Wat die Bybel ons oor geld leer (5)

2025-04-04
1 Korintiërs 16:1 NLV

Toe ‘n resessie Jerusalem tref, het Paulus vir die gelowiges in Korinte gevra om geld te skenk om aan hierdie behoefte te voldoen: ‘Wat die geld betref wat ons vir die gelowiges in Jerusalem insamel, moet julle dieselfde reëling volg wat ek met die gemeentes in Galasië getref het. Op elke Dag van die Here, moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie. Wanneer ek kom, sal ek die persone waarop julle besluit, met aanbevelingsbriewe stuur om julle gawe in Jerusalem af te lewer’ (verse 1-3 NLV).

‘n Gesonde kerk sal altyd twee dinge hê: insameling en uitreiking. Dit sal streef om aan beide die geestelike en die materiële behoeftes van mense te voldoen. God het vir sy mense in die Ou Testament gesê: ‘As daar… ‘n arm Israeliet is, een van jou broers, moenie ongevoelig wees en jou hand vir hom toehou nie’ (Deuteronomium 15:7 NLV).

Wanneer jy ‘n ware ontmoeting met Christus het, sal jou hart vir mense wat seer het, sag word. “Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: ‘Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ‘n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.’ Jesus sê toe vir hom: ‘Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom…'” (Lukas 19:8-9 NLV).

Die Bybel stel voor dat ons as basis 10 persent van ons inkomste as gawes aan God moet gee (sien Maleagi 3:10). Vir meer as dit moet jy deur jou liefde vir God gelei word: ‘Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief’ (2 Korintiërs 9:7 NLV).

Sielskos: Lev 18-20; Luk 21:12-24; Ps 25:16-22; Spr 10:2

Wat die Bybel ons oor geld leer (4)

2025-04-03
Deuteronomium 16:17 NLV

Wanneer dit by gee kom, is daar twee belangrike lesse wat die Bybel ons oor geld leer:

1) God verwag nie van ons om almal dieselfde bedrag te gee nie. ‘Elkeen moet na sy vermoë gee ooreenkomstig die seën wat hy van die Here jou God ontvang het’ (vers 17 NLV). Paulus skryf: ‘As die geesdrif daar is en julle gee volgens wat hulle het, is die gawe aanneemlik. Julle hoef nie meer as dit te gee nie’ (2 Korintiërs 8:12 NLV).

2) God sal jou vra om opofferings te maak om sy doelwitte vir sy koninkryk op aarde, te vervul. Om die oordeel van God wat hy oor die volk laat kom het, om te keer, is koning Dawid beveel om ‘…’n altaar vir die Here op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet’ (2 Samuel 24:18 NLV), te gaan bou. Toe Arauna vir Dawid sien aankom, het hy vir hom die land verniet aangebied. Dawid het egter gesê: ‘…’Nee, Arauna, ek dring daarop aan om dit te koop teen die volle prys. Ek kan nie vir die Here my God brandoffers aanbied wat my niks kos nie.’ Dawid het toe die dorsvloer en die osse vir omtrent 600 gram silwer gekoop. Dawid het daar ‘n altaar opgerig tot eer van die Here en brandoffers en maaltydoffers gebring. Daarna het die Here die gebede vir die land verhoor, en die plaag in Israel het opgehou’ (verse 24-25 NLV).

God vra ons nie om dieselfde hoeveelheid te gee nie, maar Hy vra ons om dieselfde op te offer. Vir elke opoffering wat God jou vra om vir Hom te maak, wag sy seëninge en sy belonings aan die ander kant daarvan op jou.

Sielskos: Lev 15 -17; Luk 21:8-11; Ps 25:8-15; Spr 10:1

Wat die Bybel ons oor geld leer (3)

2025-04-02
Job 1:21 NLV

Job het die volgende oor sy groot rykdom gesê: ‘…Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer van alles gestroop wees die dag wanneer ek doodgaan…’ Job het verstaan dat ons almal met leë hande die lewe binnekom en met leë hande die lewe verlaat. Die enigste ding wat ons saam met ons kan neem, is dit wat ons vooruit gestuur het.

Jesus sê die volgende daaroor: ‘Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar motte en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees’ (Matteus 6:19-21 NLV).

Jesus se gehoor sou rykdom en skatte as klere, kos en geld gesien het. Ryk mense het die beste klere gedra, maar motte kon gate daarin vreet. Ryk mense het die beste kos geëet, maar rotte en wurms kon dit opvreet. Ryk mense het silwer en goud besit, maar aangesien daar geen banke was nie, het hulle hul geld in hulle huise bewaar. Die huise was egter van klei gebou en diewe kon gemaklik deur die muur breek en dit steel. Dus het Jesus gesê: ‘Moenie jou skat bêre waar dit beskadig, verrot of gesteel kan word nie.’

‘n Pastoor skryf: ‘Jesus wil nie jou geld hê nie. Dis reeds syne. Jesus wil jou hart hê. Aangesien jou hart egter altyd jou geld volg, wil Hy hê dat jy jou geld, jou rykdom en jou besittings aan Hom moet oorgee.’ Wanneer jy dit doen, belê jy in die ewigheid.

Sielskos: Lev 13:38-14:57; Luk 21:1-7; Ps 25:1-7; Spr 9:17-18

Wat die Bybel ons oor geld leer (2)

2025-04-01
Deuteronomium 8:18 NLV

Nadat hulle vierhonderd jaar as slawe geleef het, was die Israeliete op die punt om die Beloofde Land in te neem. God was egter besorg – dieselfde besorgdheid wat Hy oor elkeen van ons het. Wanneer jy min het, besef jy hoe afhanklik jy van God is. Wanneer jy egter baie het, is mens geneig om God, die bron van elke seëning, te vergeet.

Let op wat Dawid gesê het toe God se mense oorvloedig gegee het om die tempel te bou: ‘…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!… selfs hierdie boumateriaal wat ons ingesamel het om ‘n tempel te bou om u heilige Naam te eer, kom van U af. Dit behoort alles aan U!’ (1 Kronieke 29:14, 16 NLV). Die gebed wat Dawid daardie dag gebid het, het ‘n blywende indruk op sy seun Salomo gemaak, wat later geskryf het: ‘En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ‘n geskenk uit sy hand’ (Prediker 5:18 NLV).

Jy sê: ‘Ek het hard gewerk om bo in my beroep uit te kom,’ of ‘Ek het hard gewerk om hierdie besigheid op te bou.’ Wie het vir jou die krag daarvoor gegee? Wie het vir jou die talente gegee? As jy dink dat jy dit alles self behaal het, lees die volgende Skrifgedeelte, skryf dit neer en dra dit met jou saam: “Nou sê die Here, jou Redder, die Heilige van Israel: ‘Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou reg is. Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop'” (Jesaja 48:17 NLV).

Sielskos: Lev 11:1-13:37; Luk 20:41-47; Ps 32; Spr 9:10-16

What the Bible teaches us about money (2)


Deuteronomy 8:18 NKJV

After four hundred years of living like slaves, the Israelites were about to take possession of the promised land. And God had a concern. What was it? The same concern He has about each of us. When you have little, you realize how dependent you are on God. But when you have much, your tendency is to forget God, the source of every blessing.

Note what David said when God’s people gave generously to build the temple: “All things come from You, and of Your own we have given You… God, all this abundance that we have prepared to build You a house… is all Your own” (1 Chronicles 29:14, 16 NKJV). The prayer David prayed that day left a lasting impression on his son Solomon, who later wrote: “As for every man to whom God has given riches and wealth, and given him power to eat of it, to receive his heritage and rejoice in his labour – this is the gift of God” (Ecclesiastes 5:19 NKJV).

You say, “I worked hard to get to the top in my career” or “I worked hard to build this business.” Who gave you the strength? Who gave you the talent? Who gave you the strategy, the connections, and the resources to do it? If you think it was you, read this Scripture, write it down, and carry it with you: “Thus says the Lord, your Redeemer, the Holy One of Israel: ‘I am the Lord your God, who teaches you to profit, who leads you by the way you should go'” (Isaiah 48:17 NKJV).

Soul food: Lev 11:1-13:37; Luke 20:41-47; Ps 32; Prov 9:10-16

Wat die Bybel ons oor geld leer (1)

2025-03-31
Haggai 2:8 NLV

God besit alles. As jy daaroor twyfel, lees hierdie Skrifgedeeltes: ‘Die silwer en die goud behoort aan My, sê die magtige Here.’ ‘Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe’ (Psalm 24:1 NLV). ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het…’ (Jakobus 1:17 NLV). ‘Rykdom en eer kom van U alleen, want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk’ (1 Kronieke 29:12 NLV).

Wat beteken hierdie Skrifgedeeltes? Dit beteken dat die bankrekening, die aandeleportefeulje of die titelakte van die eiendom dalk in jou naam mag wees, maar dat God dit alles besit. Jy vra: ‘Wat is my rol dan?’ Jy is die administrateur van God se boedel en die eksekuteur van sy testament. Kan ‘n administrateur met iemand se boedel maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om dit namens iemand anders te bestuur. Kan die eksekuteur met iemand se laaste testament maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om die instruksies wat in daardie testament gegee word, te volg.

As jy die instruksies van God se testament vir jou lewe wil weet, kan jy dit in sy Woord vind. Hoe meer God egter aan jou toevertrou, hoe meer vereis Hy van jou. Jesus het gesê: ‘…Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog soveel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is’ (Lukas 12:48 NLV).

Sielskos: Lev 8-10; Luk 20:34-40; Ps 72:12-20; Spr 9:7-9