Sing!

2018-05-06
Jesaja 30:29 NLV

Hoekom sê die Bybel, ‘Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys…’ (Psalm 147:1 NLV)? Omdat wanneer jy die beloftes van God se Woord in sang uitdruk, word jou geloof versterk. Die Groot Depressie in die 1930’s het ‘n man genaamd JC Penney hard getref en inderwaarheid sy gesondheid in gevaar gestel. Angstig en desperaat as gevolg van massiewe finansiële verliese, het Penney so laag gesink dat hy gevoel het hy het niks meer om voor te lewe nie. Selfs sy familie en vriende het hom vermy. Een nag in die hospitaal, het hy so ontmoedig gevoel dat hy verwag het dat hy voor die einde van die aand sou sterf! Toe het hy ‘n gesingery uit die hospitaal se kapel gehoor. Die woorde van die lied was: ‘Be not dismayed whate’er betide, God will take care of you. Beneath his wings of love abide, God will take care of you.’ Hy het die kapel binnegegaan en na die lied, die Skriflesing en gebed geluister. Hy het geskryf: ‘Skielik het iets gebeur. Ek kan dit nie verduidelik nie. Ek kan dit net ‘n wonderwerk noem. Dit het gevoel asof ek uit die diepste donkerte opgelig is in warm, wonderlike sonlig.’ Van daardie dag af is JC Penney nooit weer deur kommer gepla nie. Hy beskryf daardie oomblikke in die kapel as ‘die mees dramatiese en glorieryke twintig minute van my lewe.’ Toe hy op die ouderdom van vyf-en-negentig oorlede is, het hy 1,660 afdelingswinkels met sy naam daarop agtergelaat. Wanneer niks anders werk nie, kan lofprysing tot God op die maat van ‘n wysie jou uit ‘n geestelike gat lig. Dis hoekom die Bybel sê, ‘…dis goed om ons God te prys.’ Probeer dit en sien self – dit werk!

Sielskos: Gal 5:22; Luke 6:27-36; Eks 23:1-9; Rom 12:14-21

Die finale slotsom

2018-05-05
Prediker 12:13 NLV

In die boek Prediker, praat Salomo van al die dinge wat hy in die lewe probeer het en teleurstellend gevind het: die intellektuele najaging van kennis, die fisiese najaging van plesier en die materiële najaging van rykdom. In die laaste hoofstuk van Prediker kom hy tot die gevolgtrekking: ‘Alles is sinloos…’ (vers 8 NLV). Met ander woorde: ‘Was daar, het dit gesien, het dit gedoen en alles is maar net ewe teleurstellend.’ Met die laaste skrywe van sy goddelik geïnspireerde gedagtes, sluit hy sy lewensboodskap met die volgende woorde af: ‘…dit [is] die finale slotsom…’ Salomo is op die punt om sy evaluasie van ‘n lewe wat goed geleef is, te gee! Wat is dit? ‘…Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra. Want God gaan elke daad beoordeel…’ (verse 13-14 NLV). Om eerbiedig teenoor God te wees beteken dat jy Hom sal eer, liefhê en dien, en om jou lewe volgens die voorskrifte in sy Woord te lei. John Mason skryf: ‘Word jou doelwit deur meer geld, groter invloed of ‘n hoër posisie beïnvloed? Dit is nie doelwitte nie; dit is byprodukte van ware doelwitte. Strewe nie na sukses nie, maar na die waarheid en jy sal beide vind. Werk om te word, nie om te besit nie. Meet rykdom aan die dinge wat jy het wat jy nie vir enige geld sal ruil nie.’ Wanneer jy elke oggend wakker word, bid hierdie eenvoudige gebed: ‘Here, help my om bo alles hierdie dag te spandeer deur U lief te hê en u wil uit te voer. In Jesus se naam bid ek dit. Amen.’

Sielskos: Deut 8-10; Mark 6:30-44; Ps 37:8-15; Spr 11:27-29

Jabes (4)

2018-05-04
1 Kronieke 4:10 NLV

Nie net het Jabes groot ambisie gehad nie, hy het ook ‘n groeiende geloof en ‘n diepe vertroue in God gehad. Hy het genoeg geloof gehad om te bid en ‘n antwoord te verwag. Hy was soos die sendeling William Carey wat gesê het, ‘Verwag groot dinge van God en probeer groot dinge vir God.’ Daar word nie genoem dat Jabes enige spesiale vaardighede of talente gehad het nie. Die Bybel sê nie dat hy ryk of opgevoed was nie. Hy was eenvoudig ‘n gewone man met ‘n ongewone geloof. Moenie bekommerd wees oor dit wat jy nie het nie – mits jy geloof het! God sal aan jou die nodige krag voorsien. Hy is lief daarvoor om gewone mense wat gewillig is om Hom te vertrou te gebruik en te sien hoe hulle sukses behaal. Baie mense met groot talente sit op die kantlyn terwyl gewone mense met geloof die doele skop en wen. Nog ‘n interessante feit is dat Jabes glo een of ander tipe gestremdheid of agterstand gehad het. ‘Jabes’ beteken ‘pynlik’ in Hebreeus. Jabes het sy ma soveel moeilikheid tydens geboorte gegee dat sy hom ‘Pynlik’ genoem het. Hoe sal jy daarvan hou om met so ‘n naam deur die lewe te gaan? Hy mag dalk ongewens en ongeliefd gewees het. Hy was egter sterker as sy gestremdheid en sy geloof het hom aangespoor. Sy oë was op die toekoms gerig, nie op die verlede nie. Hy het geglo dat as God hom seën, sy toekoms beter as sy verlede sal wees. Wat is jou agterstand? Is dit fisies? Is dit geestelik? Is dit ‘n ongelukkige kindertyd? Is dit ‘n frustrerende werk of ‘n gebroke huwelik? Wat dit ook al mag wees, Jesus het gesê, ‘…As ‘n mens glo, is álles moontlik!’ (Markus 9:23 NLV).

Sielskos: Deut 5-7; Mark 6:14-29; Ps 37:1-7; Spr 11:24-26

Jabes (3)

2018-05-03
1 Kronieke 4:10 NLV

Toe Jabes gebid het, ‘vergroot my grond,’ het hy gesê, ‘Here, ek wil meer hê as wat ek tans het en ek vra U daarvoor!’ Hierdie man het groot ambisie gehad en God het hom geseën. Daar is drie algemene wanopvattings wat ons het wat ons keer om groot ambisies te hê: 1) Ons verwar vrees met nederigheid. Ons sê, ‘O, ek sal dit nooit kan doen nie,’ en dink dat ons nederig is. Dis nie nederigheid nie. Dis vrees; dis gebrek aan geloof. ‘n Persoon wat waarlik nederig is sal sê, ‘Met God se hulp kan ek dit doen. Met God se seën sal ek dit doen. Ek sal dit dalk nie op my eie kan doen nie, maar met God se hulp kan ek.’ Dis ware nederigheid. 2) Ons verwar luiheid met tevredenheid. Ons haal Paulus aan: ‘…Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het’ (Filippense 4:11 ABA). Dit beteken nie dat jy nie doelwitte moet stel nie. Paulus het nie gesê, ‘Ek het geen ambisies of toekomsplanne nie.’ Inderwaarheid net die teenoorgestelde. Hy het gesê dat hy hom ‘…uit[strek] na dit wat voorlê’ (Filippense 3:13 NLV). As jy nie ‘n droom of ‘n doelwit het nie, vra God vir een. 3) Ons verwar klein gedagtes met geestelikheid. Sommige mense sê, ‘Ek dien God op my klein manier.’ Hoekom begin jy Hom nie op ‘n groter manier dien nie? Hoekom laat jy Hom nie toe om jou meer te gebruik nie? Ander mense sê, ‘Ek is tevrede net soos ek is. Dis hoe God my gemaak het.’ Dis verkeerd om God vir jou gebrek aan groei te blameer, omdat Hy jou met al die idees en hulpbronne voorsien wat jou in staat stel om te groei. Dus: droom groot!

Sielskos: Deut 3-4; Mark 6:7-13; Ps 2; Spr 11:22-23

Jabez (3)


1 Chronicles 4:10 NKJV

When Jabez prayed, “Enlarge my territory,” he was saying, “Lord, I want more than I’ve got, and I’m asking You for it!” This man had great ambitions, and God blessed them. There are three common misconceptions that can keep us from having great ambitions: (1) We confuse fear with humility. We say, “Oh, I could never do that,” and think we’re being humble. But that’s not humility. That’s fear; that’s lack of faith. A truly humble person would say, “With God’s help I can do it. With God’s blessing I will do it. I may not be able to do it on my own, but with God’s help I can.” That’s real humility. (2) We tend to confuse laziness with contentment. We quote Paul: “I have learned to be content whatever the circumstances” (Philippians 4:11 NIV). But this doesn’t mean that you shouldn’t set goals. Paul wasn’t saying, “I don’t have any ambitions or future plans.” Just the opposite, in fact! He spoke of “reaching forth [to] those things which are before” (Philippians 3:13). If you don’t have a dream or a goal, ask God for one. (3) We confuse small thinking with spirituality. Some people say, “I serve God in my little way.” Why don’t you start serving Him in a bigger way? Why not let Him use you more? Other people say, “Well, I’m just fine the way I am. That’s the way God made me.” It’s wrong to blame God for your lack of growth, because He has provided all the tools and ideas you need in order to grow. Bottom line: Think big or you’ll get in God’s way!

Soul food: Deut 3-4; Mark 6:7-13; Ps 2; Prov 11:22-23

Jabes (2)

2018-05-02
1 Kronieke 4:10 NLV

Jabes het gebid dat God hom op drie spesifieke maniere moet seën: 1) ‘…vergroot my grond…’ Hy het ‘n droom gehad om meer grond te besit en hy het vir God gevra om daardie droom te seën. Wanneer jy ophou droom, verloor jy rigting. Wanneer jy ophou om doelwitte vir jouself te stel, hou jy op groei. Jy moet iets hê waarna jy reik. Solank as wat jou horison vergroot, sal jy geestelik en emosioneel gesond wees. 2) ‘…Wees asseblief met my in alles wat ek doen…’ Jabes het besef dat hy meer verantwoordelikheid sou hê as sy grond vergroot word. Hy sou meer druk en meer eise ervaar en hy sou God se hulp in sy lewe nodig hê. Dus het hy vir God gevra om by hom te wees. Wanneer jy vir God se teenwoordigheid in jou lewe vra, kan jy seker wees dat Hy sal antwoord. 3) ‘…bewaar my van moeilikheid en pyn…’ Jabes het vir God vir beskerming gevra. Hoekom? In daardie dae was jy ‘n groter teiken hoe meer grond jy besit het, hoe meer invloed jy gehad het en hoe bekender jy was. Dis nog steeds so vandag. Hoe suksesvoller jy is, hoe meer kritiek sal jy kry. Hoe meer grond jy besit, hoe meer sal vyande jou aanval. Hoe nader jy aan God groei en hoe sterker jy as Christen word, hoe meer sal die duiwel jou teister, omdat hy nie wil hê dat jy moet groei nie. Jy kan egter seker wees, soos Jabes was, dat jy met God se beskerming niemand of niks hoef te vrees nie. Wil jy bo middelmatigheid uitstyg? Bid dan die gebed wat Jabes gebid het.

Sielskos: Deut 1-2; Mark 6:1-6; Ps 35; Spr 11:19-21