2020-07-11
Psalm 27:13 NLV
Wanneer jy kies om dinge uit God se perspektief te sien, verander dit hoe jy voel. Die enigste ding wat jou ou negatiewe gevoelens in plek hou, is jou denke. Wanneer jy op die regte manier begin dink, begin jou lewe in die regte rigting beweeg. Onthou egter: jy het nie oornag negatief geword nie en jy sal ook nie oornag positief word nie. Hoe begin jy dus? 1) Vervang jou negatiewe denke met gedagtes wat ‘lofwaardig’ is (sien Filippense 4:8 NLV). Vee hulle weg soos jy miere by ‘n piekniek sou wegvee. Jy sal dit met oefening en volharding regkry. Jy het daardie keuse! 2) Onthou: Voor jy die toekoms aanpak, onthou God se goedheid aan jou in die verlede. Shakespeare het gesê: ‘Let never day nor night unhallow’d pass, but still remember what the Lord hath done.’ Dawid het gesê: ‘Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here!’ (Psalm 27:13-14 NLV). Ons het nie meer probleme as ander mense nie, ons dink net meer dikwels aan hulle. Lees dit weer! Wat jy dink, produseer wat jy voel. As jy dit nie glo nie, probeer kwaad voel sonder om eers kwade gedagtes te dink, of probeer hartseer voel sonder om aan iets hartseer te dink. Om ‘n gevoel te ervaar, moet jy eers die gedagtes hê wat dit produseer. Dis lewensveranderende inligting – en dit sal jou lewe verander as jy daarvolgens optree!
Sielskos: Jer 45-48; Luk 6:37-49; Ps 109:16-31; Spr 15:23-26
2020-07-10
Markus 10:48 NLV
Probeer jouself indink dat jy jou hele lewe lank blind is en dan een dag wonderbaarlik jou sig terugkry. Die eerste gesig wat jy sien – is Jesus s’n! Dis wat met Bartimeus gebeur het. Jesus het verby die plek waar hy elke dag gesit en bedel het, geloop. Bartimeus het dit as ‘n een-in-‘n-leeftyd geleentheid herken en uit volle bors uitgeroep. Soms doen waardige gebed nie die werk nie. Desperate situasies verg desperate pogings. Soms moet jy God uit die diepte van jou siel aanroep! Toe Bartimeus uitgeroep het, het ‘Jesus… toe gaan staan…’ (vers 49 NLV). Jou roep sal God se aandag trek. Dawid het gesê: ‘Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak’ (Psalm 30:3 NLV). Moenie terughoudend wees nie, wees vol vrymoedigheid. ‘Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (Hebreërs 4:16 NLV). Die Bybel sê: ‘Hy het sy jas eenkant gegooi, opgespring en na Jesus toe gekom’ (Markus 10:50 NLV). Hy het dit om twee redes gedoen: Eerstens, kon ‘n lang jas hom pootjie. Tweedens, het sy klere hom as ‘n bedelaar geïdentifiseer. Om by Jesus te kom, moet jy bereid wees om alles wat in jou pad staan, eenkant toe te gooi. Die skaamte en mislukkings van jou verlede, jou tekortkominge en jou beperkings en die etikette wat mense op jou geplaas het. Wanneer Jesus jou herstel en heelmaak, sal jy nie meer daardie ou klere hoef te dra nie. Toe Bartimeus sy sig teruggekry het, het hy besluit om Jesus te volg (sien vers 52). Jy moet dit ook doen.
Sielskos: Jer 41-44; Luk 6:27-36; Ps 109:1-15; Spr 15:22
2020-07-09
Psalm 27:14 NLV
God het vir sy mense ‘n interessante bevel gegee: ‘Drie keer elke jaar moet al die mans voor die oppermagtige Here, die God van Israel, kom aanbid. Niemand sal julle aanval of julle land probeer afneem terwyl julle van die huis af weg is om die Here te gaan aanbid nie. Ek sal die nasies voor jou uit verdryf. Ek sal jou grond al meer maak’ (Eksodus 34:23-24 NLV). Dink net daaraan! Drie keer ‘n jaar het hulle ophou werk en tyd saam met die Here spandeer en Hom gelofprys, sy leiding gesoek en aanwysings vir die toekoms gekry. Kan jy jou indink wat sou gebeur as jy dit sou doen? Let op die woorde: ‘Ek sal jou grond meer maak’. In plaas van om te verloor, sal jy kry en in plaas daarvan om agteruit te beweeg, sal jy vorentoe beweeg. Let op ook die woorde: ‘Ek sal die nasies voor jou uit verdryf.’ Terwyl jy God lofprys en op Hom wag, sal Hy jou gevegte veg. Die verskil tussen jou en God is dat jy die risiko neem om die geveg te verloor, terwyl Hy nooit verloor nie. ‘Niemand sal julle aanval of julle land probeer afneem… nie.’ Jy hoef nie bekommerd te wees dat die kompetisie jou sal verbysteek nie. God het hierdie tye gebruik om sy mense die volgende beginsel te leer: ‘As jy in lofprysing op My wag, sal Ek namens jou werk.’ Sy Woord sê: ‘Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie’ (Jesaja 40:31 NLV). Hier is dus jou keuses: Hou aan stres, of ontvang die krag en strategie wat jy nodig het by God deur tyd saam met Hom te spandeer.
Sielskos: Jer 36:27-40:16; Luk 6:17-26; Ps 79; Spr 15:18-21
2020-07-08
Psalm 37:7 NLV
Wanneer jy in ‘n dokter se wagkamer is, is daar dinge wat jy nie moet doen nie – soos om die ander pasiënte te probeer behandel, of om hulle toe te laat om jou te behandel. Of om die ontvangsdame vir ‘n stetoskoop of ‘n bloeddrukmeter te vra. Dit word ‘n wagkamer genoem omdat jy veronderstel is om te wag. Ons hou egter nie daarvan om te wag nie. Ons sny deur die verkeer op soek na ‘n vinniger baan. Ons trommel ons vingers op die toonbank terwyl die ketel vir ons koffie kook. Ons hou nie daarvan om vir enigiets te wag nie, insluitend vir God. Die woord ‘wag’ kom weer en weer in die Skrif te voorskyn wanneer daar oor ons verhouding met God gepraat word. Ons verstaan nie dat terwyl ons wag, is God besig om te werk nie. Jesus het gesê: ‘…My Vader werk tot nou toe…’ (Johannes 5:17 NLV). Die plakkaat in God se wagkamer lees: ‘Wees stil en weet Ek is God!..’ (Psalm 46:11 NLV). Jy kan stil wees omdat Hy aktief is en jy kan rus omdat Hy besig is. Om te wag is, Skriftuurlik gesproke, om nie die ergste aan te neem nie, om nie te bekommer of te knies nie, om nie eise te maak of beheer te neem nie. Om te wag is nie onaktiwiteit nie. Om te wag is die volgehoue inspanning om deur gebed en geloof op God gefokus te bly. Om te wag is om stil in die Here te wees en geduldig op Hom te wag. God is die Groot Geneesheer. Jy is in sy wagkamer. Hy weet beter as jy wat met jou skort en Hy het ‘n voorskrif om dit reg te stel. Vertrou dus op Hom en wag.
Sielskos: Jer 33:1-36:26; Luk 6:1-16; Ps 137; Spr 15:15-17
2020-07-07
Joël 2:28 NLV
Die wêreldkampioen bokser, George Foreman, is in ‘n Christelike huis grootgemaak en het uiteindelik na sy wortels teruggekeer – maar nie voor hy in ‘n wêreld van bendes, dwelms en geweld vasgevang geraak het nie. ‘n Vriend het sy potensiaal raakgesien en hom aangemoedig om by ‘n plaaslike gym aan te sluit om sodoende sy aggressie op ‘n meer konstruktiewe manier uit te laat. Dit het daartoe gelei dat hy ‘n swaargewig wêreldkampioen bokser geword het en miljoene dollars gemaak het. Die loopbaan van ‘n wêreldkampioen bokser is egter relatief kort en uiteindelik het Foreman, ouer en oorgewig, die punt bereik waar hy net in gevegte wat ‘n paar duisend dollar betaal het, begin veg het. Hy moes dringend gewig verloor en fiks word. ‘n Vriend het hom aan ‘n gesonde dieet voorgestel en as deel van sy nuwe eetplan, moes Foreman ‘n klein braaipan gebruik. Een dag het Foreman se vrou voorgestel dat hy sy naam op die klein braaipan moet aanbring en dat ander mense dit sou koop. Hulle het! Daar is al oor die 100 miljoen George Foreman braaipanne verkoop en mense koop dit steeds. Dink daaraan. George Foreman het meer geld met sy klein braaipan as met al sy prysgevegte gemaak. Die Bybel sê dat wanneer die Heilige Gees hulle bemagtig, ‘…Julle oumense sal drome droom…’ Ten spyte van jou ouderdom, is dit nie vir jou te laat nie. Gaan net vandag op jou knieë en bid: ‘Here, alles wat ek het en alles wat ek is, gee ek ten volle aan U. Gebruik my soos U dit goed dink.’ Wanneer Hy antwoord, moet jy voorbereid wees dat Hy jou in ‘n hele nuwe rigting mag neem.
Sielskos: Jer 31-32; Luk 5:27-39; Ps 122; Spr 15:10-14
2020-07-06
Deuteronomium 8:18 NLV
Die beroemde uitvinder, Samuel Morse, het daarvan gedroom om eendag ‘n groot skilder te wees. Hy het selfs na Parys gereis om sy droom na te streef. Jare tevore, het sy prediker-pa, Jedediah Morse, hom raad in die woorde van die Graaf van Chesterfield gegee: ‘Fokus op een ding op ‘n slag. Die standvastige aandag op een item is die ware teken van ‘n meerderwaardige intellek.’ Gevolglik het Morse hom in sy kuns gewerp. Na ‘n reeks terugslae, het hy dit op die ou einde prysgegee. Die finale terugslag was toe hy nie gekies is om ‘n historiese muurskildery in Washington te verf nie. Die historikus, David McCullough, sê in sy boek The Greater Journey: ‘Hy moet aan een ding op ‘n slag sy aandag gee, het sy pa vir hom gepreek. Daardie ‘een ding’ sou uiteindelik sy telegraaf wees. As hy nie ophou skilder het nie, sou Morse nooit die suksesvolle elektromagnetiese telegraaf uitgevind het nie.’ Samuel Morse het redelik laat in sy loopbaan sy skilderkuns opgegee om daarop te fokus om die telegraaf uit te vind en uiteindelik het ‘n taal genaamd ‘Morse Kode’ die manier wat die wêreld kommunikeer, getransformeer. Die Bybel sê: ‘Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word…’ Goeie nuus: God het nie ‘n ouderdomsbeperking nie! Hy kan jou sukses aan die begin, die middel of die einde van jou lewe gee. Jy moet egter bereid wees om die dinge waarin jy misluk het te laat gaan, om sodoende die ding waarin jy sukses sal behaal, aan te gryp.
Sielskos: Jer 28-30; Luk 5:12-26; Ps 110; Spr 15:8-9