Sing!
2018-05-06Jesaja 30:29 NLV
Hoekom sê die Bybel, ‘Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys…’ (Psalm 147:1 NLV)? Omdat wanneer jy die beloftes van God se Woord in sang uitdruk, word jou geloof versterk. Die Groot Depressie in die 1930’s het ‘n man genaamd JC Penney hard getref en inderwaarheid sy gesondheid in gevaar gestel. Angstig en desperaat as gevolg van massiewe finansiële verliese, het Penney so laag gesink dat hy gevoel het hy het niks meer om voor te lewe nie. Selfs sy familie en vriende het hom vermy. Een nag in die hospitaal, het hy so ontmoedig gevoel dat hy verwag het dat hy voor die einde van die aand sou sterf! Toe het hy ‘n gesingery uit die hospitaal se kapel gehoor. Die woorde van die lied was: ‘Be not dismayed whate’er betide, God will take care of you. Beneath his wings of love abide, God will take care of you.’ Hy het die kapel binnegegaan en na die lied, die Skriflesing en gebed geluister. Hy het geskryf: ‘Skielik het iets gebeur. Ek kan dit nie verduidelik nie. Ek kan dit net ‘n wonderwerk noem. Dit het gevoel asof ek uit die diepste donkerte opgelig is in warm, wonderlike sonlig.’ Van daardie dag af is JC Penney nooit weer deur kommer gepla nie. Hy beskryf daardie oomblikke in die kapel as ‘die mees dramatiese en glorieryke twintig minute van my lewe.’ Toe hy op die ouderdom van vyf-en-negentig oorlede is, het hy 1,660 afdelingswinkels met sy naam daarop agtergelaat. Wanneer niks anders werk nie, kan lofprysing tot God op die maat van ‘n wysie jou uit ‘n geestelike gat lig. Dis hoekom die Bybel sê, ‘…dis goed om ons God te prys.’ Probeer dit en sien self – dit werk!
Sielskos: Gal 5:22; Luke 6:27-36; Eks 23:1-9; Rom 12:14-21