Onderwerp jou aan die Gees se beheer

2025-11-29
Spreuke 25:28 NLV

In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was om daardie mure af te breek, sterk genoeg was om die stad in te neem. Nou verstaan jy hierdie Skrifgedeelte: ‘Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.’

‘n Onbekende digter het ‘The Man in the Glass’ geskryf. Dit lui as volg: ‘When you get what you want in your struggle for self, and the world makes you king for a day, just go to the mirror and look at yourself, and see what that man has to say. For it isn’t your father or mother or wife who judgment upon you must pass, the fellow whose verdict counts the most in your life is the one staring back from the glass.

Some people may think you a straight-shooting chum and call you a wonderful guy, but the man in the glass says you’re only a bum if you can’t look him straight in the eye. He’s the fellow to please, never mind all the rest, for he’s with you clear to the end. And you’ve passed your most dangerous, difficult test, if the man in the glass is your friend. You may fool the whole world down the pathway of life and get pats on the back as you pass, but your final reward will be heartaches and tears if you’ve cheated the man in the glass.’

Die Bybel sê: ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22 NLV). Die beste manier om selfbeheersing te hê, is om jou aan die Gees se beheer te onderwerp.

Sielskos: Josua 14-15; Joh 15:18-27; Ps 65; Spr 28:17-20

Hy het ontroerd geraak

2025-11-28
Matteus 9:36 NLV

Het God vir hom gesê om in Londen te bly, eerder as om na China toe te gaan? Toe Thomas Barnardo na Londen gekom het om opleiding in sendingwerk te kry, het ‘n tienjarige kind hom ‘n dak gewys waar elf hawelose seuns elke nag geslaap het. Barnardo het ‘ontroerd geraak,’ en probeer om vir hulle tydelike blyplek te kry. Ander middernagtelike reise het nog hawelose kinders te voorskyn gebring. China moes wag; God het Londen vir hom gegee.

Barnardo het ongeveer drieduisend eksemplare van die Skrif in kroeë en markplekke verkoop om geld vir sy werk onder die kinders in te samel. Hy is dikwels vervolg omdat hy hulle verdedig het en het selfs fisiese beserings opgedoen. Toe ‘n cholera-epidemie Londen in 1866 tref het hy onvermoeid gewerk, net om duisende te sien sterf. Sommige sou moedeloos tou opgegooi het, maar nie Barnardo nie. Hy het uiteindelik ‘n Home for Destitute Boys en later ‘n Village for Girls, geopen. Gedurende die volgende paar dekades het hy verskeie huise en dorpies gebou wat meer as sestigduisend weerlose en hawelose kinders versorg het. Gelukkig het hy lank genoeg gelewe om te sien hoe sewentien van die jongmense wat hy gered het, die bediening betree en die evangelie na vreemde lande geneem het.

Jy vra: ‘Hoe kan ek seker wees dat God my vir ‘n spesifieke behoefte roep?’ Omdat jy ontroerd sal raak. “Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ‘n wagter wat na hulle omsien. Daarop sê Hy… ‘Die oes is groot, maar die werkers wat dit moet insamel, is so bitter min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien'” (verse 36-38 NLV).

Sielskos: Josua 11-13; Joh 15:5-17; Ps 14; Spr 28:13-16

‘n Gebed vir verlossing van verslawing

2025-11-27
Romeine 8:12 NLV

‘Hemelse Vader, u Woord sê: ‘Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat die dooie Jesus opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. Daarom… is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan en nie daarvolgens sal lewe nie. Want as die sondige natuur julle lewe beheer, gaan julle die dood tegemoet. Maar as julle onder die invloed van die Gees die werke van julle sondige natuur doodmaak, sal julle werklik lewe’ (verse 11-13 NLV).

Ek is moeg daarvoor om met hierdie gewoonte te sukkel en erken dat ek magteloos daaroor is. Ek maak dus nou ‘n belofte om my wil aan u oor te gee. Gee my die krag om nie net nee vir Satan se versoeking te sê nie, maar om ‘n sterker ja vir U en u plan vir my lewe te sê. U ken die leemte wat ek probeer vul. Neem asseblief my begeerte aan hierdie gewoonte weg en help my om die drang daarna te weerstaan. Leer my om dag na dag in oorwinning te stap, in plaas daarvan om te dink dat ek die probleem dadelik kan oplos.

U Woord sê dat as die Seun my vrymaak, sal ek waarlik vry wees (sien Johannes 8:36). U Woord sê dat ek deur Hom wat my liefhet, meer as ‘n oorwinnaar kan wees (sien Romeine 8:37) U Woord sê: ‘Nee, soos ‘n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus ‘aantrek’, en nie ‘n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie’ (Romeine 13:14 NLV). Geklee in u teenwoordigheid en krag, sal ek elke dag in oorwinning oor hierdie gewoonte begin stap.’

Sielskos: Josua 8:30-10:43; Joh 14:26-15:4; Ps 146; Spr 28:9-12

Die voordele van ware vriendskap

2025-11-26
Spreuke 27:17 NLV

Hier is vier voordele wat ware vriendskap meebring: Eerstens, ‘n ware vriend is iemand wat, wanneer jy voel dat jy ‘n gemors van dinge gemaak het en jouself verneder het, steeds in jou glo en jou gerusstel dat jy nie permanente skade aangerig het nie. Die Bybel sê: ‘Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook ‘n vriend wees vir wie jy liewer is as vir jou eie broer’ (Spreuke 18:24 NLV).

Tweedens, ‘n ware vriend is iemand wat daar is wanneer die goeie tye opraak. Die Verlore Seun het tot sy seer ontdek dat wanneer jou geld opraak, baie van jou sogenaamde vriende daarmee saam verdwyn.

Derdens, ‘n ware vriend is iemand wat in jou pad staan as jy op ‘n afdraande pad is. Jakobus skryf: ‘My liewe broers en susters, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom laat terugdraai, weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red en maak dat ‘n klomp sondes bedek word’ (Jakobus 5:19-20 NLV). Salomo skryf: “‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Die wonde van iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee” (Spreuke 27:5-6 NLV).

Vierdens, ‘n ware vriend is iemand wat instap wanneer die wêreld uitstap. Die Bybel sê: ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV).

As jy sulke vriende in jou lewe het, koester hulle – hulle is ‘n gawe van God. Moet ook nie net neem nie, maar gee terug. Gaan uit jou pad uit om ‘n ware vriend vir iemand anders te wees.

Sielskos: Josua 5:1-8:29; Joh 14:15-25; Ps 118:19-29; Spr 28:5-8

Hoe om van die trapmeul af te klim

2025-11-25
Psalm 40:2 NLV

Het jy al ooit gekyk hoe ‘n hamster op ‘n wieletjie hardloop? Die hamster kyk by sy glashok uit en sien vryheid, dus besluit hy om soontoe te hardloop. Na ‘n ruk kom hy egter agter dat hy nêrens kom nie, dus hardloop hy vinniger. Hy hardloop totdat hy uitgeput is en nie verder kan hardloop nie.

Kan jy met die hamster identifiseer? Jy probeer al vir jare om ‘n gewoonte te breek, maar tog is jy vandag nog steeds op dieselfde plek, of selfs op ‘n erger plek. Jy het ‘n nuwejaarsvoorneme gemaak om jou slegte gewoontes te verbreek, of ‘n beter huwelik te hê, of fiks te word, of jou finansies te verbeter. Tog is jy steeds in dieselfde posisie. Hoekom? Omdat jy die verkeerde metode gebruik! Jy kan nie jouself verander nie.

Die enigste manier waarop die hamster vryheid kan smaak, is as sy eienaar hom uit sy hok tel. Hy het iemand groter as hyself, met meer krag, nodig. Dawid het gesê: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou’ (verse 2-4 NLV).

Die manier om van die trapmeul af te klim is om na God te roep, en Hy sal jou vrymaak.

Sielskos: Josua 1-4; Joh 14:1-14; Ps 118:10-18; Spr 28:1-4

‘n Verhouding gebaseer op reëls

2025-11-24
Jakobus 1:25 NLV

Om hemel toe te gaan, word alleenlik op ‘n verhouding met Christus gebaseer; een waarin jy al jou vertroue in Hom plaas. Hierdie verhouding bevat ook reëls waarvolgens jy lewe en riglyne wat jou meer heilig maak. ‘n Tennisspeler kan nie tennis speel as daar geen basislyn is om hom of haar te laat weet of die bal in of uit is nie. ‘n Rugbyspeler kan nie rugby sonder ‘n doellyn speel nie. ‘n Sokkerspeler kan nie sokker sonder ‘n kantlyn speel nie.

Jy kan nooit waarlik vry wees as daar nie beperkings is nie. ‘n Vis is byvoorbeeld nie vry om deur die oerwoud te wandel nie en ‘n leeu is nie vry om in die oseaan te woon nie. Hulle is nie daarvoor gemaak nie. Vryheid is om die voordele waarvoor jy geskep is, te ontvang. Vryheid beteken nie dat daar geen grense is nie. Vryheid in Christus beteken dat jy, binne die regte grense, in oorvloed kan lewe (sien Johannes 10:10). Jakobus skryf: ‘As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet… en jy dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.’

Aan die bokant van die Statue of Liberty is ‘n kroon met sewe skerp punte wat die sewe seë en sewe kontinente uitbeeld. Die simboliek daaragter is dat jy na Amerika kan kom, maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Aan die onderkant van die standbeeld is ‘n gebreekte ketting, wat beteken dat jy na Amerika kan kom en vryheid kan vind. Wanneer jy egter na Amerika kom, moet jy instem om die reëls van die land te eerbiedig.

Sielskos: 3 Joh; Judas; Joh 13:31-38; Ps 118:1-9