Wanneer jy nie kry wat jy wil hê nie (3)
2018-06-182 Petrus 3:18 NLV
Om met grasie te wen kan moeiliker wees as om met grasie te verloor. Wanneer ons wen, word ons deur arrogansie, mag, onsensitiwiteit, spoggery en om ons suksesse te herleef lank nadat almal anders al verveeld is daarmee, versoek. Grasievolle wenners onthou altyd hoe dit voel om te verloor. Hulle is by meer as hulle eie oorwinnings en verliese betrokke. Abraham Lincoln het die wysheid gehad om die sukses van sy land bo sy eie ego te stel en het sy ergste politieke kritici, Edwin Stanton, aangestel om die Oorlogsdepartement te bestuur. Stanton, ‘n briljante regsgeleerde, was geneig om kortaf en neerhalend te wees. Soos Frederick Douglass dit gestel het, ‘Beleefdheid was nie een van sy swakpunte nie.’ Lincoln, aan die ander kant, was ten volle bewus van sy eie voorkoms en tekort aan opvoeding. (Toe iemand gedurende ‘n veldtog hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n twee-gesig is, het hy geantwoord: ‘As ek twee gesigte gehad het, dink jy ek sou hierdie een gedra het?’). As die uittredende prokureurgeneraal van die verlorende party, het Stanton Lincoln as die ‘oorspronklike gorilla’ verkleineer. Hoe Lincoln Stanton hanteer het, het egter geskiedenis gemaak. Lincoln het hom in sy vertroue geneem, op hom geleun en op hom staatgemaak. Stanton het met onfeilbare lojaliteit en toegeneentheid gereageer. Op die oggend van 14 April 1865, is Lincoln oorlede nadat hy die vorige aand geskiet is. Die bekendste woorde wat al ooit na ‘n president se afsterwe gesê is, is daardie oggend gespreek: ‘Now he belongs to the ages.’ Edwin Stanton het dit gesê. Robert Lincoln, Abraham Lincoln se seun, het vertel hoe Stanton hom twee weke lank elke dag besoek het en die eerste tien minute van elke besoek net gehuil het. Wanneer niks anders werk nie, bewys genade!
Sielskos: Eseg 37:1-40:9; Luk 1:11-25; Ps 73:1-16; Spr 15:18-21