God wants you to become more patient

2020-08-04
Romans 5:3 KJV

The older we get the more patient we become, even though we have less time ahead of us. Why? Perspective! Our problems haven’t changed, but our perspective has. We’ve lived long enough to say “this too shall pass,” or “His grace is sufficient.” Instead of complaining, which only makes the problem worse and robs us of joy, like Joseph we look back on experiences we thought we’d never get through and say, “You meant evil against me, but God meant it for good” (Genesis 50:20 NAS). The word for you today is – God wants you to become more patient! Patience is one of the nine fruits of the Spirit named in Galatians chapter five. But it’s a very slow-growing fruit that thrives best in the soil of troubles and trials. Some of us are like the lady who prayed, “Lord, give me patience, and I want it right now.” Sorry, that’s a prayer God can’t answer. James writes: “When troubles come your way, consider it an opportunity for great joy. For…when your faith is tested, your endurance has a chance to grow. So let it grow, for when your endurance is fully developed, you will be perfect and complete, needing nothing” (James 1:2-4 NLT). When you think about it, patience is simply trusting God with things like “how” and “why” and “when.” As you look back on some of the things you wanted so badly and would have rushed into, you realize God pulled back on the reins and kept you from getting into some major messes. Impatience is one of the dominant characteristics of children; it’s spiritual immaturity. So be patient!

Soul food: Deut 8-10; Luke 11:14-28; Ps 78:65-72; Prov 17:1-2

Hou aan bid en glo (2)

2020-08-03
Matteus 7:7 NLV

Let drie dinge op: 1) Jesus het nooit gesê dat dit maklik sal wees om Hom te volg nie. ‘…In hierdie wêreld sal julle swaarkry beleef…’ (Johannes 16:33 NLV). Wanneer jy dus groot goed vir God probeer doen, moet jy struikelblokke en vertragings verwag. Wanneer konstruksiewerkers aan ‘n pad werk, sit hulle dikwels ‘n kennisgewing op wat lui: ‘VERWAG VERTRAGINGS.’ Die geloofspad is besaai met sulke kennisgewings. Abraham en Sara het vyf-en-twintig jaar gewag vir Isak se geboorte, hoekom dink jy dat jy onmiddellik antwoorde moet kry? 2) Jy moet volhard om sodoende te kan ontvang. Om te wag is ‘n ongemaklike konsep vir ons. Ons is gewoond daaraan om dinge dadelik op aanvraag te kry. As iemand vir ons sê om te wag, kry ons ‘n toepassing op ons selfoon om die proses te bespoedig. Daar is egter nie ‘n kortpad wanneer dit by volharding kom nie. Soms is geloof pynlik, omdat God jou kapasiteit om te ontvang, vergroot. Druk dus deur die pyn – daar wag wins aan die ander kant! ‘Hou aan met vra, en God sal vir julle gee…’ 3) Die eindresultaat van geloof is groter grondgebied. Twee keer nadat Isak ‘n put gegrawe het, het die Filistyne die water vir hulself opgeëis. Toe hy egter die derde put gegrawe het, het die konflik opgehou en het hy die nuwe put ‘Rehobot’ genoem, wat ‘ruimte’ beteken (sien Genesis 26:18-22). Isak het aanhou grawe en toe die deurbraak gekom het, het hy verklaar: ‘…uiteindelik het die Here vir ons ruimte gemaak. Hier sal ons nou voorspoedig wees’ (vers 22 NLV). Die les wat Isak geleer het is steeds deel van ons geloofskurrikulum. Ons moet ons geloof aanhou strek wanneer dit op breekpunt is; en ons moet aanhou bid.

Sielskos: Deut 5-7; Luk 11:1-13; Ps 78:56-64; Spr 16:33

Hou aan bid en glo (1)

2020-08-02
1 Tessalonisense 5:17 NLV

Gedurende sy leeftyd het die negentiende eeuse Britse evangelis, George Muller, meer as $7.5 miljoen ‘ingebid’ om die weeskinders in sy sorg te voed – meer as $113 miljoen in vandag se terme. Hy het nie daarin geglo om sy finansiële behoeftes uit te saai nie, tog het hy altyd genoeg gehad om sy kruideniersrekening te betaal – omdat God bonatuurlik gesorg het. Muller se geloof is egter ook op ander maniere gestrek. Hy het byvoorbeeld op ‘n gereelde basis vir vyf mans gebid wat hy graag wou sien vir Christus gewen word. Die eerste man het na vyf jaar sy lewe aan Christus gegee, die tweede en derde na tien jaar en die vierde man na vyf-en-twintig jaar. Muller moes egter ‘n ellelange twee-en-vyftig jaar lank vir die vyfde man se bekering bid! Die man het inderwaarheid eers ‘n paar maande na Muller se begrafnis ‘n verklaring van geloof afgelê. Sou jy vir twee-en-vyftig jaar lank vir iets bid sonder om ‘n teken van ‘n antwoord te sien? Jy sou, en jy moet! In Muller se eie woorde: ‘God delights to increase the faith of His children. We ought, instead of wanting no trials before victory, no exercise for patience, to be willing to take them from God’s hands as a means. Trials, obstacles, difficulties, and sometimes defeats, are the very food of faith.’ As jy bid en vir God vra: ‘Sal U?’ is sy antwoord: ‘Ek sal!’ Psalm 91:15 sê vir ons: ‘Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees. Ek sal hom red en in eer herstel’ (NLV). In Jeremia 33:3 sê God: ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel…’ (NLV). Die woord vir jou is dus vandag – hou aan bid en glo.

Sielskos: 1 Sam 16; 1 Sam 17:32-51; Hand 13:21-22

Jy kan alles terugkry

2020-08-01
1 Samuel 30:8 NLV

Stry jy teen ‘n hardkoppige gewoonte soos dwelm- en alkoholmisbruik? Dobbel? Te veel eet? Pornografie? Hier is goeie nuus. Jesus het gesê wanneer Hy terugkeer, ‘…dat gevangenes vrygelaat sal word…’ (Lukas 4:18 NLV). Jy kan herstel. Jy kan terugkry wat jy verloor het, of selfs iets beter kry. Hoe? Deur die twee dinge te doen wat Dawid gedoen het toe die Amalekiete sy huis vernietig het en sy familie gevangene geneem het: 1) Hy het na God toe vir krag gedraai. ‘…Maar Dawid het by die Here sy God krag ontvang’ (1 Samuel 30:6 NLV). As jy die probleem self kon oplos, sou jy dit al gedoen het. Deur jou magteloosheid te erken, is die eerste stap na oorwinning. Dit beteken dat jy nie kan nie, maar dat God kan; en dat Hy dit sal doen wanneer jy jouself aan Hom oorgee. 2) Hy het na God vir ‘n strategie gedraai. “Toe vra Dawid vir die Here: ‘Moet ek hulle agternasit? Sal ek hulle inhaal?’ En die Here het geantwoord: ‘Ja, agtervolg hulle. Jy sal hulle sekerlik inhaal en alles terugkry wat van jou geneem is'” (vers 8 NLV). Dawid was genadeloos; hy het nie opgehou totdat hy alles teruggekry het wat die vyand van hom gesteel het nie. Dit moet ook jou houding wees. Jy sê: ‘Maar ek het al soveel keer misluk.’ Die Bybel sê: ‘Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan…’ (Spreuke 24:16 NLV). Jy vra: ‘Hoe kan ek regverdig in God se oë wees en steeds aanhou misluk?’ Omdat jou regverdigheid nie deur jou dade verdien word nie; dit word aan jou deur Christus se daad aan die kruis oorgedra (sien 2 Korintiërs 5:21). Hierdie wete sal jou die geloof en moed gee om te agtervolg, in te haal en alles terug te kry.

Sielskos: Deut 3-4; Luk 10:38-42; Ps 78:40-55; Spr 16:32

Die waarde van ‘n vertroueling

2020-07-31
1 Samuel 18:1 ABA

Dit maak seer wanneer jy ontdek dat nie almal jou beste belange op die hart dra nie. Dus moet jy leer om te onderskei en te weet op watter vlak jy met mense moet omgaan. Gewoonlik is daar net ‘n paar mense wat in jou binnesirkel moet wees. Dit is hoekom jy wys moet wees oor wie jy in daardie sirkel toelaat. Ons sien dit in die lewens van Dawid en Jonatan geïllustreer. Dawid het nie ‘n goeie verhoudig met koning Saul, die pa van sy beste vriend Jonatan, gehad nie. Jonatan het Dawid se geheime gehou en hom met sy lewe beskerm, selfs toe dit sy familie verontrief het. Jonatan wou homself nie verhoog, sy eie selfbeeld aanblaas of sy eie vooruitgang met sy verhouding met Dawid orkestreer nie. Nee, hulle het eenvoudig ‘n sielsverbintenis gehad. Die krag van ‘n vertroueling lê in sy stilte. As iemand ‘n skinderbek is, diskwalifiseer hulle hulself outomaties. Ons moet gerus in die sekuriteit van hierdie verhoudings kan wees, sodat ons onsself kan uitdruk, inligting bymekaar kan maak en wyse raad kan kry. Andersins sal ons die nagevolge van die verkeerde mense wat te veel van ons weet, smaak. Vertrouelinge hou nie net ons geheime nie, hulle weier ook om daardie bevoorregte informasie vir hulle eie gewin uit te buit. Hulle gee regtig vir ons om en gooi nie ons foute van die verlede in ons gesigte terug nie. Hulle weier om die woorde: ‘Ek het jou mos gesê,’ te uiter. Sulke mense is vir die langtermyn in jou lewe, dus moet jy hulle erken en hulle koester.

Sielskos: Deut 1-2; Luk 10:25-37; Ps 78:32-39; Spr 16:31

Jou daaglikse ‘geestelike aanvullings’

2020-07-30
2 Korintiërs 3:5 NLV

Die Christelike berader, dr Ann Shorb, skryf: ‘Elke oggend drink ek ‘n verskeidenheid voedingsaanvullings. Elkeen van hulle bevat iets wat ek nodig het, maar nie een van hulle is genoeg om alles op sy eie te voorsien nie.’ Hier is die ‘geestelike aanvullings’ wat sy elke oggend neem: 1) Sy dood aan die kruis is voldoende vir my verlossing: ‘Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos. Ja, Hy leef vir altyd om hulle saak voor God te bepleit!’ (Hebreërs 7:25 NLV). 2) Sy krag is voldoende vir my swakheid: ‘Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die magteloses sterk’ (Jesaja 40:29 NLV). 3) Sy gesag is voldoende vir my stryd: Jesus het gesê: ‘…God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan…’ (Matteus 28:18-19 NLV). 4) Sy krag is voldoende om my te herstel: ‘Die Here help almal wat geval het en dié wat swaarkry, tel Hy op’ (Psalm 145:14 NLV). 5) Sy wysheid en kennis is voldoende om my te lei: ‘Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets soos goud in ‘n vuur sal Hy my onskuldig verklaar’ (Job 23:10 NLV). 6) Sy genade is voldoende vir al my behoeftes: ‘…My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking…’ (2 Korintiërs 12:9 NLV). Dawid het gesê: ‘Gee my tog weer die vreugde van u redding…’ (Psalm 51:14 NLV). My redding beteken dat ek moet werk om gered te word en dat ek nooit sal weet of ek genoeg gedoen het nie. U redding hang egter totaal van Christus se voltooide werk op Golgota af. Dit erken dat ons nooit self bekwaam sal wees nie, maar ‘…Ons bekwaamheid kom van God’.

Sielskos: Hand 27-28; Luk 10:13-24; Ps 78:17-31; Spr 16:26-30