Vorm jou kind se wil

2021-09-09
Hebreërs 12:11 DB

Baie van die frustrerende dinge wat ons kinders doen, kan geïgnoreer of geminimaliseer word, omdat hulle net besig is om kinders te wees. Daar is egter ‘n uitdagende houding wat, indien dit geïgnoreer word, tot ‘n leeftyd van moeilikheid en tragedie vir jou kind kan lei. Om sy of haar wil te vorm, sal nie maklik of vinnig gebeur nie. Deur nou slegs te doen wat die maklikste is, mag tot ‘n leeftyd van ellende vir jou kind lei.

Chuck Swindoll vertel van ‘n uitdagende kind wat tandheelkundige behandeling nodig gehad het. Toe hy gevra is om in die tandartsstoel te sit, het die seun gesê: ‘As jy my dwing om in daardie stoel te sit, sal ek al my klere uittrek en jou en jou assistent skaam laat kry.’ ‘Dis jou besluit,’ het die tandarts gesê, ‘gaan gerus voort! Die seuntjie het in sy onderbroek op die stoel geklim. ‘Nee, nee,’ het die tandarts gesê, ‘as jy daarop aandring om jou klere uit te trek, dan moet jy ál jou klere uittrek.’ Na sy behandeling het die seun, wat op daardie stadium baie meer beteuterd as uitdagend gelyk het, sy klere teruggevra. ‘O nee, ons sal dit eers mooi moet was,’ het die tandarts geantwoord. ‘Ek sal dit môre vir jou ma terugstuur.’

Die ma het die tandarts se bedoeling vinnig gesnap en haar seun, wat rooi van skaamte was, deur die spreekkamer, uit by die deur en oor die straat na haar kar toe gelei. Die volgende dag het die ma die tandarts gebel en hom vir sy wysheid en moed bedank: ‘Vir die eerste keer in jare, het ons vier-en-twintig uur sonder enige woedende, uitdagende buie gehad!’ Die Bybel sê: ‘Dit is nie lekker om gestraf te word nie, want dit maak seer, maar later pluk ons die vrugte.’

Sielskos: Eseg 34-36; Luk 20:27-40; Ps 78:1-8; Spr 20:7-10

Wanneer dit lyk of ongeregtigheid seëvier

2021-09-08
Psalm 103:6 NLV

Toe O.J. Simpson van die moord op sy voormalige vrou, Nicole Brown, aangekla is, het die jurie hom onskuldig bevind. Nicole se ma het gehuil en gesê: ‘God, waar is U?’ Dis ‘n vraag wat ons vra wanneer die lewe soms onregverdig lyk.

Die Bybel antwoord ons vraag as volg: ‘Want God gaan elke daad beoordeel, ook wat jy in die geheim gedoen het, of dit goed is of kwaad’ (Prediker 12:14 NLV). Ons wil egter nou geregtigheid hê. Dus sukkel ons, ons bevraagteken en ons twyfel. Die Psalmdigter het dit ook gedoen’: ‘Hoe lank nog sal julle onregverdige beslissings vel en die goddeloses bevoordeel? …Verdedig die saak van die hulpelose en die behoeftige’ (Psalm 82:2-3 NLV).

Ons stoei met sulke vrae, omdat hulle nie maklike antwoorde het nie. Een-en-twintig Psalms later skryf Dawid, wat vergewe en herstel is nadat hy owerspel en moord gepleeg het, die volgende: ‘Die Here laat regverdigheid geskied, en reg aan almal wat verdruk word… Die Here is barmhartig en genadig, geduldig en vol onfeilbare liefde. Hy sal ons nie voortdurend aankla, of vir altyd kwaad wees nie. Hy straf ons nie vir al ons sondes, en vergeld ons nie volgens ons oortredings nie. Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings. Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is; Hy weet dat ons net stof is’ (Psalm 103:6-14 NLV).

Dieselfde genade en barmhartigheid wat God teenoor jou bewys, bied Hy ook aan die een wat jou seergemaak het.

Sielskos: Eseg 31-33; Luk 20:20-26; Ps 27; Spr 20:5-6

Prioritiseer jou verhouding met God

2021-09-07
Genesis 39:2 NLV

Toelating tot sekere sosiale klubs hang van jou herkoms af: bloubloed, of blouboordjie. Dis hartseer dat sommige werkgewers en kerke dit ook doen. God doen dit egter nie.

Verbeel jou jy was Josef. Jy en jou sibbe het dieselfde pa gedeel, maar het vier verskillende ma’s gehad. Jou pa is al sy hele lewe lank ‘n swendelaar en almal is bewus daarvan. Die hele gemeenskap weet dat hy jou oom uit sy deel van die erfenis verkul het en toe agter sy ma se rokspante geskuil het, voor hy weggehardloop het sodat hy nie vermoor word nie. Jou grootoom het jou pa gefop om met jou ma se suster te trou, miskien deur jou pa so dronk gedurende die huweliksfees te maak dat hy nie geweet het met watter suster hy trou nie. Dit het jou pa egter nie getraak nie, hy het sommer toe met altwee getrou! Die vrou wat hy waarlik liefgehad het kon egter nie kinders kry nie, dus het hy by die kinderoppaser geslaap. Dit het hy so geniet dat hy sommer by die meeste van die kombuispersoneel ook begin slaap het.

Groot deure swaai egter aan klein skarniere en Josef se lewe word in een vers beskryf: ‘Die Here was met Josef sodat dit met hom goed gegaan het…’ Hy het sukses ten spyte van sy familie se disfunksie en verraad behaal. Hy was suksesvol ten spyte van ‘n gelaster teen hom en dertien jaar se valse gevangenisstraf. Met God aan jou kant, kan jy ook jou wortels oorkom en sukses behaal. Dis hoekom die belangrikste ding wat jy kan doen is om jou verhouding met God te bou, te onderhou en te prioritiseer.

Sielskos: Num 29:1-6; Matt 24; Op 11:15-19; 1 Kor 15:50-58

Jy kry wanneer jy gee

2021-09-06
2 Korintiërs 9:6 NLV

Jim Penner sê: ‘Dit was ‘n koue dag met sneeu toe my ma my en my suster kerk toe geneem het. Ek onthou dat my ma gespanne was en gehoop het dat sy genoeg traksie om die pad se draai sou hê. Haar kar se wiele was afgery – nuwe bande was laag op ons prioriteitslys. Soos Ma daardie dag ‘n tjek in die kollektebord gesit het, kan ek onthou dat ek gedink het dat ons daardie geld vir kos of huur kon gebruik het. Hier was sy egter besig om haar tiende te gee! God sou mos sekerlik verstaan het dat ons so baie ander behoeftes by die huis gehad het. Daar was egter ‘n rustigheid in haar; ‘n vrede wat verstand te bowe gegaan het soos sy vrolik en dankbaar vir die Here gegee het. Na die kerkdiens het ‘n ouderling na haar toe gestap en gesê: ‘Ek sien jou wiele is deurgery. Kom môre na my winkel toe en ek sal vir jou nuwe bande opsit. Ma het gesê: ‘Maar ek kan jou nie betaal nie.’ ‘Geen probleem,’ het die man geantwoord, ‘ek wil graag help.’ Daardie dag het ek twee vlakke van gee gesien: my ma met haar offer en die vriendelike man wat net ‘n ander mens wou help.’

Soos John Mason opmerk: ‘Die wonderbaarlike ryk van God het altyd met vermenigvuldiging te doen. Veronderstel een mieliepit produseer ‘n plant met twee mieliestronke en elke mieliestronk bevat 200 mieliepitte. Uit daardie 400 mieliepitte kom daar 400 plante met 160,000 mielepitte voor – alles uit ‘n enkele mieliepit uit. Sommige seëninge is materialisties van aard, ander is weer geestelik. Ons weet nie altyd wat ons die meeste nodig het nie, maar God doen egter, en ‘n vrygewige gees maak die hemel se sluise oop.’

Sielskos: Eseg 27:25-30:26; Luk 20:9-19; Ps 112; Spr 20:1-4

Praat op ‘n positiewe manier (4)

2021-09-05
Romeine 8:6 NLV

Pessimisme affekteer jou geestelik, emosioneel en fisies. Negatiwiteit word direk met hartsiektes, immuunstelseltekorte en die vermoë om fisiese pyn die hoof te bied, verbind. Die beroemde Mayo kliniek het agt-en-dertig jaar lank ‘n studie van agthonderd pasiënte gedoen – en die resultate is veelseggend. Die pessimiste in die groep se risiko om ‘n vroeë dood te sterf, was 19 persent hoër as die optimiste s’n.

In Learned Optimism: How to Change Your Mind and Your Life, het dr Martin Seligman van die Universiteit van Pennsylvania tot die gevolgtrekking gekom dat optimisme en pessimisme jou gesondheid amper soveel soos fisiese faktore, beïnvloed. Het jy al ooit gesê: ‘Ek is tot die dood toe moeg hiervoor’? Doen dan iets daaraan – en vinnig ook! As jy te lank aan daardie gedagte vashou, mag dit dalk waar word.

Een van die grootste bevindinge van die moderne wetenskap is dat die woorde wat ons spreek nie net ander mense beïnvloed nie, maar onsself ook beïnvloed. Dit affekteer ons inderwaarheid soms meer! Woorde is kragtig. Jy glo en internaliseer dit wat jy herhaaldelik sê. Dit beteken dat jy die Godgegewe vermoë het om jou persepsie van jou eie vaardighede te kan verander.

Kom ons wees duidelik oor wat dit beteken en wat dit nie beteken nie. Dit beteken nie dat jy die kitaar soos Eric Clapton kan speel of soos Van Gogh kan verf, net omdat jy dit besluit het en dit wil doen nie. Dit beteken egter dat jy alles kan doen wat God in sy Woord gesê het jy kan doen. Hy sal jou in staat stel om dit waarvoor Hy jou geroep het, te doen. Dit sal gebeur wanneer jy dit wat uit jou mond kom, in lyn met dit wat in sy Woord geskryf staan, bring.

Sielskos: Rig 16:23-31; 2 Kor 12:7-10

Praat op ‘n positiewe manier (3)

2021-09-04
Filippense 4:8 DB

Positiewe self-praatjies is nie ‘n nuwe konsep nie; dis ‘n Skriftuurlike konsep. Paulus skryf: ‘…Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ‘n goeie lig stel.’

Hier is drie maniere om dit te doen: 1) Vermy vergelykings. Elkeen van ons het verskillende vaardighede. Jy is uniek. Die manier hoe jy dinge doen mag dalk van ander se tegnieke verskil, maar dit maak dit nie verkeerd nie. Vergelykings is onverstandig, onregverdig en bevorder negatiwiteit. Tensy jy die huidige wêreldkampioen is, sal daar altyd iemand wees wat beter as jy in ‘n spesifieke vaardigheid is.

2) Hou aan hoop. Die Bybel sê: “Teen alle verwagting in het Abraham geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word op grond van God se belofte: ‘Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel'” (Romeine 4:18 NLV). Die Psalmdigter het gesê: ‘Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys…’ (Psalm 42:6 NLV). Hoop kan jou ‘Ek kan nie,’ wonderbaarlik in ‘Met ‘n bietjie meer tyd kan ek,’ verander. Die verskil is klein, maar diepgaande.

3) Tree positief op om sodoende positief te word. In Winning the Stress Challenge, haal dr Nick Hall ‘n studie aan wat bevestig dat seine wat na die brein van ‘n persoon oorgedra word wanneer hulle op ‘n sekere manier optree, soortgelyke fisiese en geestelike veranderinge veroorsaak as wat deur die werklike emosionele reaksies ontlok word. Met ander woorde, wanneer jy ‘n glimlag op jou gesig plak, kan dit jou waarlik gelukkiger laat voel. Probeer dit!

Sielskos: Eseg 24:1-27:24; Luk 20:1-8; Ps 20; Spr 19:24-29