2018-06-23
Johannes 13:17 NLV
Om God se Woord te lees, te ontvang, te onthou en daaroor te reflekteer is belangrik, maar ons moet daarop reageer en ‘…mense word wat dóén wat die woord sê…’ (Jakobus 1:22 NLV). Jy kan so besig wees om na die volgende kerkvergadering te gaan, dat jy vergeet om dit wat jy by die laaste een geleer het, uit te oefen. Jesus het gesê, ‘Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ‘n verstandige persoon wie se huis op soliede rots gebou is’ (Matteus 7:24 NLV). God sal jou nie seën omdat jy die waarheid weet nie, maar omdat jy dit gehoorsaam. ‘As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle gelukkig wees as julle dit ook doen.’ Ons is geneig om persoonlike toepassing te vermy, omdat dit nie net moeilik is nie – in sommige gevalle is dit ronduit pynlik! Jesus het gesê, ‘…die waarheid sal julle vrymaak’ (Johannes 8:32 NLV), maar dit mag jou dalk aan die begin ongemaklik maak. God se Woord openbaar ons beweegredes, stel ons foute bloot, wys ons sondes tereg en eis verandering. Dis hoekom dit goed is om jou persoonlike insigte met ander mense te bespreek. Ons leer waarhede van ander mense wat ons nooit op ons eie sou leer nie. Hulle help ons om dit wat ons miskyk te sien en toe te pas. Hulle hou ons aanspreeklik. Een van die beste maniere om iemand wat die Woord dóén te word, is om ‘n aksieplan neer te skryf. Dit moet persoonlik wees (met betrekking op jou); prakties wees (iets wat jy kan doen) en bewysbaar wees (met ‘n maatstaf of sperpunt). In die woorde van D.L Moody: ‘Die Bybel is nie aan ons gegee om ons kennis te vermeerder nie, maar om ons lewens te verander.’
Sielskos: 2 Kor 5-8; Luk 2:1-7; Ps 144:1-8; Spr 16:1-3
2018-06-22
Psalm 119:97 NLV
Mens bewaar God se Woord op drie maniere: 1) Deur dit na te vors. Dit beteken dat jy jou gedagtes daaroor neerskryf. Dit behels ook dat jy vrae soos: Wie? Wat? Wanneer? Waar? Hoekom? Hoe? moet vra. Met ander woorde, jou Bybelstudie moet jou insig gee, nie net inligting nie. 2) Deur dit te onthou. Jy mag dalk dink dat jou geheue sleg is, maar jy het alreeds miljoene idees en feite gememoriseer. Die waarheid is dat ons dit onthou wat waarlik vir ons belangrik is! Daar is enorme voordele daaraan verbonde om die Skrif te memoriseer. Dit sal jou help om versoeking te weerstaan, om beter besluite te maak, stres te verminder, jou selfvertroue op te bou en jou in staat te stel om jou geloof met ander te deel. Begin deur ‘n vers neer te skryf wat jou gehelp het en dra dit op ‘n klein kaartjie saam met jou rond. Sê dit hardop vir jouself terwyl jy werk, oefen, wag en voor jy gaan slaap. Die kuns daarin om Skrifgedeeltes te memoriseer, is om dit aanhoudend te hersien! 3) Deur daarop te reflekteer. Geen ander gewoonte sal jou meer geestelik volwasse laat word as om daagliks oor God se Woord te reflekteer nie. Soos jy dit doen, word jy letterlik ‘…al hoe meer verander om soos die Here te lyk…’ (2 Korintiërs 3:18 NLV). God het Dawid ‘…’n man na my hart…’ (Handelinge 13:22 NLV), genoem. Hoe het hy daardie onderskeiding gekry? Omdat hy lief was daarvoor om oor God se Woord te reflekteer: ‘Hoe lief het ek u gebooie! Ek oordink dit die hele dag.’ Die sleutel tot ‘n suksesvolle Christelike lewe is joune, wanneer jy leer om God se Woord te bewaar.
Sielskos: 2 Kor 1-4; Luk 1:67-80; Ps 139:13-24; Spr 15:31-33
2018-06-21
Kolossense 3:16 NLV
Soos jy jou gedagtes met God se Woord vul, sal die Heilige Gees dit gebruik om jou te verander. ‘Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal…’ Hoe doen jy dit? 1) Deur dit te lees. As jy die koerant maar nie die Bybel lees nie, sal jy nie geestelik groei nie. Jy kan nie televisie vir drie of vier ure kyk, dan jou Bybel vir drie of vier minute lees en groei verwag nie. Hoe kan jy sê jy glo die Bybel van begin tot einde, as jy dit nog nie deurgelees het nie? ‘…[Ons moet] dit elke dag lees so lank as wat [ons] lewe…’ (Deuteronomium 17:19 NLV). As jy jou Bybel net vyftien minute elke dag lees, sal jy dit teen die einde van die jaar heeltemal deurgelees het. As jy elke dag net een dertig-minute televisieprogram uitsny, kan jy dit twee keer ‘n jaar deurlees. Daaglikse Bybelstudie hou jou binne die bereik van God se stem. Wil jy geestelik groei? Ontwikkel dan ‘n daaglikse Bybel leesplan en hou daarby. 2) Deur dit te ontvang. In die gelykenis van die saaier praat Jesus van drie onontvanklike houdings: ‘n geslote gees (harde grond), ‘n oppervlakkige gees (vlak grond) en ‘n deurmekaar gees (grond met onkruid) (sien Lukas 8:5-15). Hy gaan dan verder om te sê, ‘Gee aandag aan wat jy hoor…’ (vers 18 NLV). Enige tyd wat jy nie besig is om te leer nie, kyk na jou houding, want God kan selfs deur die verveligste onderwyser met jou praat as jy nederig en ontvanklik daarvoor is. Jakobus sê ‘…aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red’ (Jakobus 1:21 NLV). Hierdie is nie net goeie idees nie; dis lewensveranderende beginsels!
Sielskos: Eseg 46-48; Luk 1:57-66; Ps 139:7-12; Spr 15:28-30
2018-06-20
Johannes 8:31 NLV
Johannes skryf, ‘…ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan’ (3 Johannes vers 2 NLV). Om God se Woord te lees moet een van jou eerste prioriteite wees, sodat dit ‘in alle opsigte goed mag gaan’ met jou. Jesus het gesê, ‘…As julle in ‘n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers.’ Om in noue verbintenis met God se Woord saam te leef, beteken dat jy vreugde, aanvaarding, aanmoediging, ondersteuning, beskerming, doelwitte, identiteit en rus daarin vind. Om God se Woord te ‘bewaar’ beteken dat jy dit as jou hoogste outoriteit, jou kompas vir rigting, jou berader wanneer jy besluite maak en jou maatstaf wanneer jy elke verhouding en aksie evalueer, aanvaar. Met ander woorde, die eerste en laaste woord in jou lewe. Baie van ons moeilikhede ontstaan omdat ons ons keuses op onbetroubare outoriteite baseer, soos: Kultuur – ‘Almal doen dit.’ Tradisie – ‘Ons het dit nog altyd so gedoen.’ Rede – ‘Dit lyk logies.’ Emosie – ‘Dit voel net reg.’ Al hierdie outoriteite is foutief omdat hulle vanuit onsself kom, nie van God af nie. Wat ons nodig het is ‘n perfekte standaard wat ons nooit in die verkeerde rigting sal lei nie, en net God se Woord voldoen aan daardie kriteria. Salomo het geskryf, ‘Elke woord van God is getoets…’ (Spreuke 30:5 NLV). Dit beteken dat wanneer sy Woord vir jou sê om iets te doen, moet jy dit doen, of dit nou vir jou sin maak of nie en of jy lus is om dit te doen of nie. Jy moet soos Paulus sê, ‘…Ek handhaaf alles… wat geskryf staan’ (Handelinge 24:14 NLV).
Sielskos: Eseg 43-45; Luk 1:39-56; Ps 139:1-6; Spr 15:25-27
2018-06-19
Job 23:12 NLV
Die Gees van God maak ons soos die Seun van God, deur die Woord van God! Dis hoekom Satan honderde padversperrings in jou pad sal plaas om te keer dat jy jou Bybel lees. Paulus skryf, ‘…[God se] boodskap kan julle geloof sterk maak en dit kan julle help om te weet dat God vir julle die dinge sal gee wat Hy belowe het om vir al die gelowiges te gee’ (Handelinge 20:32 ABA). God se Woord is soos ‘n saadjie; dis met potensiaal gevul. Jesus het gesê, ‘…Die woorde wat Ek aan julle gerig het, is Gees en lewe’ (Johannes 6:63 NLV). ‘n Wonderbaarlike ding gebeur wanneer jy die Skrif bestudeer. Jou verstand verhelder, jou hart resoneer en die waarheid begin in jou lewe. Die Bybel is meer as net ‘n doktrinale handboek. Dit skep geloof, produseer verandering, veroorsaak wonderwerke, genees seer, bou karakter, transformeer omstandighede, dra vreugde oor, oorkom teenstand, verslaan versoeking, bou hoop, stel krag vry, reinig gedagtes, bring dinge tot stand en waarborg jou toekoms. Jy kan nie daarsonder oorleef nie. Dis so noodsaaklik soos kos vir jou lewe. Dis hoekom Job gesê het, ‘…Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar.’ God se Woord is die geestelike voedsel wat jy nodig het om jou lewensdoelwit te vervul. Die Bybel word as melk, brood, vaste kos en soeter as heuning beskryf (sien 1 Petrus 2:2; Matteus 4:4; 1 Korintiërs 3:2; Psalm 119:103). Hierdie viergang maaltyd is die Gees se spyskaart vir daaglikse krag en groei. Paulus skryf, ‘Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom daarna… sodat julle daardeur kan groei tot volwasse gereddenes’ (1 Petrus 2:2 NLV). Maak dus ‘n verbintenis om elke dag tyd te spandeer om God se Woord te lees.
Sielskos: Eseg 40:10-42:20; Luk 1:26-38; Ps 73:17-28; Spr 15:22-24
2018-06-18
2 Petrus 3:18 NLV
Om met grasie te wen kan moeiliker wees as om met grasie te verloor. Wanneer ons wen, word ons deur arrogansie, mag, onsensitiwiteit, spoggery en om ons suksesse te herleef lank nadat almal anders al verveeld is daarmee, versoek. Grasievolle wenners onthou altyd hoe dit voel om te verloor. Hulle is by meer as hulle eie oorwinnings en verliese betrokke. Abraham Lincoln het die wysheid gehad om die sukses van sy land bo sy eie ego te stel en het sy ergste politieke kritici, Edwin Stanton, aangestel om die Oorlogsdepartement te bestuur. Stanton, ‘n briljante regsgeleerde, was geneig om kortaf en neerhalend te wees. Soos Frederick Douglass dit gestel het, ‘Beleefdheid was nie een van sy swakpunte nie.’ Lincoln, aan die ander kant, was ten volle bewus van sy eie voorkoms en tekort aan opvoeding. (Toe iemand gedurende ‘n veldtog hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n twee-gesig is, het hy geantwoord: ‘As ek twee gesigte gehad het, dink jy ek sou hierdie een gedra het?’). As die uittredende prokureurgeneraal van die verlorende party, het Stanton Lincoln as die ‘oorspronklike gorilla’ verkleineer. Hoe Lincoln Stanton hanteer het, het egter geskiedenis gemaak. Lincoln het hom in sy vertroue geneem, op hom geleun en op hom staatgemaak. Stanton het met onfeilbare lojaliteit en toegeneentheid gereageer. Op die oggend van 14 April 1865, is Lincoln oorlede nadat hy die vorige aand geskiet is. Die bekendste woorde wat al ooit na ‘n president se afsterwe gesê is, is daardie oggend gespreek: ‘Now he belongs to the ages.’ Edwin Stanton het dit gesê. Robert Lincoln, Abraham Lincoln se seun, het vertel hoe Stanton hom twee weke lank elke dag besoek het en die eerste tien minute van elke besoek net gehuil het. Wanneer niks anders werk nie, bewys genade!
Sielskos: Eseg 37:1-40:9; Luk 1:11-25; Ps 73:1-16; Spr 15:18-21