Jabes (3)

2018-05-03
1 Kronieke 4:10 NLV

Toe Jabes gebid het, ‘vergroot my grond,’ het hy gesê, ‘Here, ek wil meer hê as wat ek tans het en ek vra U daarvoor!’ Hierdie man het groot ambisie gehad en God het hom geseën. Daar is drie algemene wanopvattings wat ons het wat ons keer om groot ambisies te hê: 1) Ons verwar vrees met nederigheid. Ons sê, ‘O, ek sal dit nooit kan doen nie,’ en dink dat ons nederig is. Dis nie nederigheid nie. Dis vrees; dis gebrek aan geloof. ‘n Persoon wat waarlik nederig is sal sê, ‘Met God se hulp kan ek dit doen. Met God se seën sal ek dit doen. Ek sal dit dalk nie op my eie kan doen nie, maar met God se hulp kan ek.’ Dis ware nederigheid. 2) Ons verwar luiheid met tevredenheid. Ons haal Paulus aan: ‘…Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het’ (Filippense 4:11 ABA). Dit beteken nie dat jy nie doelwitte moet stel nie. Paulus het nie gesê, ‘Ek het geen ambisies of toekomsplanne nie.’ Inderwaarheid net die teenoorgestelde. Hy het gesê dat hy hom ‘…uit[strek] na dit wat voorlê’ (Filippense 3:13 NLV). As jy nie ‘n droom of ‘n doelwit het nie, vra God vir een. 3) Ons verwar klein gedagtes met geestelikheid. Sommige mense sê, ‘Ek dien God op my klein manier.’ Hoekom begin jy Hom nie op ‘n groter manier dien nie? Hoekom laat jy Hom nie toe om jou meer te gebruik nie? Ander mense sê, ‘Ek is tevrede net soos ek is. Dis hoe God my gemaak het.’ Dis verkeerd om God vir jou gebrek aan groei te blameer, omdat Hy jou met al die idees en hulpbronne voorsien wat jou in staat stel om te groei. Dus: droom groot!

Sielskos: Deut 3-4; Mark 6:7-13; Ps 2; Spr 11:22-23