2019-07-12
Eksodus 33:14 NLV
Oorweldig die lewe jou? Jy is nie alleen nie. Moses, een van die grootste leiers in die geskiedenis, het so gestres geraak oor al die verantwoordelikhede wat op sy skouers gerus het, dat hy wou doodgaan. Jy sê: ‘Dit was sekerlik nie God se wil vir hom nie.’ Jy is reg. Dis egter nie genoeg om God se wil te ken nie, jy moet ook dinge op God se manier doen. Moses het van die oggend tot die aand, ses dae ‘n week, sonder vakansies of af tye gewerk. Hy het in die hardloop geëet, afsprake beplan, spertye gemaak en almal gesien wat met hom iets wou bespreek. Die mense naaste aan Moses was óf te besig om op te let, óf self te behoeftig om agter te kom dat hy besig was om uit te brand. Sy skoonpa, Jetro, het dit egter opgemerk en gesê: ‘Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie’ (Eksodus 18:17-18 NLV). Gelukkig het Moses die antwoord in twee dele gekry: 1) Delegeer die werk aan gekwalifiseerde mense en vertrou hulle om dit te doen. Die kern van goeie leierskap is nie om alles self te doen nie, maar om dit deur ander mense gedoen te kry. Soos die evangelis D.L. Moody gesê het: ‘In plaas daarvan om die werk van tien mense te doen, kry tien mense om die werk te doen.’ 2) Maak op God se krag staat, nie op jou eie nie. God het vir Moses gevra: “…’Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?'” Die woord ‘rus’ beteken innerlike vrede, gesondheid, sekuriteit en vertroue. Dis God se wil dat jy so moet lewe.
Sielskos: Hand 10-11; Matt 9:1-13; Ps 118:19-29; Spr 15:33
2019-07-11
2 Korintiërs 10:12 NLV
Jesus het gesê: “Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. Die Fariseër het stelling ingeneem en by homself gebid: ‘O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie – diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee ‘n tiende van alles wat ek verdien!’ Die tollenaar het op ‘n afstand stelling ingeneem en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my as sondaar genadig!’ ‘Ek sê vir julle, hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is…'” (Lukas 18:10-14 NLV). God het die Fariseër se kleed van eiegeregtigheid as ‘vuil klere’ gesien en hom verwerp (sien Jesaja 64:6). ‘n Onbekende digter het geskryf: ‘I dreamed death came the other night and heaven’s gates swung wide. With kindly grace an angel ushered me inside. And there to my astonishment stood folks I’d known on earth; some I’d judged and labelled as unfit or of little worth. Indignant words rose to my lips but never were set free; for every face showed stunned surprise – no one expected me!’ Ons almal word deur genade, nie dade nie, gered (sien Titus 3:5). Ons kom nie in die hemel as gevolg van ons optrede nie, maar op grond van Christus se optrede aan die kruis. Moenie jouself probeer ophef deur op iemand anders neer te kyk nie. Moenie aanneem dat jy die reg het om hulle karakter, hartsmotiewe of geestelikheid te oordeel nie. Wanneer jy dit doen, sê die Bybel dat jy nie insig het nie.
Sielskos: Hand 8-9; Matt 8:28-34; Ps 118:10-18; Spr 15:31-32
2019-07-10
Hebreërs 12:1-2 NLV
Glenn Cunningham is op ‘n plaas in Kansas gebore en het by ‘n skool met net een klaskamer skoolgegaan. Hy en sy broer was verantwoordelik om die skool se vuur aan die gang te hou. Een oggend toe die seuns keroseen oor die gloeiende kole gooi om die vuur voor skool aan die gang te kry, het die stoof ontplof. Glenn het na die deur toe gehardloop, maar toe besef dat sy broer geval het en nie beweeg nie. Hy het teruggegaan om sy broer te help en verskriklike brandwonde in die proses opgedoen. Sy broer het egter gesterf en Glenn is met ernstige brandwonde aan sy bene gehospitaliseer. Dit het gelyk of die tragedie ‘n einde aan sy droom om ‘n naelloper te word, gemaak het. Die dokters het gesê hy sou nie weer loop nie, maar deur sy determinasie het Glenn dit reggekry. Toe het hy begin hardloop. Hy het die myl bemeester. Uiteindelik het hy sy visier op die internasionale rekord van sy afstand gestel en dit verbeter! Wat het hom laat aanhou hardloop? Hy het gesê dat dit die gedagte aan sy broer was. Wanneer jy mismoedig voel en wil tou opgooi, dink aan Jesus: ‘Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon! Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Laat dit julle inspireer om nie uit te sak en tou op te gooi nie’ (verse 1-3 NLV).
Sielskos: Hand 6-7; Matt 8:18-27; Ps 118:1-9; Spr 15:27-30
2019-07-09
Markus 8:34 NLV
God is ‘n God wat begeertes skep en dit vervul. Voëls wil vlieg omdat God hulle geskep het om dit te doen. Dolfyne wil swem omdat God hulle met die instink om te swem geskep het. God plant nie verkeerde begeertes in ons nie. Toe Adam Eva vir die eerste keer gesien het, het hy ‘n sterk begeerte na haar ontdek. Waar het daardie begeerte vandaan gekom? Van God af. Dit is waarlik vir God lekker om jou begeertes te vervul. Sommige begeertes word egter deur sonde verwring en moet skoongemaak, gesuiwer en heropgelei word. Dis waarna Jesus verwys het toe Hy gesê het: ‘…As enigeen van julle my volgeling wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis opneem en agter My aan kom’. Ons moet nee sê vir die begeertes wat ons daarvan weerhou om in God se Gees te lewe. Ons moet altyd gereed wees om ‘n mindere begeerte op te offer om sodoende ‘n beter lewe te lei. Aan die ander kant maak niks ‘n mens so weerloos teen versoeking soos ‘n vreugdelose lewe nie. As God al jou begeertes sou verwyder, sou jy nie menslik wees nie. ‘n Stuk sement hoef nie bekommerd te wees oor die onkruid wat daarop groei nie, maar dit sal ook nooit ‘n tuin wees nie. God se plan is dat ons sal besef hoe goed Hy is, elke keer wat ons ‘n Godgegewe begeerte ervaar. Ons leer hoe Hy ons aanmekaar gesit het en wat Hy wil hê ons in die lewe moet doen; en gevolglik vind ons dat ons Hom net liewer en liewer kry. Dis hoekom die Bybel sê: ‘Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!’ (Psalm 34:9 NLV).
Sielskos: Hand 3:11-5:42; Matt 8:10-17; Ps 109:16-31; Spr 15:23-26
2019-07-08
Psalm 34:9 NLV
Wanneer die Bybel vir jou sê wat jy veronderstel is om te doen, kan jy dit op twee verskillende maniere opneem: die veronderstelling van verpligting of die veronderstelling van geleentheid. Die eerste manier verwys na jou plig. Jy is verplig om jou belasting te betaal, jy is verplig om jou hond aan ‘n leiband te hou, jy is verplig om jou bestuurslisensie te hê. Die tweede manier is die geleenthede wat jou lewe gee. Jy moet die geleentheid aangryp om ‘n breuk te neem, om die wêreld te sien, om ‘n happie van hierdie stuk koek te neem. Die boodskap van Jesus se Woord is grotendeels die veronderstellings van geleentheid eerder as verpligting. Soos jy meer bewus hiervan word, sal jy dalk begin skuldig voel omdat jou begeerte na God nie diep genoeg is nie. Die probleem is dat jy nie jouself kan maak om God meer te begeer deur eenvoudig vir jou self te sê dat jy moet nie. Hy is egter so genadig en geduldig met jou, dat Hy bereid is om met hierdie tipe eerlikheid te werk. Dis hoekom sy Woord sê: ‘Beproef en sien dat die Here goed is.’ Dis soos ‘n ma wat vir haar kieskeurige kind sê om net die kos te proe voordat hy besluit of hy dit wil eet. Sy is vol vertroue dat hy die hele bord kos sal opeet as hy net die eerste happie vat. Hoe meer jy God se Woord lees en bid, hoe meer lonend raak dit en hoe meer raak jy daartoe aangetrokke. Ja, dit begin as ‘n dissipline. Wanneer jy dit egter volhou, word dit ‘n plesier.
Sielskos: Hand 1:1-3:10; Matt 8:1-9; Ps 109:1-15; Spr 15:22
2019-07-07
Psalm 100:2 NLV
Om in jou verhouding met God te groei, moet jy van die ‘moet’ na die ‘wil’ kategorie toe beweeg. Die basiese waardering wat ons vir enige ervaring of gebeurtenis het, is wat die sielkundige, Jonathan Haidt, ons ‘hou-van-meter’ noem. Jou ‘hou-van-meter’ het die dag wat jy gebore is begin werk. Smaakkliere is byvoorbeeld goed ontwikkel in babas, dus behels hulle hou-van-meter gewoonlik dit wat in hulle monde gaan: ‘Ek hou daarvan – ek moet meer daarvan kry,’ ‘of ‘Ek haat dit – vat dit weg.’ Soos jy aanhou groei, registreer alles in jou lewe op jou hou-van-meter, sonder dat jy daaroor hoef te dink. Elke klank wat jy hoor, elke gesprek waaraan jy deelneem, elke happie wat jy eet, registreer as positief of negatief op jou skaal. Mense registreer ook op jou hou-van-meter. Jy vind jouself aangetrokke tot sekere mense gedurende die kortste van gesprekke. Iets binne-in jou sê: ‘Ek hou van hierdie persoon. Ek geniet hierdie gesprek.’ Dit gebeur die heeltyd. Hier is ‘n vraag om te oorweeg: Hou jy van God? Dit mag dalk soos ‘n vreemde vraag klink, maar as jy nie daarvan hou om tyd saam met Hom te spandeer nie, sal jy dit nie doen nie. Jy moet eerlik daaroor wees, want jy kan God nie mislei nie. In die Skrif word die Christelike lewe met ‘n ses-en-twintig myl marathon vergelyk. By die drie-en-twintig myl merker maak dit nie saak of jy dink jy moet klaarmaak nie, jy sal dit net doen omdat jy dit wil doen. Jou ‘wil’ hou met ander woorde aan wanneer jou ‘moet’ dit makliker sal vind om tou op te gooi. Die Psalmdigter het gesê: ‘Dien die Here met blydskap…’ omdat niks anders jou in staat sal stel om die marathon klaar te maak nie.
Sielskos: Rut 1:3-18; Joh 6:41-69