplossing vir depressie? Dikwels begin dit met gebed en Bybelstudie. Jeremia, wat met depressie gestoei het, het gesê, ‘Toe U gepraat het, het ek mooi geluister… U woorde het my bly gemaak…’
Sielskos: Heb 1-4; Matt 14:22-36; Ps 145:14-21; Spr 4:23-24