2022-05-07
Psalm 39:4 NLV
Dawid het geskryf: “Dit het in my begin kook. Terwyl ek nagedink het, het ek kwaad geword, en toe het ek begin praat: ‘Here, sê my tog wanneer is my einde…'” (verse 4-5 NLV). Passie is soos ‘n vuur; tensy jy dit voed en stook, sal dit doodgaan. Op ‘n skaal van een tot tien, hoe heelhartig dien jy die Here?
Voor jy antwoord, dink oor die volgende Skrifgedeeltes na: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag’ (Deuteronomium 6:5 NLV). ‘Geseënd is hulle wat sy waarskuwings gehoorsaam, Hom met volle oorgawe dien’ (Psalm 119:2 NLV). ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie’ (Spreuke 3:5 NLV). ‘As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind’ (Jeremia 29:13 NLV). ‘Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het… soos ‘n vuur aan te blaas’ (2 Timoteus 1:6 NLV). “‘Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het.’ Hy het toe deur die hele dorp loop en vertel watter groot dinge Jesus vir hom gedoen het” (Lukas 8:39 NLV). ‘So moet julle ook… daarop konsentreer om uit te munt in dié gawes wat die gemeente opbou’ (1 Korintiërs 14:12 NLV). ‘Hiervoor werk en stry ek met Christus se krag wat in my aan die werk is’ (Kolossense 1:29 NLV). ‘…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het’ (Filippense 3:13-14 NLV).
Al hierdie Skrifgedeeltes kan in een sin opgesom word: Wees passievol oor dit wat God jou geroep het om te doen.
Sielskos: Num 8-10; Matt 6:19-34; Ps 37:16-24; Spr 11:4
2022-05-06
1 Timoteus 4:15 NLV
“…Toe kondig Elisa aan:… ‘Vat nou die ander pyle en slaan teen die grond.’ Die koning het hulle opgetel, drie keer geslaan en toe opgehou. Maar die man van God het baie kwaad geword vir hom: ‘Jy moes vyf of ses keer geslaan het!’ roep hy uit. ‘Dan sou jy Aram verslaan en heeltemal verwoes het. Nou sal jy net drie keer oor Aram seëvier'” (2 Konings 13:18-19 NLV). Elisa het vir Joas, die koning van Israel, ‘n plan van God gegee om nie net sy vyand te oorwin nie, maar om hom permanent as ‘n toekomstige bedreiging te elimineer.
Die plan het egter van twee belangrike dinge afgehang. Eerstens, gehoorsaamheid. Tweedens, passievolheid. Joas het die eerste toets geslaag, maar die tweede een gedruip. Hy was gehoorsaam aan wat Elisa vir hom gesê het om te doen, maar hy het nie sy hart en siel daarin gewerp nie. Hy was met minder as wat God vir hom beplan het, tevrede. Miskien was hy moeg of sy aandag was afgelei. Miskien het hy nie mooi na die profeet se instruksies geluister nie. Miskien het hy gedink dat halfhartige gehoorsaamheid net so effektief soos volkome gehoorsaamheid sou wees.
Die Bybel sê nie vir ons wat deur sy gedagtes gegaan het nie. Ons weet wel dat hy God se beste prysgegee het, omdat hy nie passievol genoeg was nie. Dis nie genoeg om te sê: ‘Ek het die Here gehoorsaam,’ nie. Jy moet Hom met jou hele hart gehoorsaam; andersins kan jy jou toekoms in gevaar stel en nie die volheid wat Hy vir jou in gedagte het, ervaar nie. Paulus som dit met hierdie woorde aan Timoteus op: ‘Gee jou volle aandag aan hierdie sake…’ Met ander woorde, wanneer God vir jou sê om iets te doen, wees passievol daaroor.
Sielskos: Num 7; Matt 6:1-18; Ps 37:8-15; Spr 11:3
2022-05-05
2 Korintiërs 2:15 NLV
Wanneer kos in jou yskas sleg word, weet jy dit die oomblik wanneer jy die deur oopmaak. Jou lewe is ook so. Wanneer daar iets in die binnekant verkeerd is, kan die mense met wie jy in kontak kom dit dikwels agterkom. Jesus het harde woorde vir Petrus gehad: ‘…Gee pad agter My, jou satan!.. Jy dink soos mense dink – nie soos God nie’ (Matteus 16:23 NLV). Wat was Petrus se sonde? Trots. Hy het Jesus openlik bestraf (sien Matteus 16:22).
Daar is sondes van die gees en sondes van die vlees. Petrus se sonde was ‘n sonde van die gees, terwyl Dawid se sonde van die vlees was, wat in egbreuk en moord gemanifesteer het. Later het Dawid geskryf: ‘…Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie…’ (Psalm 19:13-14 NLV).
God wil nie hê dat jy so selfgeabsorbeer en introspektief moet raak tot op die punt waar jy in veroordeling leef nie. Hy wil egter hê dat jy sensitief vir sonde moet wees en dit onmiddellik moet hanteer. Die Skrif gee ons drie maniere om rein in ‘n geestelik-besoedelde wêreld te bly.
1) Lewe in die lig (sien 1 Johannes 1:7). Dit beteken dat jy daartoe strewe om eerlik voor God en mense te wees. 2) Wees verantwoordbaar. Dit beteken dat jy iemand in jou lewe moet hê wat volwasse genoeg is om in jou vertroue geneem te kan word, genadig genoeg is om jou teenstrydighede te verdra en eerlik genoeg is om jou te konfronteer (sien Prediker 4:9). 3) Hanteer jou sonde onmiddellik (sien Psalm 32:3-5). Die oomblik wat jy van sonde bewus word, moet jy dit bely, wat jou dan van die sonde sal suiwer. Dan moet jy opstaan en verder saam met God loop!
Sielskos: Num 4:34-6:27; Matt 5:38-48; Ps 37:1-7; Spr 11:1-2
2 Corinthians 2:15 NLT
When food in your refrigerator goes bad, you know it the moment you open the door. And your life is like that. When there is something wrong inside, the people who come in contact with you often sense it. Jesus spoke some of His harshest words to Peter: “Get… behind me, Satan… for thou savourest [smell] not the things… of God, but those that be of men” (Matthew 16:23 KJV). What was Peter’s sin? Pride. He openly contradicted Jesus (See Matthew 16:22).
There are sins of the spirit and sins of the flesh. Peter’s was a sin of the spirit, whereas David’s was one of the flesh that manifested itself in adultery and murder. Later David wrote, “Cleanse me from secret faults. Keep… Your servant also from presumptuous sins; let them not have dominion over me” (Psalm 19:12-13 NKJV).
Now, God doesn’t want you to become self-absorbed and introspective to the point where you live in condemnation. But He does want you to be sensitive to sin and deal with it immediately. Scripture gives us three ways to stay clean in a spiritually polluted world.
(1) Walking in the light (See 1 John 1:7). That means striving to be honest before God and man.
(2) Being accountable. That can mean having someone in your life who is mature enough to deserve your confidence, gracious enough to put up with your inconsistencies, and honest enough to confront you (See Ecclesiastes 4:9).
(3) Dealing with your sin right away (See Psalm 32:3-5). The moment that brings consciousness of sin should lead to confession of sin resulting in cleansing of sin. Then you must get back up and go on with God!
Soul food: Num 4:34-6:27; Matt 5:38-48; Ps 37:1-7; Pro 11:1-2
2022-05-04
1 Tessalonisense 2:13 NLV
Wanneer jy God se Woord lees, glo en daarvolgens optree, is dit soos saadjies wat binne-in jou groei. Daardie saadjies bevat lewe! In die natuurlike wêreld hoef jy nie die proses te verstaan waardeur sade groei nie; jy moet hulle net water gee, versorg en beskerm. Dis dieselfde met die Skrif. Paulus skryf: ‘…Julle het dit aanvaar, nie as mensewoorde nie, maar soos dit werklik is, as Gód se woord. Dié woord is aan die werk in julle wat glo’ (vers 13 NLV).
God se Woord is selfonderhoudend; dit vereis nie dat ander mense dit bevestig nie. Ons lees dat, toe Jesus op die water na sy dissipels aangeloop kom, het Petrus gesê: ‘…Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom’ (Matteus 14:28 NLV). Jesus het geantwoord: ‘Kom dan…’ (vers 29 NLV), en Petrus het op die water begin loop. Die ander dissipels het waarskynlik nie geglo dat Petrus dit sou kon doen nie. Dis omdat hulle nie verstaan het wie met Petrus gepraat het nie. ‘…hulle het gedink dis ‘n spook’ (Markus 6:49 NLV).
Wanneer God met jou deur sy Woord praat, moet jy nie verwag dat almal sal verstaan, saamstem of jou ondersteun nie. Dis net menslik om te wil hê dat sekere mense moet sien wat jy sien en moet glo in wat jy doen. In hierdie Skrifgedeelte berei God ons egter vir die verwerping van diegene wat nie verstaan wat God vir ons gesê het nie, voor. As jy nie versigtig is nie, kan mense se opinies jou laat twyfel oor dit wat God gesê het. Soms bevestig Hy wat Hy gesê het deur ander mense, maar soms doen Hy nie. Solank as wat jy egter sy Woord inneem en dit glo, is dit aan die werk binne-in jou.
Sielskos: Num 3:1-4:33; Matt 5:27-37; Ps 2; Spr 10:30-32
2022-05-03
Johannes 6:63 NLV
God sal met jou deur sy Woord praat. Jesus het gesê: ‘Die woorde wat Ek aan julle gerig het, is Gees en lewe,’ maar jy kan nie net die verse wat jou goed laat voel gaan uitkies om te lees nie. Om in geloof te groei, moet jy elke dag tyd bestee om jou Bybel deur te lees. Jy kan nie arbitrêr besluit dat een vers op jou van toepassing is terwyl ‘n ander een nie is nie. ‘Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewe… Dit is God se manier om ons voor te berei, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê ons moet doen’ (2 Timoteus 3:16-17 NLV).
Die manier om sukses in jou Christelike lewe te behaal, is om jou Bybel te ken. Dis soos die analogie van die spermsel en die eiersel. Nie die manlike spermsel of die vroulike eiersel is tot voortplanting in staat nie. Eers wanneer die spermsel die eiersel tref en die eiersel die spermsel omring, vind bevrugting plaas, wat tot lewe en geboorte lei. Dis dieselfde met jou geestelike groei.
Wanneer God se Woord en ‘n ontvanklike hart bymekaar uitkom, gaan iets gebeur! Jy kan nie langdurige blootstelling aan die Skrif klop nie. Daar sonder sal jy nie hoor wat God vir jou sê nie. Jy sal dan altyd van iemand anders se interpretasie daarvan afhanklik wees. Kan jy jou indink om so met jou man of vrou te kommunikeer? Hoe lank dink jy sal so ‘n verhouding hou? Dieselfde beginsel is op jou verhouding met God van toepassing. Laat God vandag toe om persoonlik met jou deur sy Woord te praat.
Sielskos: Num 1-2; Matt 5:13-26; Ps 35; Spr 10:28-29