2019-01-10
Numeri 14:24 NLV
Kaleb was werklik merkwaardig. Hy het nie ‘n plan vir aftrede of ‘n rystoel gehad nie! Op vyf-en-tagtig het hy daarvan gedroom om sy eie berg in die Beloofde Land te besit. Selfs toe hy sien dat daar reuse op die berg bly, het dit hom nie afgeskrik nie. Toe die mense rondom hom die reuse sien en die aftog wou blaas, het Kaleb gesê, ‘…Moenie bang wees vir die mense van die land nie. Hulle is ons slagoffers. Hulle het geen beskerming nie. Die Here is met ons. Moenie bang wees nie!’ (vers 9 NLV). Soos jy in geloof groei, sal jy die aanslae van die Vyand kan teenstaan en sodoende sterker word. Jy kies óf om in die agtergrond weg te smelt, óf om uit te staan! God het gesê: ‘My dienaar Kaleb het egter ‘n ander gesindheid teenoor My gewys. Hy het by My bly staan. Ek sal hom in die land laat kom wat hy gaan verken het. Sy nageslag sal die land besit.’ Let op, Kaleb het ‘n ‘ander gesindheid’ gehad, wat ons by nog ‘n droomdoder bring wat jy moet oorkom: Gebrek aan selfvertroue. Drome is broos. Hulle verkeer die meeste in gevaar wanneer hulle vir jou nuut is, wanneer die mense vir wie jy lief is en respekteer dit nie goedkeur nie en wanneer jy nie ‘n rekord van sukses het waarop jy kan terugval en wat vir jou selfvertroue gee nie. Dis op hierdie punt wat jy God moet ken en ‘n verhouding met Hom moet hê. ‘…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is’ (Daniël 11:32 NLV). God kan jou wys hoe om geleenthede te vind, te gebruik en wins uit hulle te slaan, selfs in die slegste van omstandighede.
Sielskos: Jes 30-33; Luk 2:8-20; Ps 71:1-16; Spr 2:1-2
2019-01-09
Romeine 4:17 NLV
Wanneer jy dit waag om te droom, werk die God wat ‘dinge wat nog nie bestaan, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is,’ binne-in jou. Daar is egter ‘n derde droomdoder wat jy te bowe moet kom: Tevredenheid met middelmatigheid. ‘n God-gegewe droom sal jou strek; jy kan nie daarna uitreik en terselfdertyd veilig in middelmatigheid bly nie. Die twee is onversoenbaar. Wanneer jy tevrede met middelmatigheid word, is dit aanloklik om dit op ander mense, of jou persoonlike omstandighede, of die sisteem te blameer. Die waarheid is egter dat middelmatigheid altyd ‘n persoonlike keuse is. Wanneer jy nie ‘n dwingende droom het nie, loop jy die gevaar dat jou lewe eenvoudig weg sal gly. Die skrywer, Kenneth Hildebrand, stel dit so: ‘Die armste van alle mense is nie die man sonder ‘n sent op sy naam nie. Dis die man sonder ‘n droom. Hy is soos ‘n groot skip wat vir die magtige oseaan gebou is, maar wat op ‘n meuldam probeer navigeer. Hy het nie ‘n hawe om te bereik nie, geen horison om te sien nie, geen kosbare vrag om te dra nie. Sy ure word deur roetine en kleinlike take geabsorbeer. Dis g’n wonder hy raak onvergenoegd, bakleierig en keelvol nie. Een van die lewe se grootste tragedies is ‘n persoon met ‘n tien-by-twaalf kapasiteit en ‘n twee-by-vier siel.’ As jy voel dat jou lewe nader aan middelmatigheid is as wat jy wil hê, moet jy meer doen as om net te droom. Niks sal jou help om uit jou groef te breek soos ‘n God-gegewe droom nie. As jy nie reeds een het nie, vra God om jou een te gee. Hy kan dit dalk vir jou oombliklik gee, of oor ‘n tydperk, maar Hy sal dit vir jou gee.
Sielskos: Jes 26-29; Luk 2:1-7; Ps 46; Spr 1:32-33
2019-01-08
Romeine 4:18 NLV
Die tweede droomdoder is: Teleurstelling. Teleurstelling is die spasie wat tussen verwagting en realiteit bestaan. Jy het seker al hierdie spasie teëgekom. Jy moes al met onvervulde begeertes saamleef en jou hoop is al vernietig, wat jou kon beskadig het. Mark Twain het gesê, ‘Ons moet versigtig wees om net die wysheid uit ‘n ervaring te haal en dan te stop. Anders word ons soos die kat wat op ‘n warm plaat gaan sit het. Sy sal nooit weer op ‘n warm plaat gaan sit nie – en dit is goed so – maar sy sal ook nooit weer op ‘n koue plaat gaan sit nie.’ Wanneer iets verkeerd gaan, sê ons: ‘Wel, ek gaan dit nooit weer doen nie!’ Dis ‘n fout, veral as dit by jou drome kom! Mislukking is die prys wat jy betaal om sukses te bereik. Soms moet jy dit herhaaldelik oorkom om vorentoe te kan beweeg en jou droom na te jaag. Abraham was geroep om die vader van ‘n nasie te wees. Voor Isak egter gebore is, het hy ongeduldig geword en is Ismael gebore, wat ‘n slegte situasie geskep het waarmee hy sy hele lewe moes saamleef. Hy het egter nooit opgehou om in sy God-gegewe droom te glo nie. Die Bybel sê: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het’ (verse 20-21 NLV). Jy moet elke dag jou geloof versterk deur die Bybel te lees, te bid, aan God se goedheid te dink en jouself te herinner dat niks vir die Here te moelik is nie (sien Jeremia 32:17).
Sielskos: Jes 22-25; Luk 1:67-80; Ps 42:6-11; Spr 1:28-31
2019-01-07
Genesis 37:19-20 NLV
Kom ons kyk vir die volgende paar dae na dinge wat jou drome dood maak: Moedeloosheid. ‘n Eksperiment is op ape uitgevoer. Vier van hulle is in ‘n kamer met ‘n lang paal in die middel geplaas. Bo-op die paal was ‘n tros piesangs. Een van die ape het die paal uitgeklim, maar net toe hy die piesangs wil gryp, is hy met ‘n emmer water natgegooi. Hy het gillend grond toe geklim en sy poging laat vaar. Elke aap het probeer om die piesangs te kry en al vier is natgegooi. Na verskeie pogings het hulle opgegee. Toe het die navorsers een van die ape weggevat uit die kamer en hom met ‘n nuwe aap vervang. Die nuweling het probeer om die paal uit te klim, maar die ander ape het hom daarvan weerhou en van die paal afgetrek. Die navorsers het die oorspronklike ape een vir een met nuwe ape vervang; elke keer wat ‘n nuwe aap ingebring is, is hy deur die ander ape afgetrek voordat hy die piesangs kon bereik. Na ‘n ruk was nie een van die ape wat natgegooi is meer in die kamer nie, maar nie een van die ape wou die paal uitklim nie. Hulle het mekaar daarvan weerhou om die paal uit te klim – maar nie een van hulle het geweet hoekom nie. Toe God vir Josef ‘n droom van toekomstige sukses gegee het, het sy broers hom daarvoor verkwalik en gesê, ‘Hier kom daardie dromer!… Kom ons maak hom dood…’ Het ander mense probeer om koue water op jou droom te gooi? Skep moed. Met God is dit nooit te laat om te begin droom, of die droom wat Hy reeds vir jou gegee het na te jaag en te vervul nie.
Sielskos: Jes 17-21; Luk 1:57-66; Ps 42:1-5; Spr 1:20-27
2019-01-06
Deuteronomium 31:6 NLV
Daar is ‘n verhaal van ‘n klein seuntjie wat vir die donker bang was. Een aand het sy ma hom gevra om die mop op die agterstoep te gaan haal. Sy het gesê: ‘Het ek nie nog altyd vir jou gesê dat daar niks in die donker is om voor bang te wees nie?’ Hy het gesê: ‘Ja, Mamma, maar moet my asb nie stuur om die mop te gaan haal nie.’ Sy het geantwoord: ‘Seun, weet jy nie dat Jesus altyd by jou sal wees nie? Weet jy nie dat daar niks is waarvoor jy hoef bang te wees nie?’ Hy het geantwoord: ‘Ja, Mamma.’ Dus het sy gesê: ‘Nou goed, gaan gou buitentoe en gaan haal vir my die mop.’ Hy het die agterdeur op ‘n skrefie oopgemaak, sy hand uitgesteek en gefluister: ‘Jesus, sal U asseblief vir my daardie mop aangee?’ Dis normaal om bang te voel wanneer jy probeer om iets te doen wat jy nog nooit vantevore gedoen het nie. Wanneer jy gevra word om ‘n werk te doen waarvoor jy ongekwalifiseerd voel, of wanneer jy iets aanpak waarin jy vroeër misluk het, is dit normaal om bang te voel. Dis egter wanneer jy die ding doen wat jy vrees, dat jy groei en dat jou vertroue in God groei. Vandag sê God vir jou: ‘Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.’ God bly by jou, waar jy ook al gaan. Dit behoort jou te motiveer om enige plek te gaan waarheen Hy jou stuur. Die waarheid is dat wanneer God jou sê om te gaan, stuur Hy jou nie êrens heen nie, Hy neem jou soontoe.
Sielskos: 2 Kro 7:12-16; Matt 6:5-15; Luk 18:1-8
2019-01-05
Psalm 119:2 NLV
Die Bybel sê, ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart…” (Deuteronomium 6:5 NLV). ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het…’ (Spreuke 3:5 NLV). ‘As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind’ (Jeremia 29:13 NLV). Het jy die Here met jou hele hart lief? Vertrou jy Hom met alles wat jy het? Soek jy Hom met jou hele hart? Net die brandende effek van ‘n visie sal jou daarvan weerhou dat jy jou pad byster raak of deur die wêreldse dinge wat geen effek op die ewigheid het, ingesluk word nie. Dink aan die bed waarop geboorte gegee word; dis ontwerp om die ma in posisie te hou ten spyte van pyn en ongemak. Kan jy ‘n posisie van geloof handhaaf selfs wanneer dit jou aan pyn en druk blootstel? Aanhoudende gebed en Bybelstudie hou jou in plek wanneer jy in die versoeking kom om op te gee of buite die wil van God op te tree. God het vir Eva gesê, ‘…met pyn en lyding sal jy jou kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees…’ (Genesis 3:16 NLV). Let op, God het gesê dat Hy aan die einde van die kraamproses en pyn die verhouding tussen die vrou en man sal vernuwe deur haar begeerte te herstel. Die punt is: Daar is nie ‘n beter kuur vir pyn in die verlede soos huidige begeerte nie. Of jy dus deur jou oorwinnings uitgeput is of mismoedig oor jou nederlae is, laat God toe om jou na Hom toe terug te trek. Laat Hom toe om weer die begeerte om alles te wees wat Hy wil hê jy moet wees, aan te wakker.
Sielskos: Jes 12-16; Luk 1:39-56; Ps 10:12-18; Spr 1:17-19