2024-03-06
John 15:5 NKJV
Self-help books and motivational speakers are like cheerleaders standing on the sidelines shouting, “You can do it!” They can be helpful, but if the “you can do it” philosophy always held true, we wouldn’t need God. Paul understood this. That’s why he wrote, “I can do all things through Christ who strengthens me” (Philippians 4:13 NKJV).
Discovering the will of God requires faith for the impossible and a childlike dependence on Him. The Bible is full of men and women who discovered their destiny in the perfect will of God by doing things that would ordinarily have been impossible to do on their own. For example:
(1) Noah and his impossible project. Noah was commissioned to build a ship the size of an aircraft carrier – by hand – and on land!
(2) Abraham and his impossible promise. At ninety, after years of trying unsuccessfully to be a father, God told him his children would be as numerous as the stars in the sky and the sands of the sea.
(3) Mary and her impossible pregnancy. Imagine telling your husband to be, “I’m pregnant, and the baby’s father is the Holy Spirit.”
God has always chosen ordinary people to do extraordinary things – and they all had something in common. Every one of them was called to be part of something bigger than himself or herself. And because of their willingness to yield to God and allow His purposes to be revealed in them and fulfilled through them, He used them in amazing ways. God takes pleasure in doing things through us that only He can do, so that in the end, He will receive all the glory, honour, and praise.
Soul food: Rev 5-9; Matt 21:1-17; Ps 77; Prov 6:29
2024-03-05
Matteus 5:41 NLV
Jesus het gesê: ‘As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.’ Romeinse soldate was toegelaat om ‘n Jood te dwing om hulle bagasie een kilometer ver te dra. Hulle het Jode as ‘n stuk gereedskap om te gebruik gesien.
Wat sou jy in so ‘n tipe situasie gedoen het? Jesus raai ons aan om die mindere te wees. ‘n Romeinse soldaat soos hierdie kon heel waarskynlik ‘n jong seun, ‘n vreemdeling en waarskynlik self arm, wees. Wanneer jy dan die kilometer klaarmaak, sê jy: ‘Jy lyk moeg. Kan ek jou nog help? Kan ek dit vir jou nog ‘n kilometer dra?’ Dit sou die soldaat verstom. Dis egter wat jy geroep word om te doen.
Wanneer iemand jou uitbuit, wil jy aan hulle as onaangenaam, eerder as ‘n regte persoon met hulle eie verhaal, dink. Daar word vertel dat ‘n vriend die Engelse skrywer Charles Lamb aan ‘n man wat Lamb vir ‘n lang ruk op ‘n afstand gehaat het, wou voorstel. ‘Moenie my dwing om hom te ontmoet nie,’ het Lamb gesê. ‘Ek wil aanhou om hom te haat en ek kan dit nie doen aan ‘n man wat ek ken nie.’
Verstaan die volgende: Jy kan die gawe van empatie gee. Jy kan onthou dat die persoon van wie jy nie hou nie, ook ‘n mens is. Jy kan jouself in sy skoene plaas. Jy kan die tyd neem om jou in te dink hoe hy voel, waardeur hy is en hoe die lewe hom behandel het. Wanneer jy dit doen, word jou probleem ‘n geleentheid om die Christelike lewe uit te oefen. Is dit nie wat jy wil hê nie? Is dit nie waarom jy jou in die eerste plek bekeer het nie?
Sielskos: Op 1-4; Matt 20:17-34; Ps 70; Spr 6:26-28
2024-03-04
1 Kronieke 28:11-12 NLV
Die eerste Joodse tempel word as een van die argitektoniese wonders van die antieke wêreld beskou. Die projek, wat in die tiende eeu vC gebou is, was so groot dat Salomo dertigduisend houtkappers en tagtigduisend klipkappers in diens gehad het. Meer as drieduisend voormanne het die sewe jaar lange projek bestuur. Die tempel was die episentrum van die Joodse geloof. Dit was die plek om offers te bring. Dit was die plek van aanbidding. Dit was die plek waarheen pelgrimstogte onderneem is.
Tog was die tempel eers net ‘n deel van Dawid se verbeelding. Die kumulatiewe geskiedenis van die Joodse tempel kan na ‘n idee in die gedagtes van koning Dawid teruggevoer word. Dit was egter nie Dawid se idee nie. ‘Toe het Dawid aan sy seun Salomo die planne gegee vir die voorportaal van die tempel, die ander geboue, die skatkamers, die bovertrekke, die binnevertrekke, die vertrek van die versoendeksel en van alles wat hy in gedagte gehad het…’
Die Gees het Dawid van hierdie planne voorsien. Ons het geen idee hoe God die planne vir Dawid gegee het nie. In ‘n PDF dokument? Geestelike beelde? Gedetailleerde sketse? Een ding is egter seker: Die planne van die tempel is nie in Dawid se gedagtes vervaardig nie; hulle het hulle oorsprong in God se Gees gehad. Die tempel was nie net ‘n goeie idee nie, dit was God se idee.
Vra dus vir God vir ‘n idee. Bid vir ‘n plan. Hoekom? Om twee redes. Eerstens omdat die Bybel sê: ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Tweedens, wanneer iets sy oorsprong in God se Gees het, sal dit sekerlik slaag.
Sielskos: 1 Kon 21-22; Matt 20:1-16; Ps 66:13-20; Spr 6:23-25
2024-03-03
Openbaring 21:1 NLV
Miskien is die rede hoekom baie van ons nie so opgewonde oor die hemel is as wat ons moet wees nie, omdat ons vertel is dat ons gaan rondstaan en harpe speel, liedjies sing en God vir ewig gaan aanbid. Dink daaroor. Wanneer die gesange en gebede in die gemiddelde diens op ‘n Sondagoggend langer as vyftien minute aanhou, raak baie mense verveeld. Wanneer ons dan hoor dat ons dit sonder ophou, vier-en-twintig uur ‘n dag, vir ewig in die hemel gaan doen, verstaan mens hoekom ons dit nie kan indink of opgewonde daaroor is nie.
Daar is egter meer as een manier om God te aanbid. Sterrekundiges skat dat daar honderde biljoene sterrestelsels bestaan, meer as tien sterrestelsels vir elke persoon wat vandag lewe! Jy sal dus nie uit dinge hardloop om in die hemel te doen nie en dit sal vir seker nie vervelig wees nie. Dit het biljoene mense duisende jare geneem om ‘n enkele klein planeet te verken en ons het nog kwalik ‘n duik op die oppervlak gemaak.
Om die wonders van die nuwe hemel en die nuwe aarde te verken, sal ons vir ewig geïnteresseerd hou. Ons liefde vir God sal as gevolg daarvan ook oneindig groter word. Ons sal dus nooit ophou om Hom te aanbid nie. Jesus het vir die vrou by die put gesê dat God die mense verkies wat ‘…die Vader in Gees en waarheid sal aanbid…’ (Johannes 4:23 NLV).
As jy uit onkunde aanbid, is aanbidding leeg. God wil nie net hê dat jy Hom moet aanbid nie; Hy wil hê dat jy weet Wie jy aanbid en hoekom jy Hom aanbid. Aanbidding is tweevoudig: ‘…in Gees en waarheid…’ Om die waarheid oor God te leer sal jou vir ewig besig, opgewonde, tevrede en vervuld hou.
Sielskos: Eks 20:16; Spr 24:28; Matt 5:33-37; Hand 5:1-11
2024-03-02
Psalm 46:2 NLV
Wanneer jou besigheid besig is om te misluk, kan jy jou gevoel van sekuriteit, jou gemoedsrus en jou vermoë om te slaap, verloor. Dit kan selfs jou familie affekteer. As dit is waar jy vandag is, lees die volgende woorde: ‘God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.’
Laat jou gedagtes vir ‘n oomblik gaan en dink aan die volgende: Alles wat jy het, insluitend jou besigheid, behoort aan God, nie waar nie? Hy is die eienaar, jy is die bestuurder. Wanneer moeilikheid dus opdaag, het jy die reg (en die verantwoordelikheid) om na Hom te gaan vir hulp en te verwag dat Hy dinge vir jou sal omdraai. Toe niemand vis gevang kon kry nie, het Jesus vir hulle gesê waar om hulle nette uit te gooi.
Die Bybel sê dat niks te moeilik vir God is nie (sien Jeremia 32:27), en dit sluit jou probleem en die situasie waarin jy jou tans bevind, in. Die skrywer van Spreuke sê: ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:5-6 NLV). Hy kan jou lei deur die raad van ‘n vriend wat sukses behaal waar jy misluk: ‘Sonder beraadslaging loop planne skeef. Sukses is afhanklik van baie raadgewers’ (Spreuke 15:22 NLV).
Soms verg dit dat jy jou beleide, produkte of personeel moet verander – en dit verg moed en toewyding. As jy egter jou besigheid op ‘n fondament van integriteit, regverdigheid, kwaliteitprodukte en goeie diens gebou het, het jy die reg om na God in moeilike tye te gaan, vir sy hulp te vra en te verwag dat jy dit sal ontvang.
Sielskos: 1 Kon 18:16-20:43; Matt 19:15-30; Ps 66:1-12; Spr 6:20-22
2024-03-01
1 Petrus 3:9 NLV
Sommige van die negatiewe mense in jou lewe het ‘n gebrek aan intieme verhoudings. Dus hou hulle ander mense op ‘n afstand, deel nie maklik hulle gevoelens nie en is ongemaklik met mense wat dit wel doen. Hulle vind dit makliker om te veroordeel as om te aanvaar. Hulle sienswyse maak hulle onbuigsaam. Dikwels kan hierdie mense nie vryheid hanteer nie. Deur dit te verstaan sal jou help om hulle op die regte manier te hanteer.
Petrus gee ons riglyne hoe om dit te doen. (Interessant genoeg is dit nou die ouer, sagter, meer geestelike Petrus, nie die een wat sy swaard uitgepluk en die oor van die hoëpriester se dienaar afgekap het nie, wat hierdie riglyne gee). “‘n Laaste woord hieroor: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ‘n seënwens wees. Dít is waarvoor God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. Want die Skrif sê: ‘As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na! Die Here sorg vir dié wat reg doen, en Hy luister na hulle gebede. Maar die Here is teen dié wat kwaad doen'” (verse 8-12 NLV).
Die Woord vir jou vandag is dus – moenie weerwraak neem nie, reageer met liefde.
Sielskos: 1 Kon 16:1-18:15; Matt 19:1-14; Ps 61; Spr 6:16-19